Foto's uit aktrise Jana Strydom se album
Jana Strydom maak haar persoonlike foto-album oop vir sarie.com-gebruikers: Van modderkoekies bak saam haar sus, Egoli-dae tot 'n paar troufoto's.
FOTO REGS: 'n Portefeulje-foto. Fanie Nel (fotograaf)en James Emanuel (stileerder) het dit geneem. Hulle kan jou mooier laat lyk as wat jy regtig is!
![]() |
My ma het 'n oog vir mode gehad en haar kinders van kleins af geleer hoe om aan te trek. Op vakansie in Umhlanga (ek was drie) is ek elke dag só strand toe, asof dit die norm was. |
![]() |
Dié foto is geneem vir 'n ma-en-dogter-kompetisie, maar ons het toe nooit ingeskryf nie. |
![]() |
Corine du Toit en ek in die Egoli-ateljee voor 'n partytjie-toneel waar die tema van die aand beroepe was. Ek was in die vloot en Corine 'n wildbewaarder. |
![]() |
'n Kuier saam met Illse Roos (middel) by Anna-Mart van der Merwe (links) se huis. Daar is vreeslik gespot oor dié drie donkerkopppe wat eendag saam in 'n stuk oor drie susters gaan speel. |
![]() |
Ek (10) by 'n modeparade in Witbank. My ma het my en my sussie modelwerk laat doen toe ons klein was vir goeie postuur en selfvertroue. Ook ballet, moderne danse, gimnastiek en klavier. |
![]() |
My en Hannes se troudag in Desember 2006 op die oewer van die Blyderivier. |
![]() |
My ma, Pikkie, is 'n ongelooflike vrou- sy het my geleer jy kan opstaan as die lewe jou platgeslaan het. My suster, Anju, was pas terug van Engeland. |
![]() |
Saam met sus Anju op Hannes se verjaarsdag. Ons het altyd oor die weg gekom en nooit woes baklei as kinders nie. Sy's sterk, eerlik, warm en een van my beste vriendinne. |
![]() |
Ek (8) en sus Anju (18 maande) bak modderkoekies. Ek was die koekerige meisietjie en sy was die stoomroller wat vir niks teruggestaan het nie. |
![]() |
Die Egoli-meisies! Van links Mandi du Plooy, ek, Corine du Toit en Michelle Beling |
Verwante artikels
-
Akteur Emmanuel Castis oor passie
SARIE Julie 2010
-
Emmanuel Castis van Erfsondes droom van 'n fliek met Johnny Depp
SARIE Julie 2010
Dié akteur en sanger wat nou in Erfsondes 3 op SABC2 te sien is, praat passievol oor sy drome, hoop, vrese, lewenslesse.
-
Jana Strydom se koffiewinkel
SARIE Julie 2010
Wees op die uitkyk vir Jana Strydom (Kate in Erfsondes en Helena in 7de Laan) as jy dalk inval by die Wild Rocket Café in Fourways, Johannesburg.
-
SA bekendes wat soos Hollywood-celebs lyk. Raai wie?
SARIE Augustus 2010
Ons het 'n bietjie deur die foto-albums geblaai, en raai wat? Kyk net na watter internasionale celebs lyk Michelle McLean, Jana Strydom, Anna-Mart van der Merwe, Corine du Toit en Landi Swanepoel!
-
Vallei van Sluiers se Jana Fischer gesels
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 21
Sy speel die rol van eks-model, Monique van Rhijn, in kykNET se nuwe Afrikaanse dramareeks, Vallei van Sluiers.





































Kommentaar
Susan Theron Pretoria tel 012 654 1495 het gesê:
Pragtige Fotos. Ek het spesiaal kom kyk omdat jou man net soos my seun lyk. Iewers moet daar n familie konneksie wees. Ek bêre nog altyd die Huisgenoot Fotos (Mei 2009) van jou en jou man. My seun se naam is Sven Theron en lyk net soos my man se familie, die Therons. Sou graag wou hoor wat jy daarvan dink ! Kom drink koffie dan kan ons sien!!
6de Apr. 2011, 16:27