Frank Rautenbach: Wat jy nie van hom geweet het nie...
Foto’s: Adriaan Oosthuizen Galery
Rugbyspeler, gimnas, branderplankryer, model, sanger, selfs baba-oppasser . . . Is daar dan geen einde aan akteur Frank Rautenbach se talente nie?
Op ’n huispartytjie in Hollywood het hy ook saam met Tom Cruise borde kombuis toe gedra. Lord of the Rings se Elijah Wood was onder andere ook daar. Hier deel hy met sarie.com 'n paar ander geheime:
1. Ek het Scheuermann-siekte. Dis ‘n rugafwyking. My werwels groei oneweredig. Wanneer dit voel of my spiere knoppe maak, vryf ek my rug teen ‘n muur.
2. Ek eet elke dag dieselfde ontbyt. ‘n Halwe koppie organiese hawermout, 16 rou amandels, ‘n stukkie droë organiese piesang, ‘n halwe koppie vars bloubessies, ‘n halwe koppie opgesnyde vars aarbeie en ‘n koppie Naked Juice. Dis ‘n gesondheidsdrankie gemaak van vrugte en groente (soos broccoli!).
3. Ek maak idiome op wat nie bestaan of sin maak nie. Pleks van om byvoorbeeld te sê it's not rocket science, sê ek you don't have to be a science rocket.
4. Ek doen alles oordrewe. As ek myself afdroog, doen ek dit hard. Ek oefen so hard dat ek myself beseer.
5. Ek is obsessief oor higiëne en bly weg uit publieke badkamers want hulle is só vuil!
Frank se gunstelinge
Film Vir dié jaar is dit Pedro Almodovar se Broken Embraces waarin Penelope Cruz speel.
Plaaslike aktrise Wilna Snyman, Anna-Mart van der Merwe en Rolanda Marais.
Oorsese aktrise Penélope Cruz. Carey Mulligan in An Education.
Plaaslike akteur Neels van Jaarsveld. En Waldimar Schultz. Hy is sooooo onderskat.
Oorsese akteur Matt Damon. Jeff Bridges in Crazy Heart.
Sportman Enige Suid-Afrikaanse gholfspeler soos Ernie Els en Retief Goosen.
Boeke Birdsong deur Sebastian Faulks. Dit het my laat besef mens kan enigiets oorleef.
Wyn Daar is baie. Chamonix Chardonnay, Graham Beck Pheasant Run, Ernie Els se wyne, Thelema se Merlot en Cabernet Sauvignon. In Amerika drink ek graag Argentynse Malbec.
Kos Zibaldone Restaurant in die Tyger Waterfront (digby Bellville) se Tagliata. Dis ‘n Italiaanse visgereg.
Musiek U2, nie net hul musiek nie, maar hul hele filosofie. Bono het onlangs gesê hy vind uit wat God doen en raak betrokke, want Hy het dit reeds geseën. Dis duidelik dat Hy baie aandag aan die armes, weduwees en weeskinders gee. Ek hou ook van Lady Antebellum, Crowded House en Kings of Leon.
Mees inspirerende aanhaling Dit kom uit Philip Yancey se boek Reaching for the Invisible God: “Nothing in life can happen that God cannot redeem.” Daarmee verstaan ek wat ookal gebeur, moenie opgee nie. God sal jou lei om ‘n weg te vind al lyk dit nie of daar een is nie.
My persoonlike slogan Don’t swing at every ball life throws at you. Not every ball is a 4 or a 6. Nie elke geleentheid wat na jou kant toe kom is die groot ding waarvoor jy wag nie. Moenie soveel energie daaraan bestee dat jy gedaan is wanneer die regte geleentheid kom nie!
- Plek Meloncino Restaurant
Verwante artikels
-
Egoli se Tarien hou Hollywood-bekendes se lywe mooi
SARIE Julie 2010
Christel Smith, voorheen Tarien in Egoli, woon al 10 jaar in Los Angeles en het 'n hoofstuk bygedra tot die boek The A-List Workout: Top Hollywood Trainers Reveal the Body Shaping Secrets of Their Celebrity Clients*.
-
Fliek-voorprent: Neels van Jaarsveld, Frank Rautenbach in Bang Bang Club
SARIE Augustus 2010
Eens op 'n tyd was daar vier fotograwe in "The Bang Bang Club". Nou is daar net twee oor - Joao Silva en Greg Marinovich. Hul boek, The Bang Bang Club, is pas verfilm vir die grootskerm.
-
Frank Rautenbach wys sy trou-, familie en modelfoto's
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Rugbyspeler, gimnas, branderplankryer, model, sanger, selfs baba-oppasser . . . Is daar dan geen einde aan Frank Rautenbach se talente nie? Maar bo dit alles kies hy akteur-wees.
-
Neels van Jaarsveld skryf vir ons 'n flitsverhaal
Die tweede uit 'n reeks flitsverhale wat in die nuwe boek, SARIE 40 Flitsverhale, verskyn. Kyk die volgende paar Maandae uit vir nog groot name soos Koos Kombuis, Amanda Strydom en meer
















Kommentaar
Danea het gesê:
Dit wat ek van Frank gelees het, laat my besef daar tog nog sulke wonderlike mans soos Frank is. Soos ek lees, glo ek jy is n kind van God, baie bly! Mag die Here jou seen. Groete D
23ste Sep. 2010, 15:58Christelle van Staden het gesê:
Hi Frank Dankie vir jou insigte. Dis veral die "Nothing in life can happen that God cannot redeem" wat baie vir my beteken. Dis so waar! Sterkte!
21ste Sep. 2010, 12:55