Gladiator Garth Collins uit Survivor SA - hy praat met SARIE
Hy was die grootste man in Survivor SA: Santa Carolina, maar kon net drie dae op die eiland hou. In die eerste episode lyk dit asof Garth Collins sy besering uit proporsie blaas. Hy het vir Charis Labuschagne vertel wat agter die skerms gebeur het.
Ons sien nie op TV hoe jy beseer is nie. Wat het gebeur?
Ek het dieper in die see geswem om vis te probeer vang, want die visse wat in die vlak water was, was te klein. Ek het op 'n stadium op koraal gestaan wat onder my voete ingegee het. Dit het my been gesny. Kyk hoe lyk my been nou nog.
Dit lyk verskriklik. Hoekom is dit so pers en opgeswel?
My wond het ontsteek. Dit lyk al baie beter en dis meer as 'n maand later! Ek kon nie op my been staan nie. Ek moes twee dae lank binneaarse antibiotika kry en ses dae lank 'n bykomende kursus antibiotika drink.
Was jy reg om huis toe te gaan?
Nee, ek wou glad nie van die eiland af weggaan nie, maar die pyn was net te erg. Ek het gehoop dit sou beter word, maar dit het nie. Almal in my span het met my kom gesels en gesê hulle gaan my afstem omdat ek beseer is.
Dit moes seker 'n bitter pil gewees het om te sluk omdat jy so sterk is?
Ek het gewonder hoekom my pyndrempel skielik so laag is. Ek meen, ek kan pyn hanteer! Ek het al aan Gladiators deelgeneem met 'n geskeurde borsspier. Tydens 'n uitdaging op die eiland het ek ook my een bo-armspier geskeur. Ek kon dít hanteer, maar die infeksie in my been? Nee.
Wat was die ergste van die eiland?
Om die eerste dag op die eiland vier en 'n half uur lank in daai bakoond te stap na waar ons moes wees. Ek het op daardie stadium 136 kg geweeg, wat beteken my lyf het vier en 'n half liter water 'n dag nodig om te funksioneer. Ons het elkeen net 500 ml water gehad om te drink. Daarna het ons nie kos gekry om die energie terug in ons lyf te sit nie. Dit was swaar.
Jy het blykbaar baie hoenders geëet voor jy eiland toe is?
Vir ses maaltye voor ek eiland toe is, het ek elke keer 'n hele hoender geëet. Ek het besluit ek gaan protein load!
Sien eksklusiewe agter-die-skerms-aksie van Survivor SA: Santa Carolina
Verwante artikels
-
Agter die skerms by Survivor se eerste episode
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 4
Dis hier! Survivor SA: Santa Carolina skop vanaand om 19:30 op M-Net af. Charis Labuschagne het die eerste episode gekyk en dis inderdaad soos aanbieder Nico Panagio gesê het: 'Dis 'n klomp kleurryke karakters.'
-
Craig Jacobs uit Survivor SA - hy praat met sarie.com
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
-
Darren Maule uit Survivor, hy praat met SARIE
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 3
-
Lady Lea uit Survivor SA, sy praat met SARIE
SARIE - Februarie 2010
-
sarie.com-gebruikers vol lof vir Survivor se Cindy
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 1
-
Survivor SA, episode 3: Manne huil vir die eerste keer
SARIE - Februarie 2010
-
Survivor SA, episode 4: Agter die skerms
SARIE - Februarie 2010
-
Survivor SA, episode 5: Agter die skerms
SARIE - Februarie 2010
In die vyfde episode van Survivor SA: Santa Carolina kom daar 'n skeuring in die stamme. Die mense wat alliansies gevorm het, begin teen mekaar draai.
-
Survivor SA, episode 6: "Opwindendste een nog!"
SARIE - Februarie 2010
-
Survivor SA: Agter die skerms van Episode 2
SARIE Januarie 2010
-
Van 7de Laan tot Survivor - Nico Panagio bly koelkop
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Op Top Billing is hy die ene gepoleerde sjarme, maar die eiland van Survivor SA is bepaald nie die glanswêreld nie. Vir aanbieder Nico Panagio was dit erger én lekkerder as wat hy ooit kon dink...
-
Wat jy nie van Nico Panagio geweet het nie
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 3
Nico verklap sy gunstelinge en 'n paar ander geheime.














Kommentaar
anthony het gesê:
ek het die selfde gevoel oor die koraal my kinders willook eendag daar na toe gaan saam met hulle kiders een dag dra van nageslag tot nageslagte
24ste Feb. 2010, 21:02Judge Dread het gesê:
Ja koraal is n lelike ding- jarre terug het my Pa ook perongeluk sy been op koraal gesny en was gehospitaliseer- daars definitief een of ander gif in dit- dis mos hoe van dit die visse vang nie waar- n baie meer eerbare manier om uit Survivor te klim as n seer penis soos Meneer JUBU.
29ste Jan. 2010, 09:53Liezel het gesê:
Ai, dis jammer Garth is uit. Ek het regtig uitgesien om hom te volg deur die episodes. Was nog altyd 'n 'fan'. Het so jammer gevoel om hom in so baie pyn te sien.
24ste Jan. 2010, 08:40Joe het gesê:
Baie dom - jy behoort die koraal te bewaar, nie daarop te staan en beskadig nie! Verdiende loon, dink ek.
22ste Jan. 2010, 03:39Z het gesê:
Ek het een keer my vinger op koraal in die Rooi See gesny en dit was vir weke daarna nog seer, rooi en geswel. Dit was 'n klein snytjie en die pyn was volgens my hopeloos te veel vir so 'n klein seerplek. Ek wonder of daar spesifiek iets in koraal is wat 'n mens so negatief affekteer indien jy daarmee gesny word. 'n Mens dink jy is in die soutwater van die see wat tog altyd baie goed is vir seerplekke en gewoonlik 'n vorm van 'n ontsmettingsaksie het, maar dit lyk vir my dit is anders met koraal.
21ste Jan. 2010, 16:45Annette het gesê:
Ja, infeksie is nie 'n grap nie. Ek het geval en 'n "roasty" op my knie gekry - wel na paar dae het infeksie ingetree en dit was so pynlik dat om my been te buig 'n issue was/is. So ja om infeksie te he op enige plek van jou lyf kan jou knou.
21ste Jan. 2010, 13:33