Hanna, Bok se meisie hou verjaarsdag - SARIE was daar
Foto’s: verskaf Galery
Jonk en mooi ... Hanna Grobler het Saterdag, 15 Januarie haar 29ste verjaardag gevier.
En ʼn beter plek as Die Werf in Faery Glen, Pretoria, kon jy nie maklik kry vir die perfekte partytjie nie. Met vure wat hoog brand en ʼn private eetkamer weggesteek tussen ʼn bos doringbome, kon jy netsowel in die hartjie van die Bosveld gesit het. Op die spyskaart was beesstert met stampmielies, gerookte forel, skaapnek en hoenderpastei.
Ons het gekuier - van vroegaand tot laatnag, en later tot vroegoggend! Die gastelys het bestaan uit ʼn paar van Hanna se naaste vriende, wat die aktrises Amalia Uys en Liandie du Randt insluit. Die oud- Blou Bul Krynauw Otto en sy vrou, Lize, en sangeres/aktrise Karlien van Jaarsveld was ook daar. Karlien en Hanna speel teenoor mekaar in Sean Else se rolprent Platteland wat tans verfilm word.
En met Bok aan Hanna se sy, kon sy nie vir ‘n beter verjaarsdag vra nie.
Verwante artikels
-
Agter die skerms met Hanna Grobler
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 3
Hier vertel Fanie meer oor die Hanna Grobler wat hy jare gelede al ontmoet het...
-
Hanna Grobler (Bok van Blerk se meisie) se ander talent
SARIE Januarie 2010
-
Hanna Grobler - Getroud met rugby
Mense sal haar dalk onthou as Sam van Binnelanders, maar sy is beter bekend as Casper de Vries se assistent in die kykNET-program Doen met 'n miljoen. Sedert 7 April is Hanna Grobler ook as die rasieleier Kiki in Getroud met rugby op kykNET te sien.
-
Hanna Grobler, Bok van Blerk se nuwe meisie?
-
Hanna Grobler: "Ek's g'n blonde poppie"
SARIE - April 2010
Haar tyd op die eiland Santa Carolina tydens die skiet van Survivor SA, het mense ’n ander kant van haar laat sien as net die sexy blondine, sê Hanna Grobler. En sy’t baie van haarself geleer
-
Wat maak Hanna Grobler aan Steve se sy?
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
2011 gaan ’n gróót jaar wees vir die Afrikaanse fliekbedryf. En hoe dan anders as Sean Else en Deon Opperman koppe bymekaar sit?






















Kommentaar