Hanna Grobler (Bok van Blerk se meisie) se ander talent
Dié treffende blondine hou daarvan om te presteer. Dis hoekom sy net dinge doen waarin sy goed is. Die res los sy vir mense wat kundig op húl gebied is.
Bekend vir: Sy's deesdae op almal se lippe ná haar rol as Kiki in Getroud met rugby. En sy's boonop deel van 'n glanspaar as Bok van Blerk se meisie.
Loopbaan-hoogtepunt: "Om saam met Casper de Vries Doen met 'n miljoen op kykNET aan te bied was 'n hoogtepunt in komedie! In die begin van my loopbaan het ek erg camera fright gehad.
My eerste TV-opname was vir die eienaar van 'n boetiek op Witrivier wat Felicity Fashions se klere verkoop het in7de Laan, en ek kon byna nie 'n woord uitkry nie. Met elke TV-opname en oudisie het dit darem makliker geword.
Toekomsplanne
"Ek's besig om saam met vennote te onderhandel om alleenreg in Afrika vir die invoer van vier internasionale klerereekse. Dan wil ek 'n klerewinkel oopmaak waar ek ook my eie reeks, Vampiper - waaraan ek tans ontwerp - sal verkoop."
Dit was ook 'n ongelooflike ervaring om saam met Deon Opperman (skrywer) en Cobus Rossouw jr. (regisseur) aan Getroud met rugby te werk."
Beste eienskap: "Ek het van kleins gedoen en gesê wat ek wil, en gelyk soos ek wil."
As dinge te veel raak . . . "trek ek my tekkies aan en hardloop ver. Ek glo oefening is belangrik vir 'n positiewe gemoedstoestand."
Verwante artikels
-
Agter die skerms by Bok se video
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
....en kyk net sy nuwe haarstyl!
-
Hanna Grobler - Getroud met rugby
Mense sal haar dalk onthou as Sam van Binnelanders, maar sy is beter bekend as Casper de Vries se assistent in die kykNET-program Doen met 'n miljoen. Sedert 7 April is Hanna Grobler ook as die rasieleier Kiki in Getroud met rugby op kykNET te sien.
-
Hanna Grobler, Bok van Blerk se nuwe meisie?
-
Hanna Grobler: "Ek's g'n blonde poppie"
SARIE - April 2010
Haar tyd op die eiland Santa Carolina tydens die skiet van Survivor SA, het mense ’n ander kant van haar laat sien as net die sexy blondine, sê Hanna Grobler. En sy’t baie van haarself geleer
-
Hanna, Bok se meisie hou verjaarsdag - SARIE was daar
SARIE - Maart 2011
















Kommentaar