Hanna Grobler, Bok van Blerk se nuwe meisie?
Kwart voor tien Australiese tyd (sowat kwart voor twee die middag by ons) lui my selfoon. ''Dis Bok van Blerk hier uit Brisbane. Hannatjie is so bietjie in 'n flat spin oor 'n onderhoud wat jy met haar wil doen.'' Dié einste Kiki (Hanna Grobler) van kykNET se gewilde Getroud met Rugby-faam is 'n week en 'n half voor Bok se musiektoer na Australië afgeskop het, die rede vir nuwe vlinders op sy maag. Die lekker soort. Maar hy wil nie hê mense moet dinge ryp druk deur oor 'n ''verhouding'' te praat in die pers nie. En Hanna wou darem eers per SMS by hom hoor of hy nie liewer met my wou gesels nie.
Deur Marguerite van Wyk
Wat het jou na Hanna aangetrek?
Ons moet nog eers uitvind wat ons alles na mekaar aantrek. Ons het so 'n paar keer saamgekuier. Dis nog als so vars. Maar ek ken haar al lank. Sy laat my lag en dís wat ek nodig het.
Hoe gaan dit met jou musiektoer in Australië?
Die konserte is baie lekker tot dusver. Ons was al in Perth en Melbourne en is nou in Brisbane. En dan gaan ons nog Sondag Sydney toe. Volgende Woensdag keer ons terug na Suid-Afrika. Die mense is vir seker mal oor ''De la Rey'' en die goed op my nuwe CD, Afrikanerhart. Hulle huil lang trane en almal wil huis toe kom. Die nuwe CD verkoop soos soetkoek.
Maar terug na Hanna, droom jy van haar in die vreemde?
Nee, ek het nog nie. (Lag.)
Verlang jy darem?
Ja, ek verlang, en veral na al die grappies.
Wat is die lekkerste ding wat julle doen as julle saam is?
Oee, dis als nog so vars. Ek het so 'n benoude gevoel op my maag. Ons het nog nie eens gesoen nie. Ons dans gereeld. Ons het so 'n mal dansie wat ons saam doen as die gier ons beetpak.
Wat is die eerste ding wat julle gaan saam doen as jy terugkom?
Wegkruip. Sy het ook gepraat van gaan saam kuier by haar ma-hulle in Ramsgate in KwaZulu-Natal.
Het jy al alleen vir haar gesing?
Ek het nog nie tyd daarvoor gehad nie.
Watter liedjie van jou is een van haar gunstelinge?
Een van haar karakters in 'n kinderprogram is Katie, en sy hou baie van my liedjie ''Katie''. (Lag baie en hard oor al die vrae.)
Dis regtig als nog baie vars en ek hoop nie jy verongeluk nou 'n mooi ding deur so voortydig daaroor te skryf nie! Doen eerder later 'n mooi storie. Ek leen iemand se Australiese selfoon en dis baie duur en hierdie onderhoud hou nou baie lank aan. Jy is báie erg! As jy régtig respek vir die liefde gehad het, sou jy nie nou al die storie gedoen het nie. (Lag weer hard.)
Ek sal nou 'n bier moet gaan drink vir bietjie lafenis en ophou praat, anders gaan die vrou wie se foon ek leen baie ontsteld wees.
(PS. Hanna, hy's oulik. Moenie hom sommer laat wegkom nie!)
HANNA IN GETROUD MET RUGBY
Verwante artikels
-
Agter die skerms by Bok se video
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
....en kyk net sy nuwe haarstyl!
-
Bok van Blerk
SARIE - Junie 2009
-
Hanna Grobler (Bok van Blerk se meisie) se ander talent
SARIE Januarie 2010
-
Hanna Grobler - Getroud met rugby
Mense sal haar dalk onthou as Sam van Binnelanders, maar sy is beter bekend as Casper de Vries se assistent in die kykNET-program Doen met 'n miljoen. Sedert 7 April is Hanna Grobler ook as die rasieleier Kiki in Getroud met rugby op kykNET te sien.
-
Hanna, Bok se meisie hou verjaarsdag - SARIE was daar
SARIE - Maart 2011
-
Sanger Vaughan Gardiner het 'n toekoms wat blink
SARIE Januarie 2010


















Kommentaar
Sonicke Groenewald het gesê:
Julle is 'n baie oulike paarjtie, ek is mal oor Hanna en Bok! Moenie julle steur aan wat mense sê oor julle verhouding nie dis 'n persoonlike ding en as dit reg voel, go 4 it! Hoop om nog baie van julle te lees en te sien in die tydskrifte.
7de Okt. 2010, 13:46Ronel het gesê:
Hanna, laat ek jou goeie raad gee, hardloop so vinnig as wat jou voete jou kan dra, hierdie is nie 'n goeie vangs nie, hy is darem te onromanties. Neewat dis tydmors om vir hom te wag.
13de Jul. 2009, 20:11Matie van Schalkwyk het gesê:
AS die mense in Aussie lang trane huil moet hulle NZ toe kom - hier ken ons nie 'n enkele een wat huil nie, almal is doodgelukkig!
11de Jul. 2009, 04:29Marlize Labuschagne het gesê:
Ag nee man Bok. Nou stel jy ons boere meisies terleur. Hoekom vir 'n glanspersoonlikheid val. Daar is soveel ander meisie in ons land. Jou Afrikanerhart smag na 'n opregte boeremeisie, nie die stadspoppies nie. Nee man. Skaam vir jou. Ek is ook die ouderdom van "Settle", maar het nog nie daardie iemand spesiaal gevind nie, maar moet nie vir enige meisie val net om jouself tevrede te stel nie. Kry die regte sielsgenoot.
10de Jul. 2009, 18:46