Hanna Grobler: "Ek's g'n blonde poppie"
Haar tyd op die eiland Santa Carolina tydens die skiet van Survivor SA, het mense ’n ander kant van haar laat sien as net die sexy blondine, sê Hanna Grobler. En sy’t baie van haarself geleer
Jy kan jou maklik met Hanna Grobler misgis.
Sy is fyn en blond en praat met ’n amperse dogtertjiestem. Maar vra ’n bietjie rond oor hoe sy Survivor SA Santa Carolina hanteer het en jy hoor gou: Hanna is sterk, positief en sy hét uithouvermoë.
Sy het nie net haarself nie, maar ook die TV-span van dié werklikheids-reeks verras. Hanna is ’n goeie voorbeeld van die Voortrekker-vrou wat kaalvoet oor die Drakensberg geloop het, sê Lani Lombard, M-Net se publisiteitsbestuurder. (Lani was ook op die Mosambiekse eiland.)
Hier deel Hanna haar hoogtepunte op die Survivor-eiland
* Die dag toe ek spinasie-agtige plante gekry het. Dieselfde plante groei in my ouers se tuin in Ramsgate in KwaZulu-Natal. Dis hoe ek geweet het ons kan dit eet. Daar was dae dat ons nét dit geëet het.
* Die keer toe ons ná die storm die beloning-uitdaging gewen het. Ons was moeg, honger en moedeloos en dit het ons gemoed gelig.
* Pret saam met Sade op die eiland. Ons het hopscotch en rugby met ’n kokosneut gespeel.
* Toe Okkert met ’n kis oor die horison aangestap kom. Ons het nie geweet wat dit is nie, maar toe ons dit oopmaak, was dit vol kos.
* Hein Vosloo, ’n vorige Survivor-deelnemer, was een van die beste belonings wat ons (vir ’n dag) gewen het. Hy het ons geleer visvang. Daarna het ons elke dag vis geëet.
Lees ook die onderhoud met Hanna in die April-uitgawe van SARIE, vanaf Maandag 8 Maart te koop. Hier verklap Bok van Blerk ook meer van sy meisie.
Verwante artikels
-
Agter die skerms met Hanna Grobler
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 3
Hier vertel Fanie meer oor die Hanna Grobler wat hy jare gelede al ontmoet het...
-
Erg, erger Survivor
SARIE Maart 2010
Hoe erg kan Survivor nou eintlik wees? ’n Maand op ’n idilliese eiland saam met sexy vroue en gespierde mans, en jy verloor boonop ’n paar kilogram. SARIE gee ’n kykie agter die emosionele skerms . .
-
Farrah Fawcett se Barbie!
SARIE - November 2010
Farrah Fawcett (2 Februarie 1947 – 25 Junie 2009) was ’n Amerikaanse aktrise wat vir verskeie Golden Globe- en Emmy-toekennings benoem is. Sy het in 1976 in die eerste seisoen van Charlie's Angels internasionale roem verwerf as privaatspeurder Jill Munroe.
-
Hanna Grobler (Bok van Blerk se meisie) se ander talent
SARIE Januarie 2010
-
Hanna Grobler - Getroud met rugby
Mense sal haar dalk onthou as Sam van Binnelanders, maar sy is beter bekend as Casper de Vries se assistent in die kykNET-program Doen met 'n miljoen. Sedert 7 April is Hanna Grobler ook as die rasieleier Kiki in Getroud met rugby op kykNET te sien.
-
Hanna, Bok se meisie hou verjaarsdag - SARIE was daar
SARIE - Maart 2011
-
Nuwe Hanna Hoekom-fliek se voorprent is hier!
SARIE Julie 2010
sarie.com kuier agter die skerms by Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, 'n tienerfliek wat gegrond is op Marita van der Vyver se gelyknamige boek.
-
Wat maak Hanna Grobler aan Steve se sy?
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
2011 gaan ’n gróót jaar wees vir die Afrikaanse fliekbedryf. En hoe dan anders as Sean Else en Deon Opperman koppe bymekaar sit?
















Kommentaar