Hanna Grobler - Getroud met rugby
Mense sal haar dalk onthou as Sam van Binnelanders, maar sy is beter bekend as Casper de Vries se assistent in die kykNET-program Doen met 'n miljoen. Sedert 7 April is Hanna Grobler ook as die rasieleier Kiki in Getroud met rugby op kykNET te sien.
Mense sal haar dalk onthou as Sam van Binnelanders, maar sy is beter bekend as Casper de Vries se assistent in die kykNET-program Doen met 'n miljoen. Sedert 7 April is Hanna Grobler ook as die rasieleier Kiki in Getroud met rugby op kykNET te sien. Liesl Roodt het vir haar 'n paar vrae gehad.
Jy het al in musiek-video's en TV-advertensies verskyn. Maar is die rol in Getroud met rugby jou eerste grote as aktrise?
My eerste rol in die bedryf was 'n hoofrol in die verhoogproduksie Skroothonde, wat daardie jaar die Aardvark-prys gewen het. Daarna het ek in verskeie verhoogproduksies en TV-reekse gespeel, maar nooit langer as 3 maande nie. Ek glo as jong aktrise moet jy soveel as moontlik verskillende karakters speel en in al die genres werk. My langste kontrak voor Getroud met rugby was Doen met 'n miljoen. Dit was groot pret en elke episode was 'n uitdaging, omdat daar nooit 'n teks was om op staat te maak nie. Getroud met rugby is my eerste groot rol in 'n dramareeks.
Hoe het jy gevoel toe jy hoor jy het die rol gekry?
Ek was baie opgewonde, dis 'n ongelooflike eer om saam met Deon Opperman en Cobus Rossouw te werk.
Wat het jy die meeste geniet terwyl jy aan Getroud met rugby gewerk het?
Dit was lekker om 'n uitdagende karakter te speel en ons akteurs het groot vriende geraak op stel!
Wat was vir jou die grootste uitdaging daarvan?
Die liefdestonele aan die begin . . . ek is eintlik 'n skaam meisie.
En wat sou jy as jou grootste uitdaging tot dusver in jou lewe beskou?
Dis vir my moeilik in die toneelbedryf, omdat dit 'n selfbehepte industrie is waar jy jouself heeltyd moet bemark. Terwyl my groot passie eintlik my liefdadigheidsorganisasie, Hanna Charity and Empowerment Foundation, is, waar jy ander altyd eerste moet stel. Ek het dit verlede jaar gestig en dis twee wêrelde wat ek nog probeer balanseer.
Doen jy steeds modelwerk?
Nee, modelwerk was nog nooit 'n prioriteit in my lewe nie.
Hoe sou jy jouself beskryf?
Gelukkig en ongelooflik dankbaar.
Ek sien op Facebook jou naam is eintlik Hanelia, of is dit net 'n modelnaam?
Dis my doopnaam, 'n kombinasie van my liewe ouma se name, Petronella Johanna. Hanna is my verhoognaam en almal wat my ken noem my sommer Hanna.
Watter rol hoop jy om in die toekoms los te slaan?
'n Lekker lawwe rol in 'n verhoogproduksie, of 'n ernstiger karakter op televisie wat nie 'n blonde poppie of dumb blonde is nie . . . ek sal my hare swart kleur as ek moet.
Besoek kykNET se webblad oor Getroud met rugby.
Verwante artikels
-
Alles wat jy moet weet van Survivor SA Maldives 2011
SARIE - Maart 2011
Die nuwe reeks van Survivor (2011) het verlede week op M-Net begin en dié keer is daar 19 deelnemers, onder wie 9 bekendes wat om die prysgeld van R1 miljoen meeding. Hier is alles wat jy moet weet oor dié splinternuwe reeks.
-
Deon Opperman skryf GiGi se boek
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Hulle stap al tien jaar 'n pad saam en nou is Deon Opperman (skrywer van die kykNET-reeks Getroud met rugby) die spookskrywer van Survivor-wenner GiGi se boek, Nipple Caps and G-strings.
-
Die Getroud met rugby-fliek se voorprent is hier
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 8
Die fliek van die gewilde Getroud met rugby-TV-reeks is hier. Al jou gunsteling-karakters is daar, en kyk net wie is die sexy nuwe akteur
-
Hanna Grobler (Bok van Blerk se meisie) se ander talent
SARIE Januarie 2010
-
Hanna Grobler, Bok van Blerk se nuwe meisie?
-
Hanna Grobler: "Ek's g'n blonde poppie"
SARIE - April 2010
Haar tyd op die eiland Santa Carolina tydens die skiet van Survivor SA, het mense ’n ander kant van haar laat sien as net die sexy blondine, sê Hanna Grobler. En sy’t baie van haarself geleer
-
Hanna, Bok se meisie hou verjaarsdag - SARIE was daar
SARIE - Maart 2011
-
Nuwe Getroud met rugby-fliek!
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Kuier agter die skerms van dié fliek oor die rugbyspan, die Stryders.
-
Watter celebs hou almal van gholf speel?
SARIE Julie 2010
Louis Oosthuizen, wat die legendariese Skotse gholfbaan, St Andrews, in die 2010 Ope Kampioenskap getem het, het ons só geïnspireer dat ons gaan kyk het watter ander celebs ook graag tyd op die gholfbaan deurbring.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd