Agter die skerms met Hanna Grobler

Deur Fanie Cronjé, SARIE - April 2010

Agter die skerms met Hanna Grobler Foto’s: Phyllis Green Galery

Hier vertel Fanie meer oor die Hanna Grobler wat hy jare gelede al ontmoet het...

"Ek weet al geruime tyd van Hanna Grobler. Lank voor haar rol as Kiki in Getroud met rugby of haar deelname aan Survivor SA, selfs nog voor die media haar spoor gevat het toe die nuus breek sy en Bok van Blerk is romanties betrokke. Want sien, Hanna het roem onder akteurs verwerf met haar Huiskonserte. Heel eenvoudig genoem Hanna se Huiskonsert. Sy’t 'n speelvak geskep waar jong akteurs kan sing of dans of doen net wat hulle wil. Glo my, Hanna Grobler is geliefd onder elke mens wat haar ken.

Iemand het eenkeer gesê jy kry 4 soorte mense: (1) Saggeaarde mense wat maak asof hulle koud en hard is.(2) Harde, gevoellose mense wat maak asof hulle goedhartig en aangenaam is. (3) Harde mense wat harteloos is en ook so leef. (4) En sterk mense wat goed is en goed doen. Hanna is beslis laasgenoemde. Dis ook geen wonder dat sy besig is om haarself te vestig as 'n suksesvolle aktrise en media-figuur nie. Sit by haar geaardheid talent, en ek is seker jy sal saamstem dit was net 'n kwessie van tyd voordat sukses aan haar deur geklop het. Kyk na ons foto’s dié maand. Ek dink jy kan haar besondere karakter op haar gesig lees."

Toe Hanna uit Survivor SA uitgestem is, het ons 'n sielkundige gevra wat haar sterk én swak punte was.

Verwante artikels

Galery

  • Fanie het die spelde beet
  • Alles begin by 'n goeie onderlaag
  • Grimeerkunstenaar Lesley beloer haar dagboek
  • Toerusting in die ateljee word opgestel
  • Beplanning vir die eerste haarstyl word gedoen
  • Hare op of hare af?
  • Die hare is gereed, nou vir 'n bietjie lipstiffie
  • Laaste afronding voor die 1ste foto
  • Perfekte aanwending met 'n kwassie
  • Fotograaf Aubrey Jonsson maak gereed
  • Fanie en Hanna bespreek die 1ste "pose"
  • Fanie en Hanna bespreek die 1ste "pose"
  • Die gesig kan nie blink nie
  • Elke haar op sy plek
  • Sou dit 'n voorblad kon wees?
  • Weer 'n bietjie aandag
  • "Strike a pose"
  • Nog 'n weerbarstige haarstring
  • Nou vir 'n ander skakering op die lippe
  • 'n Verandering in haarstyl
  • Fanie se 'piece de resistance'
  • Dit voel soos Kersfees!
  • Ah, perfek!
  • Dis woelig in die ateljee
  • Kom ons kyk hoe lyk hierdie een?
  • Nou's die ernstige sake verby
  • Hanna dink ernstig na
  • Fanie worstel met 'n stoel vir die artikelfoto's
  • Hanna maak reg vir 'n treffende dubbelbladfoto
  • Aubrey mik-mik so
  • Gemaklik voor die kamera
  • Ná 'n lang dag glimlag sy nog

Kommentaar

  • Ek is so bly Sarie het uitendelik vir Hanna op die voorblad! Sy is regtig iemand om na op te kyk! Dankie Sarie vir die positiewe stories wat julle altyd aan ons lesers gee...jul is waarlik my inspirasie! Hanna en Bok is 'n pragtige paartjie, so plat op die aarde! xoxo

    3de Apr. 2010, 11:48
  • Ek kan net se WOW!!!..... Hanna is pragtig en n regte "plain Jane" in die mooi sin van die woord... ek het n paar keer die Sarie opgetel en gekyk en weer gekyk na die pragtige voorblad. Moet julle gelukwens: Die mooiste Sarie voorblad in n baaaiiie lang tyd....

    22ste Mar. 2010, 16:43

Web Development by FormFunction