Heinz oor sy nuwe Afrikaanse CD
Foto’s: verskaf Galery
Ons heel eerste Idols-wenner, Heinz Winckler, se nuwe CD, Ek kan weer in Liefde glo, is hiér! Marguerite van Wyk het by hom gaan hoor waaroor hy sing, wat hom inspireer en met watter projekte hy als besig is.
Vanwaar die titel?
Dit is die eerste snit wat ons op die radio vrygestel het en aangesien dit dadelik goeie terugvoer gekry het en steeds klim op die treffersparade, het dit die titel van die album geword. Ek is baie opgewonde oor die nuwe album en dink mense gaan dit baie geniet.
Wat is jou gunsteling-liedjie op die album?
''Ek kan weer in Liefde glo'', die titelsnit. Dit is lekker om te sing, het 'n goeie boodskap en mense kan daarop dans. My gunsteling- Engelse liedjie is ''Real Song''. Dit is die eerste keer dat ek 'n lied heeltemal self geskryf het. Ek hou ook van die boodskap en hoop dit inspireer mense om hul volle potensiaal te bereik.
Wie het die meeste liedjies op die album geskryf?
Moeilik om te sê. Ek het vyf saam met ander mense geskryf, onder andere saam met vrou, Alette. En ek het twee alleen geskryf. Dan het ons drie Engelse popliedjies wat onbekend is in Suid-Afrika en 'n paar liedjies van plaaslike skrywers. So dis 'n mengsel.
Beskryf die musiek op die album?
Afrikaanse pop met 'n akoestiese rock-gevoel.
Met watter projekte hou jy jouself tans besig?
Hoofsaaklik bemarking van die nuwe album, en ek werk met 'n nuwe agentskap, Platinum Promosies, aan vertonings vir aanstaande jaar. Ek en my vrou is betrokke by die Masiphane Haven as ambassadeurs. Hulle sorg onder andere vir weeskinders en help babatjies om aangeneem te word. Ons ondersteun ook Jenna Clifford se Dream Big Foundation as ambassadeurs en ons is deel van 'n opwindende nuwe organisasie wat op 'n vars manier geld vir die hoof- liefdadigheidsorganisasies in Suid-Afrika insamel – Give for Life.
Gaan julle eersdaags weer probeer vir 'n babatjie, of wil julle eers 'n bietjie rus?
Ons werk daaraan . . .
Watter rol vervul musiek in jou lewe?
Dit is my groot passie en my brood en botter. Ek is lief vir verskillende tipes musiek en is mal daaroor om op te tree. Dit is wanneer ek werklik lewend voel.
Wat inspireer jou om musiek te maak?
'n Brandende passie en wete dat dit is waarvoor ek op aarde is. Wanneer ek optree, in die woorde van die ou van Chariots of Fire, ''I feel the Lord's pleasure.''
Wie is jou musikale rolmodelle?
Ek het 'n hele paar, maar dié wat uitstaan, is Steven Curtis Chapman, Nickelback, Justin Timberlake en Michael Jackson.
Verwante artikels
-
60 sekondes met Chris Norman (Smokie-sanger)
SARIE - November 2009
-
Fanie Cronjé gesels met Glitterati se Giliam Winckler
SARIE - April 2010
Dié 29-jarige akteur en sanger is nou ook mede-aanbieder van Glitterati op kykNET. Giliam, met die bekende van . . .
-
Hier's dit: Heinz Winckler se nuwe musiekvideo
SARIE - April 2010
Dit gaan goed met Heinz Winckler! Hy't pas sy musiekvideo Jakarandakoningin op sy Facebook-blad en YouTube bekend gestel en sy aanhangers is mal daaroor.
-
Izak Davel oor sy nuwe CD (en sy vrou)
SARIE - Augustus 2009
-
O, die nostalgie! Luister na ou Afrikaanse advertensies
SARIE Januarie 2010
Op die Springbok Radio-webwerf kan jy nou weer luister na dáárdie radio-advertensies uit die 60's, 70's en 80's.
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se aarbei-en-gemmerkaaskoek
SARIE - Augustus 2009
Natuurlik kan 'n mens nie vergeet van nagereg nie! Die aarbei en gemmer is 'n interessante kombinasie, maar dit is vingerlek-lekker!
-
SA tweeling-tienerbroers Locnville kry internasionale platekontrak
SARIE - Mei 2010
Die tweeling-tienerbroers van Kaapstad Andrew en Brian Chaplin (19) van die groep Locnville het gister 'n internasionale musiekdeurbraak gemaak toe die internasionale platemaatskappy Sony Music International (SMI) 'n kontrak met hulle gesluit het.



















Kommentaar