Heinz Winckler en sy vrou wys hul nuwe babakamer - foto's
Foto’s: verskaf Galery
Aletté-Johanni Winckler skryf vir SARIE oor haar en Heinz se grootste geskenk.
"Die Wincklers tel nou al amper die slapies op 2 hande af vir die koms van ons oudste seun, Lian Theo Winckler. Met my 37 weke-ondersoek hierdie week het die dokter my verseker ek is gemaak om kinders te baar (ek het my hele lewe lank geweet my heupe moet 'n goeie doel kan dien vir IETS!).
Lian is 3,6 kg en die dokter se oë rek heeltyd so groot as hy hom meet op die skerm. Ek en Heinz bevind onsself gereeld in die babakamer en probeer ons verbeel die knapie lê al in die kot, en HOE dit moet voel, maar ek dink dis iets waarop jy jouself nie kan voorberei nie.
"Ek moet sê, als raak nou moeilik. Ek sukkel om my lê te kry, om op te kom uit die bed, om in my kar te klim, en veral om my skoene aan te trek of iets op te tel. Ek sien ook BAIE uit na die onmiddellike gewigsverlies wat met geboorte gepaard gaan, want jinne, ek voel en lyk soos 'n blaasoppie! Ek droom van die dae dat ek weer in my skinny jeans en stewels kan pas! Maar nou berei ons net voor vir spoegdoeke en borsvoeding en laat nagte... en ek is SEKER dit gaan die Winckler-harte die blyste OOIT maak... (Nee, rêrig.)"
So lyk die Wincklers se babakamer!


Waar kom Lian se naam vandaan?
"Lian is nie 'n familienaam nie, maar is vir ons special," sê Aletté-Johanni. Lian beteken Willow en die Skrifgedeelte wat daarmee gepaard gaan, is uit Jeremia 17:7 en 8. Dis op die swart bord in sy kamer geskryf. Sy tweede naam is Theo en is vernoem na Heinz se pa.

Lian maak, volgens die dokter, so oor 2 weke sy opwagting. En Aletté-Johanni se rooi tas staan gereed!

Koopgids:
Bababed van As Botes in die Kaap
Beddegoed van Tula-Tu Baby Linen
Bottels van Dr Browns
En doeke van Huggies
Speelmat van Wisey
Verwante artikels
-
Bobby van Jaarsveld se nuwe musiekvideo, en hy's op pad Amerika toe
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Bobby van Jaarsveld se nuwe musiekvideo Net vir jou is hier.
-
Die Wincklers se ski-vakansie foto's
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 8
-
Fanie Cronjé gesels met Glitterati se Giliam Winckler
SARIE - April 2010
Dié 29-jarige akteur en sanger is nou ook mede-aanbieder van Glitterati op kykNET. Giliam, met die bekende van . . .
-
Heinz en Aletté-Johanni Winckler se eersteling gebore
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
Lian Theo Winckler het om 7:25 vm op Sondag 23 Mei 2010 sy verskyning gemaak - 'n bielietjie van 'n volle 4,12 kg!
-
Heinz Winckler: "Dit gaan goed met ons en klein Lian Theo"
SARIE Julie 2010
Marguerite van Wyk het met hom gesels oor 'n nuwe projek en sy nuwe vaderskap.
-
Hier's dit: Heinz Winckler se nuwe musiekvideo
SARIE - April 2010
Dit gaan goed met Heinz Winckler! Hy't pas sy musiekvideo Jakarandakoningin op sy Facebook-blad en YouTube bekend gestel en sy aanhangers is mal daaroor.
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se aarbei-en-gemmerkaaskoek
SARIE - Augustus 2009
Natuurlik kan 'n mens nie vergeet van nagereg nie! Die aarbei en gemmer is 'n interessante kombinasie, maar dit is vingerlek-lekker!
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se aarbei-en-spinasieslaai
SARIE - Augustus 2009
Volgens dié twee is die sous heerlik. Dit word voor die tyd verkoel sodat al die geure kan meng
-
Roer! - Heinz en Aletté Winckler se hoenderdye
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 2
Nie 'n gewone hoendergereg nie! Dit word ekstra-spesiaal gemaak deur die bokmelkkaas-vulsel. Heerlik...






















Kommentaar
Linette het gesê:
Baie geluk met jul pragtige baba! Ons weet sommer julle sal wonderlike ouers wees. Hoop Lian bring vir jul baie vreugde.
4de Jul. 2010, 09:45Delsia Overberg het gesê:
Praise God you are both so Blessed. I had a miscarraige at 24 weeks but it was God's way of showing me I could even though doctors said I would never really be able to. I have not given up hope, but I am tooo old to actually go through it. May Lian bring you Joy, Love, Peace and all the Happiness you both deserve.
9de Jun. 2010, 09:47Andriesa het gesê:
Die kamer lyk pragtig. Mag julle seuntjie vir julle baie geluk en vreugde bring. Ek hoop hy is n gesonde fris bulletjie. Geniet elke oomblik, hulle word so gou groot.
6de Jun. 2010, 19:04Anne-marie het gesê:
Baie geluk julle. Die babakamer lyk pragtig!!!
13de Mei. 2010, 06:15Maritza Kotze het gesê:
dis n voorreg om so spesiale baba kamer te he! Geniet die tye daar saam met Lian! Sterkte met die laaste paar daggies voor sy opwagting, ek glo en vertrou alles sal sommer baie goed gaan! Julle gaan oulike ouers wees, weet net God sal nie vir julle kinders gegee het, as Hy gedink het julle is nie bevoeg genoeg om hulle groot te maak nie!!
11de Mei. 2010, 15:03Heila het gesê:
Sien uit om julle babaseun te sien... die kamer is pragtig en ek dink julle twee gaan wonderlike ouers wees. Sterkte met die geboorte(en die koue nagte pyjama dril!)... Beste wense
10de Mei. 2010, 19:37