Hoe lyk 'n tipiese dag in Charlize se lewe?

SARIE Desember 2011

Hoe lyk 'n tipiese dag in Charlize se lewe? Foto’s: http://www.diorviii.com Galery

Tyd is 'n luukse, sê Charlize Theron, Oscar-bekroonde aktrise en ambassadeur vir die Dior VIII-horlosie. Só vertel sy in Skitter, SARIE se juweel-en-weeldegids, wat gratis saam met jou Desember-SARIE versprei word.

Wat behels jou ooreenkoms met die Dior-groep?
Ek is sedert 2004 die gesig van J’adore. Ek was nog altyd by Dior se kosmetiese kant betrokke, en dis vir my baie opwindend om nou met hul horlosies te werk. Elke produk waarmee Dior vorendag kom, is ongelooflik stylvol en die horlosies is geen uitsondering nie.

Waarmee is die Dior-groep vir jou sinoniem?
Elegansie en kreatiwiteit. Dis ’n handelsmerk wat terselfdertyd klassiek is en vooruit dink – en dís ’n besonderse, unieke kombinasie van uiteenlopende eienskappe.

Vertel vir ons van die horlosie.
Dis vir my regtig maklik om dit elke dag te dra. Dis nou een van die basiese stukke in my klerekas ... perfek saam met ’n sjiek rok of jeans.

Hoe bestuur jy jou tyd, en hoe lyk ’n tipiese dag in jou lewe?
Wel, daar is nooit regtig ’n “tipiese dag” nie, want wanneer ek aan ’n rolprent werk, kan ek in enige land wees, vir vier uur besig wees met hare en grimering, op stel wees vir twaalf uur, en soms net drie uur. Wanneer ek nie toneelspeel nie, werk ek gewoonlik in my produksiekantoor vir Denver & Delilah, of hou ek my besig met CTAOP, my stigting. Dis wat so lekker is van my werk – daar is nie tipiese dae nie.

Vertel vir ons van jou stigting.
Die Charlize Theron Africa Outreach-projek ondersteun organisasies in Afrika wat uitstekende werk doen om MIV/vigs onder die jeug te help voorkom. CTAOP fokus hoofsaaklik op ’n langtermyn-oplossing.

Die Dior VIII is ’n baie vroulike horlosie. Hoe sou jy vroulikheid omskryf?
Vroulikheid gaan oor houding – sensualiteit, grasie, elegansie en selfvertroue.

Hoe sou jy die vrou beskryf wat die Dior VIII sal dra?
Sy is modern met ’n sterk styl. Sy het selfvertroue. Sy is ’n vrou van haar era.

Kan jy agt vroulike eienskappe opnoem?
Elegant, ’n sin vir humor, grasieus, sensitief, delikaat, sterk, vasbeslote en, bowenal, die talent om verskeie dinge terselfdertyd te doen.

Wat is jou verhouding met tyd? Tyd is ’n luukse. Dis iets waarvan ek nie genoeg het nie!

Verkies jy ’n outomatiese of ’n kwartsmeganisme?
Ek hou van albei ... Outomaties is so klassiek en koel omdat dit self opwen, maar ek hou ook van kwarts omdat dit eenvoudig is en jy nie hoef te onthou om dit weer aan die gang te kry nie.

Dra jy elke dag ’n horlosie?
Ja, ’n 38 mm-Dior VIII met ’n subtiele diamantlyn op die wyserplaat.

* Die Dior VIII-versameling bestaan uit 8 modelle (vanaf R38 500), wat te kry is in ’n 33 mm- en ’n 38 mm-grootte.

Verwante artikels

  • Charlize word ma!

    Charlize word ma!

    SARIE Maart 2012 | Kommentaar: 4

    Dis offisieel! Charlize Theron het 'n babaseun aangeneem. Sy's op die April-voorblad van SARIE, wat Maandag op die rakke is.

  • Die man wat Charlize se hart gesteel het

    Die man wat Charlize se hart gesteel het

    SARIE Januarie 2012 | Kommentaar: 4

    Op skool was Charlize Theron ‘dolverlief’ op ’n seun wat sy gedink het nie van haar bestaan weet nie. Ons het hom, die kunstenaar Johan Botha, in Johannesburg opgespoor . . . en gehoor hy wás mal oor haar!

Kommentaar

  • Die artikel gaan oor Dior -nie Charlize se dag nie -tensy ek verkeerd lees. Ek maak op Sarie staad om my nie te verlei met "hooflyne" nie !!

    28ste Nov. 2011, 17:17

Web Development by FormFunction