Hoe't jy gevoel toe...(Charlene Truter)
Foto’s: verskaf Galery
...jy jou sukesvolle loopbaan in SA agterlaat om saam met jou man in Duitsland te gaan woon?
Die sangeres en TV-aanbieder Charlene Truter bly die afgelope 10 maande in Duitsland. Haar man, Thomas Morick, werk as inligtingstegnologie-raadgewer in Europa.
"Ek was bang ek maak dit nie. As jy só ’n groot stap neem, moet jy ’n mate van vrees hê. Nie ’n verlammende vrees nie, net ’n bewustheid wat jou gefokus hou. In die skrywer Paulo Coelho se woorde: ‘Dankie vir my twyfel. Dit leer my om akkuraat na ’n situasie te kyk en versigtig te trap.’
Ons woon in Berlyn. Ek geniet dit om op ’n trein te klim en binne ses of agt uur in Amsterdam of Parys te wees. Dis asof ek my vingerpunte op soveel verskillende kulture het.
Die eerste paar maande hier was ’n sabbatical. Ek was geweldig besig in SA en wou eers net op myself fokus. Nou tree ek weer as sanger op. Dis moeiliker om uit te staan hier. Jy moet jouself regtig goed verkoop om raakgesien te word.
My grootste aanpassing was om weg van my familie te wees. Dit was ook ’n aanpassing vir my en Thomas om so dikwels saam te wees. In SA was ons vir lang tye weg van mekaar omdat hy baie in Duitsland gewerk het. Ons beleef dit positief, al is dit ’n groot verandering.
Ek verstaan basiese Duits en leer die taal elke dag. En ek lees Duitse koerante terwyl ek met ’n woordeboek langs my sit. Ek weet nou ek kan myself vertrou om verandering te verwerk en dat ek die innerlike krag het om ’n groot skuif te maak.
Hoewel ek sing, is dit nie amptelik my loopbaan nie. Dis my hartspassie en dis lekker. Ek hoop om in die toekoms ’n ambassadeur vir SA te wees en ons land se beeld in Duitsland uit te bou. Niks kan jou geboorteland vervang nie, maar Duitsland het nou my huis geword.”
* Vir meer, kyk by www.charlenetruter.com.
In die November-uitgawe van SARIE, vanaf 12 Oktober te kry, vra ons ook vir Heinz en Aletté Winckler, akteur Andre Jacobs en meer oor hulle gevoelens...
Verwante artikels
-
Andre Jacobs werk in Parys, Frankryk, aan fliek oor Saartjie Baartman
SARIE - November 2009
Andre Jacobs het meer as drie maande aan die fliek Vénus Noire geskiet, 'n rolprent wat op Saartjie Baartman se lewe gegrond is. Hy speel Hendrick Cezar, die broer van die man wat Saartjie as slaaf aangehou het.
-
Elzabé Zietsman: "Ek het op 47 probeer om 'n surrogaat-ma te wees"
SARIE - Mei 2009
-
Gewonder hoe dit met Charlene Truter gaan?
-
Hoe't jy gevoel toe . . .
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 1
Die geliefde sanger Mathys Roets se motorfietsongeluk het skokgolwe deur die land gestuur. Veral toe dit blyk dat hy nou gedeeltelik verlam is. 4 mense wat ten nouste hierdeur geraak is, vertel van hul gevoelens
-
Hoe't jy gevoel toe...
SARIE - Desember 2010
-
Hoe't jy gevoel toe... (Mej. Nieu-Seeland)
SARIE - September 2009
’n ‘boeremeisie’ van die Kaap, as Mej. Nieu-Seeland gekroon is?
-
Hoe't jy gevoel toe...(Mike Bolhuis se dogter)
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 1
daar ’n media-storm om jou pa se kop losbars?
















Kommentaar