Invictus: Marguerite Wheatley se grootste rol
Foto’s: Mark Cameron Galery
Van Egoli tot Invictus, die rolprent oor Madiba, François Pienaar en Wêreldbeker ’95. Marguerite Wheatley vertel van haar internasionale kollig
Het jy ooit gedink jy sou internasionale rolle speel?
Elke aktrise wil mos maar. Maar ek’t nie gedink ek sou ooit gekies word vir die rol van Nerine, François Pienaar se vrou, nie, want die oudisies is wêreldwyd gehou.
Invictus is ’n Clint Eastwood-fliek. Is daar ’n groot verskil tussen sy regie en ’n plaaslike regisseur soos Katinka Heyns s’n?
Elke regisseur werk anders. Hulle is albei die ongelooflikste regisseurs, eties en daarom suksesvol. En hulle het ’n buitengewone talent vir stories en kuns.
En Matt Damon?
Matt is fabulous, hy’s ’n familieman en skerp. Hy mingle met almal, maak grappies as ons af-tye het, vertel stories oor sy rolle, vra my of ek dink hy die aksent orraait doen en of hy François Pienaar goed uitbeeld. Dis ongelooflik dat hy my vra, want wie is ek nou eintlik? Dis cool dat hy almal as dieselfde sien. Sy gesin is vir hom alles. Ek respekteer dit.
Is daar iemand wat raad gee oor hoe jy by die première moet optree?
Daar’s nie so iets in SA nie, ons is min gespin met sulke la-di-da goed. Oorsee is dit ’n baie groot projek en ek’t paniekbevange geraak toe ek besef ek moet ’n rok kry, en ek’s boonop power met hare en grimering. My vriend het vir my ’n asemrowende rok gekoop in Frankryk en pragtige hoëhakskoene. Nou kyk, so lief vir kaalvoet soos ek is . . . hakskoene met ’n mooi rokkie van Frankryk af? Ag, elke meisie se droom.
Dit klink alles baie lekker, maar moet vir ’n groentjie intimiderend wees?
Ja. Ek het die eerste paar dae op stel nie ’n woord gepraat nie. Ék, van alle mense. Maar bygesê: ’n Mens probeer professioneel wees. Daar’s ’n tyd en plek vir als en ek kan dink daar’s seker niks meer irriterends vir ’n filmspan as ’n jong akteur wat rondhol en yap-yap-yap nie. Aikôna, jy moet jou plek ken.
En toe reël Clint Eastwood se vrou vir jou nog ’n rol in ’n ander fliek?
Ek wens!
So dis nie waar nie?
Nee, ek weet nie waar mense daaraan kom nie, dis nou ’n voorbeeld van iemand wat iets hoor en dit verkeerd verstaan. Daar’s wel ’n ander projek waaroor ek niks mag sê nie.
Sal jy permanent in Amerika of Londen gaan bly vir jou loopbaan?
Elke akteur sal bereid wees. Dis iets waarheen baie van ons werk.
Hoe sal jy rolle kry in die geweldig mededingende Hollywood?
Die koek is net soveel groter daar. Daar’s meer geleenthede, maar ook meer akteurs! As ek die kans kry, sal ek soontoe gaan om my nuuskierigheid te blus. Jy moet net onthou jy is ’n individu. Ek vergelyk my nie met ander akteurs nie. Om in Hollywood in te kom is nie maklik nie. Maar niks is onmoontlik nie.
Jy gaan in dieselfde tou staan as Reese Witherspoon, besef jy dit?
Ek sal vir haar ’n WP-rugbytrui gee!
* Die internasionale première van Invictus − met die hele filmspan – is op 11 Desember in Kaapstad
Verwante artikels
-
Aktrise Thandie Newton gesels met SARIE
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 3
Die Britse aktrise Thandie Newton speel die rol van Laura Wilson in Roland Emmerich se nuwe trefferfilm, 2012. Sy gesels met SARIE oor 'n paar benoude oomblikke op stel, die krag van 'n goeie storie en die Maja-profesië
-
Die aktrise Vanessa Haywood oor District 9
SARIE - Desember 2009
-
Die fliek Invictus: Madiba magic vir Hollywood
SARIE - Mei 2009 | Kommentaar: 1
Wie kan die gloriedag in 1995 vergeet toe François Pienaar die Wêreld-beker bo sy koplig ná die Bokke se oorwinning oor die All Blacks?
-
Invictus-premiere: SARIE was daar!
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
SARIE was by die premiere van Invictus saam met Morgan Freeman wat Madiba speel en 'n hele rits rugby-celebs. Henriëtte Loubser vertel hoe dit was
-
Kyk die voorskou van 1995 Wêreldbeker-fliek - Ivictus
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 1
Wie kan die gloriedag in 1995 vergeet toe François Pienaar die Wêreldbeker bo sy kop lig ná die Bokke se oorwinning oor die All Blacks? Dit word alles herleef in ’n nuwe Hollywood-fliek met Matt Damon as François
-
Marguerite Wheatley oor Clint Eastwood en Matt Damon
-
Marguerite Wheatly oor haar voete
SARIE - November 2010
Toe sy dertien was, het ’n mooi outjie op Yzerfontein aan die Kaapse Weskus, waar sy grootgeword het, vir Marguerite op die strand gesê: “Meisiekind, jy het die lelikste voete wat ek nog gesien het.“
-
Nerine Pienaar: Getroud met 'n wenner (Deel I)
SARIE Januarie 2010
Ons herleef dit nou in 'n Hollywoodfliek: Madiba, François Pienaar en die Wêreldbeker-oorwinning van 1995. Nerine, François se vrou, as deel van dié wen-span
-
Nerine Pienaar: Getroud met 'n wenner (Deel II)
Ons herleef dit nou in 'n Hollywoodfliek: Madiba, François Pienaar en die Wêreldbeker-oorwinning van 1995. Nerine, François se vrou, as deel van dié wen-span. Lees Deel II van die onderhoud met haar
-
Ryan Reynolds kom SA toe!
SARIE - Januarie 2011
Ryan kom binnekort Suid-Afrika toe vir die verfilming van 'n aksie-fliek genaamd Safe House.
-
Stelio Savante, SA-gebore ster in Hollywood, gesels met sarie.com
SARIE Maart 2010
Die Grieks-Suid-Afrikaanse akteur Stelio Savante, wat reeds sowat 18 jaar jaar in Amerika woon, is tans besig om die rolprent A Million Colours in Johannesburg te verfilm.



















Kommentaar