Irene van Wyk se laaste CD: Hoe dit haar dogter laat voel
Foto’s: verskaf Galery
Irene-Louise (Rienkie) van Wyk (17) het einde 2009 vir die eerste keer haar ma, Irene van Wyk, se laaste CD in haar hande gehou nadat Irene op 12 Oktober in ’n motorongeluk oorlede is. Irene-Louise kon egter nog nie die moed bymekaar skraap om na die CD te luister nie.
"Ek het in ons grootskerm-kamer gesit toe my broer, Vaughn, my roep om na die CD te kom kyk. Ek was meer bly as wat ek hartseer was toe ek dit sien, want ek het besef my ma se stem sal nooit stil wees nie.
Ek het nog nie daarna geluister nie en my pa (Louis van Wyk) en my broer kon dit ook nog nie regkry nie. Dis te erg. Ek het op Oprah gehoor as jy die stem hoor van iemand wat dood is, is dit ’n sneller wat jou laat huil. Ek het nou die dag by ’n optrede van Dozi begin huil. My ma was ’n agtergrondsanger vir hom en toe die CD met die agtergrondmusiek speel, het ek haar stem herken.
Dalk luister ek oor twee jaar na die CD en huil nog steeds. Ek weet wel hoe van die liedjies daarop klink, ek het hulle al gehoor, maar ander is nuut. My gunsteling-liedjie is ‘Wie’s die vrou in jou arms vanaand’. Steve Hofmeyr het dit vir my ma geskryf. Sy het dit met soveel passie en emosie gesing.
Sy’t dit een keer by ’n optrede van Steve by Carnival City gesing, ek dink dit was so twee jaar terug. Die saal was vol mense. Ek het van blydskap gehuil. Ek’t gedink: Wow, dis my ma! Ek was so trots op haar.
Ek en my pa het Kersfees nog altyd saam deurgebring. Dit was egter moeilik om nie nou vir my ma iets te kon koop of haar te kon bel nie. Ek mis soveel dinge van haar: haar stem, haar lag, ons geselsies . . . Tog voel ek rustig oor haar dood. Ek weet sy’s nie heeltemal weg nie. Ek kan haar nog by my voel.”
Verwante artikels
-
'Ek ken Steve nie só nie'
SARIE - Maart 2009 | Kommentaar: 11
Steve Hofmeyr se stryd is ook sy ma, Carien, se stryd. As ’n media-herrie om sy kop losbars, is dit sy wat vir dae nie Pick n Pay toe wil gaan nie of te bang is om Huisgenoot te koop. Maar sy weet Steve doen wat hy wil, niemand skryf hom voor nie
-
10 dinge waaroor Juanita du Plessis droom + sy wys haar foto's
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 4
In 'n vorige SARIE-artikel deel Juanita met lesers die 10 dinge wat sy nog wil doen
-
Amor: "Dit sal nooit weer wees soos dit was nie"
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 270
Hoe sien sy haar toekoms en wat van die bewerings oor ander minaresse? Hieroor praat Amor Vittone openhartig in Desember 2009 se SARIE.
-
Dogter Irene-Louise en sanger Nianell se huldeblyk aan Irene van Wyk
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 19
Die skok van Irene van Wyk se dood was vir niemand erger as vir haar dogter, Irene-Louise nie. Midde in al die harsteer en verlang het sy ’n liedjie geskryf om die herinneringe van haar ma te verewig.
-
Ek staan weer op - Irene van Wyk
SARIE - Oktober 2007 | Kommentaar: 1
As jou gewese man koerantvoorblaaie haal weens beweerde seksuele teistering, betaal jy en jou gesin 'n duur emosionele prys. Soos die sangeres Irene van Wyk kan getuig
-
Hoe't jy gevoel toe...(Henré Pretorius)
SARIE - Mei 2009
jy hoor jou vrou is swanger – en jou broer het kanker?
-
Nuwe liefde vir musiekbaas Louis van Wyk
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 11
Na 'n jaar van hartseer ná sy eksvrou, Irene van Wyk, se dood het musiekpromotor Louis van Wyk besluit om sy nuwe liefde eksklusief met SARIE te deel.
-
Ontbytsake maak 'n CD saam met bekendes
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Aanbieders van die kykNET-oggendprogram, Ontbytsake, het hul rol as aanbieders eenkant toe geskuif om 'n album op te neem.
-
Patricia Lewis: Altyd my ma se superster
SARIE - November 2007
Op 40 praat Patricia Lewis openhartig oor hoe die lewe haar soms verniel het – tog het sy wyser anderkant uitgekom ...
















Kommentaar
Hyla het gesê:
Liewe Rienkie, ek het so-pas klaar gehuil (vir die soveelste keer!) oor my moeder wat die 30 Mrt oorlede is - stem hoor of te nie, dis hartseer en die verlange nou erger as ooit.. ek wil haar ook heeldag bel want sy bly nou alte lank weg en ek verlang so na haar. Daarom wil ek jou troos met die woorde: jy mag maar huil Rienkie want so raak jou liggaam ook ontslae van die seer wat jou liggaam vergiftig.... wat ook help is maak n plakboek, iets vir jouself - jy hoef dit met niemand te deel nie en blaai daardeur as die verlange te groot word.Jou ma was voorwaar n ster - lank lewe Irene van Wyk... baie sterkte aan jou en die familie...
25ste Jan. 2010, 20:20