Izak Davel oor sy nuwe CD (en sy vrou)
Die 26-jarige sanger-akteur Izak Davel, wat bekendheid verwerf het as Scab in die M-Net sepie Egoli, het so pas sy tweede CD, Verlore Harte, met dertien liedjies daarop uitgereik. Marguerite van Wyk het met hom gesels.
Vanwaar die titel?
Ons het lank gesit met die beplanning vir die CD en het lank bespeigel oor wat ons as mense aan die gang hou, fisiek en emosioneel. Ons het toe besluit dat 'n gebroke hart heel kan word.
Hoe verskil dit van jou eerste CD, Ken jy my?
Verlore Harte het meer van 'n volwasse gevoel. Die musiekstyl neig ook meer na rock.
Beskryf die musiek op die album.
Oorspronklik, vars en klassieke rock.
Jy is al aangewys as Suid-Afrika se sexyste man in die Heat 100-kompetisie en het wêreldwyd vierde geëindig. Beskou jy jouself as sekssimbool?
Ek is net baie gelukkig dat ek daardie kompetisie gewen het. Ek weet nie wat die vroue in my sien nie, maar ek is dankbaar dat hulle my ondersteun.
Hoe belangrik is voorkoms vir jou en wat doen jy om so goed te lyk? Lyk jy na jou ma of pa?
Dit is vir my belangrik om altyd vir ander mense en vir myself netjies te lyk. Dit wys maar net dat ek respek vir myself en ander het. Ek probeer om vier keer per week by die gimnasium uit te kom en probeer gesond eet. Ek lyk baie na my ma en sy is beautiful. Ek gaan liewer nie sê hoe oud sy is nie, want ek wil nog Kersgeskenke hê. Ek is maar verleë as mense aangaan oor my voorkoms en sê net dankie.
Hoe gaan dit met Mericke, jou vrou, wat vroeër met kanker gediagnoseer is?
Fantasies. Ons is net baie dankbaar vir die trougeskenk van ons Hemelse Vader en dít is dat haar kanker weg is.
Hoe ontspan jy?
As ek rustig kan sit, slaap of rondry, ontspan ek.
Wat doen jy en Mericke graag saam?
Ons geniet dit om uit te eet en in winkels rond te loop , en natuurlik om saam met ons baba, Annabella (die hond), in die tuin rond te hardloop.
Wat gee vir jou sin aan die lewe?
My vrou, familie en vriende.
Wat maak jou opgewonde oor jou loopbaan?
Ek moet altyd aanpas by verandering en nuwe geleenthede wat na my kant toe kom.
Wat is jou definisie van sukses?
Dis seker die moeilikste vraag. Persoonlik is dit om gelukkig te wees in alle omstandighede, al gaan dit rof en deurmekaar. Beroepsgewys wil ek graag in 'n hele klomp goeie flieks speel, 'n paar miljoen CD's verkoop en my eie kunsteskool oopmaak.
Verwante artikels
-
Eksklusiewe nuwe foto - Mmm... die veelsydige Izak Davel
SARIE - Desember 2010
Kyk net hierdie smeulende foto van Izak Davel! As jy een van sy aanhangers is, kan jy baie opgewonde wees, want daar's 'n nuwe album op die horison wat tydens volgende jaar se KKNK bekendgestel sal word.
-
Heinz oor sy nuwe Afrikaanse CD
SARIE - November 2009
-
Nuwe Getroud met rugby-fliek!
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Kuier agter die skerms van dié fliek oor die rugbyspan, die Stryders.
-
Sanger Arno Jordaan wys sy gunsteling-foto's
SARIE Augustus 2010
Arno het nou onlangs saam met Kurt Darren Australië besoek en daar in Brisbane, Perth en Sydney opgetree.
-
Zuma se raadgewer neem musiek-CD op
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 1
Liesl Göttert, media-konsultant van Johannesburg wat onder andere vir pres. Jacob Zuma oor belangrike sake adviseer, het onlangs 'n CD, Noudat jy groot is, bekend gestel. Marguerite van Wyk het met haar daaroor gesels.
















Kommentaar