Jak de Priester se vrou sukkel steeds met besering ná motorongeluk
"Dis 'n heel nuwe regter-arm waaraan sy gewoond moet raak. Hy kan nie doeke aansit nie. Hy kan nog nie vat of los nie," vertel Jak de Priester oor sy vrou, Michelle, se besering.
Sanger Jak de Priester se vrou, Michelle, is op 23 April aan die KwaZulu-Natalse Suidkus in 'n motorongeluk beseer. Hul kinders kinders, Jamie (2) en Mija (10 maande), het ongedeerd daarvan afgekom het, maar die ongeluk het die lewe geëis van Michelle se ma, Bettie du Toit.
Hulle wou 'n week gaan uitspan voordat hy aan 'n Afrikaanse rolprent, Klein Karoo, op Oudtshoorn sou gaan werk het.
"Gister (Dinsdag 12 Junie 2012) om 3 nm. is die vyfde operasie aan my vrou se arm gedoen. Dit gaan beter met haar. Sy is die afgelope twee weke weer in die Pretoria-Oos Hospitaal in Pretoria. Maar dis nie 'n maklike proses om haar arm aanmekaar gewerk en opgebou te kry nie. Môre gaan ek haar haal en dan kom sy huis toe. Ek sal haar net 'n week lank elke dag hospitaal toe neem sodat sy 'n paar uur in 'n suurstoftenk, soos dié van Michael Jackson destyds, gaan sit om die vel vinniger te laat genees. Al die suurstof is goed vir die wond."
Hy verduidelik dat sy net ná die aanvanklike ongeluk 'n oop fraktuur gehad het. "Die twee bene wat by haar voorarm uitgesteek het, het gelyk soos twee bome wat afgesaag is. Die dokters het dit vinnig geheg, maar dit was net krisisbestuur. En 'n 'ysterding' het die gewrigte aan die buitekant bymekaar gehou.
"'n Week later het sy 'n ortopeed in Potchefstroom gesien. Hy was bekommerd dat die wond se snyplekke infeksie kon kry en het 'n vakuumpomp ingesit om dít te keer.
"Toe was dit tyd om op die beendere aan die binnekant van die arm te konsentreer. Die ortopeed het haar verwys na 'n plastiese chirurg, dr. Japie de Wet, en 'n ortopediese chirurg, dr. Anton Julian, in Pretoria. Hulle het wondere verrig en onder meer haar vergruisde gewrig met staalplate herbou en 'n ligte veloorplanting asook weefseloorplanting gedoen."
Jak sê Michelle sê grappenderwys ná al dié pyn is sy gereed vir nóg 'n babatjie. "Sy sê sy kan enige tyd natuurlik geboorte skenk!"
"Ons is positief dat sy die volle gebruik van haar arm gaan terugkry. Dit gaan nie heeltemal dieselfde lyk nie en daar gaan merke wees. Maar merke is attitude. . ."
Vir Jak was dit 'n groot leerskool. "Ek was nog altyd gelowig, maar het gedink die oomblik wat ek die naaste aan die Here was, was toe my kinders gebore was. Nou besef ek, dit was toe Hy my kinders teen die dood beskerm het. Ervarings soos dié maak jou vry van onbenullige dinge. Sukses, geld, roem of bekommernisse oor wat jou volgende treffer gaan wees. Jy sien die lewe totaal anders. Niks is vir my belangriker as my kinders en vrou se geluk nie."
Verwante artikels
-
Jak de Priester oor sy gesin se traumatiese jaar
SARIE Desember 2012 | Kommentaar: 5
Die sanger Jak de Priester en sy gesin het ’n traumatiese jaar agter die rug nadat sy vrou en kinders in ’n motorongeluk was…maar dit het ook nuwe insigte en liedjies geïnspireer













Kommentaar
Jo-anne het gesê:
Baie sterkte. Ons bid en vertrou jou vrou se arm sal herstel en gesond word. Jak, ek is mal oor jou musiek. Gaan voort met jou wonderlike musiek. Ons dink aan julle.
22ste Nov. 2012, 19:41Tronel Joubert het gesê:
Baie sterkte aan julle almal. Ons dink aan julle en vertrou ook Michelle ten volle sal herstel.
28ste Jun. 2012, 17:16Mev Smith het gesê:
baie sterkte. dink aan julle en bid vir julle c......
19de Jun. 2012, 15:46Gods' child het gesê:
Baie sterkte as daar maar meer mense was wat die Vader se Hand in en om hul lewens raaksien, sal die land minder verval. Dankie dat jy Ons Vader se Naam so eer en uitdra na buite, jy en jou gesin sal defnitief Sy Seën ontvang, dankie ook vir die Geloof wat jy in God het.
18de Jun. 2012, 13:20Maartin Strydom het gesê:
Jak, jy is 'n besonderse mens - net soos jou musiek! Dankie vir die voorbeeld wat jy vir ons stel met jou openlike getuienis van jou liefde vir die Here. Ons glo en vertrou saam dat vroulief mooi sal herstel - baie sterkte vir julle. Jou kop is reg aangeskroef, jongman!
15de Jun. 2012, 02:41ANONIEM het gesê:
STERKTE
14de Jun. 2012, 13:04CECILIA het gesê:
LET GO! LET GOD!! GOD IS GOOD!!
14de Jun. 2012, 09:57Ina het gesê:
Baie sterkte. Hoop julle kan een van die dae weer saam julle "voete roer". Wat van bietjie Groen Mamba vir vroulief se pyn?
14de Jun. 2012, 09:56Wally het gesê:
God is groot en God is goed!! Sterkte vir julle!!
13de Jun. 2012, 18:48Joanita Fourie het gesê:
Jak, vir die Here wat die hemel en die aarde en alles wat daarin is gemaak het, is 'n arm regtig nie 'n groot issue nie. En jy mag maar in wonderwerke glo ... Jy is 'n ster om haar so by te staan en om soveel vir jou gesin om te gee. Baie sterkte.
13de Jun. 2012, 14:52Juliet het gesê:
Sterkte julle, met die Here aan julle kant - kan en sal alles OK wees.
13de Jun. 2012, 13:22Amanda het gesê:
In hierdie tyd kan julle net op die Here vertrou en weet Hy dra julle deur alles. Sterkte .....
13de Jun. 2012, 12:41Mynie Cloete het gesê:
Sjoe, dit kos 'n man om dit te sê Jak. Dis wonderlik om te hoor dat jou familie vir jou belangriker is as geld en roem. Dit laat swel 'n mens se hart van trots. Baie sterkte met alles wat nog vir julle voorlê. Onthou "He will cover you with His feathers. He will shelter you with His wings. His faithful promises are your armour and protection. There is absolutely nothing to fear about tomorrow, for God is already there. Ps 91:4
13de Jun. 2012, 11:00Liana het gesê:
Baie sterkte vir elkeen van julle! ek glo dit is 'n moeilike tyd vir haar en met baie dinge om te verwerk maar ook vir jou wat moet instaan vir alles. Julle is in my gebede en ons glo dat sy volkome sal herstel!
13de Jun. 2012, 10:42Laura Appelcrijn het gesê:
Sterkte vir julle, die Here sal julle daardeur dra.
13de Jun. 2012, 09:22