Janie du Plessis brul op 'n Harley vir borskanker
Vanaf 17 tot 24 Oktober gaan 15 vroue op Harley Davidson-motorfietse die lang pad aandurf op die Journey of Hope vir Borskankermaand. En as jy gedink het dís braaf, dink weer. Want al 15 van hulle het borskanker oorleef. Lou-Ann Stone gesels met Janie du Plessis, een van dié inspirerende 15...
Vir hoeveel jaar is jy al betrokke by die Journey of Hope-projek?
Dit is my 2de rit.
Was jou eie stryd teen borskanker hoofsaaklik die rede hiervoor?
Nee, ek het ongelooflike herinneringe aan my eie jare met 'n Harley oorsee. Ek het in Europa wonderlike ritte/reise onderneem. Ná borskanker het ek nooit weer op 'n fiets geklim nie, want ek't my fiets in Europa gelos toe ek teruggekeer het. Om die rit aan te pak was in my gemoed die afsluit van 'n moeilike tyd en 'n sirkel wat ek graag wou voltooi.
Hoekom juis Harley Davidson-motorfietse?
'n Harley is 'n baie ongemaklike fiets en nogal swaar en moeilik om te ry, maar daar is 'n gevoel van laat gaan en sorgeloosheid wat 'n mens voel wat ander motorfietse net nie het nie. Die hele idee is dat jy 'n basiese Harley koop en hom dan mettertyd opdollie met chroom, leer of wat ookal, sodat die fiets later jou persoonlikheid kry. Dit is maar waaroor dit gaan. Elke Harley is uniek... soos 'n vingerafdruk wat net jóú strorie kan vertel.
Waarna sien jy die meeste uit van jul 7 dae op die pad?
Die alleenryery en bitter lang pad. Borskankermaand is die maand waarin ek my kanker-ervaring herdenk en dit is die tyd wanneer ek nogal reflekteer oor oorlewing en dankbaar is vir só baie. Die Journey of Hope is my dankie-sê...
Beskryf 'n tipiese dag op die Journey of Hope?
Dis lank! Ons vat lank om aan te trek en dit maak my mal om te wag vir die groep. Om so 'n groep vrouens aangetrek te kry met handskoene, helmets, boots, brille en wat ookal is 'n logistieke nagmerrie. En as ons op die fietse is, is daar altyd een wat gou 'n draai moet loop of iets vergeet het...
Na 'n paar dae raak dit makliker en kom ons vinniger aan die gang. Ons stop altyd langs die pad by al die dorpe en daar is gewoonlik iets beplan. Ons breek op in groepies en besoek al die skole. Dan is daar dikwels 'n ander gemeenskapsbyeenkoms.
Middagetes is altyd op plekke waar die gemeenskap gelinsamelings doen. Dan hou ons praatjies en spring op die fietse en ry verder. In die aande het ons meestal af, maar hier en daar is daar aandfunksies ook.
Wat, in jou opinie, is die grootste wanpersepsie rondom borskanker?
Dat almal doodgaan.
* In die Oktober-uitgawe (vanaf 14 September te koop) deel 3 ander vroue húl verhale van vasbyt en hoop. Ons sê ook hoe jy jouself teen borskanker kan beskerm.
Verwante artikels
-
"Daar's 'n knop in my bors. Wat nou?!" - Sarie.com-blogger vertel
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 51
Sarie.com-gebruiker, Minette Stone, blog oor haar borskanker. "Dit wys ons net weer, kanker is nie jou speelmaatjie nie, jy moet vir geen oomblik dink jy het dit oorwin nie."
-
'n Dokter met borskanker
SARIE - Oktober 2009
-
Akteur Michael Douglas het kanker
SARIE Augustus 2010
Dokters het 'n gewas in die akteur se keel ontdek, en bevestig dat dit kwaadaardig is.
-
Aktrise Elize Cawood troef servikale kanker
Met die “krag van ’n tier’’, vriende en familie se ondersteuning en ’n goeie skoot humor het Elize Cawood servikale kanker getroef
-
Doen-ding van die maand: Word 'n Cansa-vrywilliger
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
In Februarie is Wêreldkankerdag 'n kans om 'n verskil in die lewens van mense wat met kanker leef te maak. En jy kan óók help. Lees die stories van hoop deur bekendes soos Jeremy Mansfield, Janie du Plessis en ons eie blogger, Minette Stone.
-
Hoe't jy gevoel toe... Romanz jou liedjie opneem?
SARIE - September 2009
’n Liedjieskrywer van George, Adri van Nieuwenhuizen, het die liedjie “Journey of Hope” geskryf vir die jaarlikse Journey of Hope-veldtog.
-
Janie blog: "Dís hoekom ek die boek geskryf het!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 25
Op die vliegtuig terug van Europa het een van die lugwaardinne met ‘n Engelse koerant na my toe gekom en gevra of ek dit graag wil lees want ek’s op die voorblad!?
-
Janie blog: "In een sekonde kan jou hele lewe verander ..."
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 1
Vanoggend het Judith, wat by my aan huis werk, met trane in die oe by die werk opgedaag. Sy't 'n gruwelike ongeluk op die hoofweg gesien met 'n kind wat dood in die pad gelê het. 'n Taxi het 'n kop aan kop botsing gehad met die kar van 'n pa wat op pad skool toe is met sy dogtertjie in 'n pienk rokkie.
-
Janie du Plessis blog: "Die vakansie is verby – ek't ‘n vakansie nodig!"
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2
‘n Paar dae gelede het ‘n vriendin vir my gevra hoe dit gaan, wat my nuwejaarsvoorneme is en wat my mikpunte vir 2011 is. Ek weet nie! Ek het nog nie eers kans gehad om daaraan te dink nie!
-
Janie du Plessis en kie. op Harleys vir borskanker
SARIE September 2010
Die Revlon Journey of Hope, 'n borskanker-bewusmakingsveldtog skop weer in Oktober 2010 af.
-
Kanker skuil in aartappelskyfies, bababottels
Jy weet tabakrook kan jou kanker gee. Maar aartappelskyfies, bababottels en kleefplastiek?
-
Maak vrede...
SARIE Januarie 2010
-
My nuwe bors ná kanker
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 1
-
Rugbylegende Ruben Kruger sterf
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 4
Nuus24 berig dat die voormalige Springbok- en Bulls-flank Ruben Kruger (39) sy jarelange stryd teen kanker verloor het.
-
Vandag is nasionale cleavage-dag
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 3
Ja, jy't reg gelees. Vandag kan jy met trots jou cleavage wys, want dis vir 'n goeie doel!
-
Willie Esterhuizen verloor sy vrou aan kanker
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
Akteur en regisseur Willie Esterhuizen (ook bekend as Vetkoekpaleis se Worsie) se vrou, Glen, is eergisteroggend aan kanker oorlede.




















Kommentaar
joey het gesê:
Ek is verlede jaar met borskanker gediagnoseer. Het 'n mastektomie en ook rekonstruksie gehad en nou leef ek voluit en besef hoe kosbaar die lewe is. Ek sal baie graag wil saam ry maar ek het nie 'n Harley of enige ander motorfiets nie , maar miskien eendag leen iemand vir my een en ry ek saam. Ek is intussen besig om 'n Relay for Life te reel en is baie opgewonde oor kanker bewusmaking - veral onder vroue! Geniet jul rit - ons sal vir julle bid!
14de Sep. 2010, 13:58Hyla het gesê:
Ek het nie borskanker nie, maar my droom was nog altyd om so n rit aan te pak met ander vrouens....Janie, aan jou en die ander vrouens van SA wat borskanker 'oorleef' het - baie sterkte vir julle en mag hierdie n wonderlike reis vir jul wees..(en ja, ek het ook nie n Harley nie - miskien eendag...)
1ste Okt. 2009, 09:41