Jason Hartman van Idols
Foto’s: Verskaf deur M-Net Galery
Op SARIE se Facebook het julle dit duidelik gemaak - Jason is jul gunsteling om Idols 2009 te wen. Fanie Cronjé het vinnig met hom gesels ...
Hy’s heelwat ouer as die meeste Idols-deelnemers, maar dis nie nét ondervinding wat in die 29-jarige Jason Hartman se guns tel nie –
hy’s gedrewe én baie talentvol. Dié kalant van ’n bye- en perdeplaas in KwaZulu-Natal kan sing én perform.
Wat verg dit om Idols te wen?
Konstantheid, oorspronklikheid, dissipline en eerlikheid. Wees jouself.
Stem mense vir die liedjie of vir die optrede?
’n Bietjie van alles. Die liedjie is gewoonlik baie belangrik. Maar die performance is deurslaggewend.
Sê nou jy kry nooit daai trefferliedjie waarvan almal hou nie. Hoe werk ’n loopbaan as sanger dan?
Daar is 2 soorte sangers. Die klomp wat kommersiële sukses het, en dié wat dit nié het nie. Jy soek egter daai hit song!
En waar op aarde kry jy dit?
Ek is ’n liedjieskrywer. Ek weet nie waar hulle vandaan kom nie, maar dis van ’n baie spesiale plek af.
Daardie spesiale plek sit seker op ’n baie spesifieke plek, omdat dit so moeilik te kry is!
Baie moeilik. As dit maklik was, was dit ’n piece of cake om dit in die musiekwêreld te maak.
Wie is vir jou die werklike Idol?
Heinz Winckler, die oorspronklike Idol. Ek het ook van Ezra gehou. Ek wonder wat van hom geword het . . .
Hy doen nog die rondtes in die Kaap.
Dis goed. Jody doen ook goed, en Jacques Terreblanche.
Ek glo jou naam gaan ook op daardie lys verskyn.
Baie dankie. Dis ’n mooi kompliment.
Én jy lyk soos Heath Ledger.
Ek het dit al gehoor, veral toe my hare lank en bosserig was.
Verwante artikels
-
Hoe't jy gevoel toe...
die Idols-beoordelaars jou afjak?
-
Jason Hartman oor roem, senuwees en bonsai-boompies
SARIE - Oktober 2009
-
Liezel van der Westhuizen, hoe het jy gevoel toe...
SARIE - Augustus 2009
jy hoor Jason is die eintlike Idols-wenner, nie Sasha-Lee nie?
-
Randall Abrahams (van Idols) se hartsdinge
SARIE - April 2009
Natuurlik lê musiek die Idols-beoordelaar Randall Abrahams na aan die hart. Maar dis nie al nie ...
-
Sasha-Lee Davids, Idols-finalis
Een: Sy’s R50 000 ryker. Twee: Sy’t ’n rol losgeslaan in die kykNET-sepie Villa Rosa. Dis nou nadat die Idols-finalis Sasha-Lee Davids (18) van Atlantis aan die Weskus die werklikheidsreeks Matrix* op die Afrikaanse musiekkanaal MK89 gewen het
















Kry jou SARIE oral, enige tyd