Jeremy Mansfield oor sy kanker-ervaring
Die bekende 94.7-omroeper Jeremy Mansfield het sy kankerbehandeling vir die res van die jaar gestaak omdat hy nie sy betrokkenheid by die stasie se Christmas Wish List-projek wil prysgee nie. Marguerite van Wyk het met hom gesels oor hoe hy nou voel en waarmee hy hom als besig hou.
Hoe voel jy?
Dankbaar dat die behandeling verby is, maar ek raak nog baie gou moeg.
Hoe lank het jy chemo ontvang en hoe het dit jou beïnvloed?
6 maande lank. Emosioneel moes ek baie gefokus bly op die positiewe dinge om te verhoed dat ek depressief raak. Fisiek was dit baie swaar en moes ek dinge stadig neem. Ek is 'n bietjie van 'n busy body en vind dit moeilik om stil te sit en ek moes leer om na my liggaam te luister en te kalmeer. Dit het my soms gefrusteer.
Watter lewensles het jy van dié kanker-ervaring geleer? Dit was seker 'n moeilike ''reis''.
Almal het raad. 'n Mens moet luister na jou dokter. Hy weet wat is die beste en 'n mens moet jou vertroue in hom plaas.
Het jy jou leefwyse baie verander - eetgewoontes, oefenplan - om kanker te probeer hokslaan?
Toe ek dit die eerste keer gehoor het, het ek dadelik ophou rook. Ek het nog nooit weer sedertdien gerook nie. Omtrent 'n maand gelede het 'n vriend van my 'n sigaret opgesteek en ek het hom gevra of ek 'n trek kan neem. Dit het eerlikwaar geproe asof ek 'n stuk houtskool kou wat in water geweek was. Walglik!
Hoe belangrik is dit om 'n goeie geestelike uitkyk op die lewe te hê as 'n mens kanker wil probeer oorwin? Uiteraard is dit nie moontlik om elke dag positief te wees nie. Wat doen 'n mens op die ''af''-dae?
Ek was nog altyd 'n baie positiewe persoon en dit het my baie deur die afgelope ses maande gehelp. 'n Mens moet positief bly in tye van wanhoop. Die moeilikste ding was toe ek begin vrae vra het. Dan verval 'n mens in 'n afwaartse spiraal van depressie.
By watter projekte is jy op die oomblik betrokke?
Die tyd van die jaar word oorheers deur die 94.7 Christmas Wish List. Ons vra individue om bydraes te maak vir mense in nood. Dié jaar gaan baie besig wees omdat daar so baie mense in die ekonomiese resessie is wat sukkel.
Wanneer gaan jy weer voort met chemoterapie, en is dit goed om 'n breek te neem?
Hopelik is dit iets van die verlede en hoef ek nooit weer chemoterapie te kry nie. Die intensiewe sessie wat ek gekry het, het hopelik klaargespeel met die kanker. Ek sal weer in Januarie vir toetse gaan om te sien wat die resultate is. Dan sal ons sien wat die pad vorentoe inhou.
Het die publiek en jou familie en vriende jou goed ondersteun in dié moeilike tye?
Ek was verstom deur die hoeveelheid ondersteuning wat ek ontvang het. Dit laat 'n mens besef hoe belangrik familie en vriende is. Mense het 'n Faceboek-blad, Support for Jeremy Mansfield, opgestel. Sowat 90 000 vriende het dit ondersteun.
Jy is 'n inspirasie vir baie mense, baie gewild onder ons lesers - watter raad sal jy aan mense gee wat ook 'n stryd teen kanker voer?
Vind iets goeds om vir iemand anders te doen. Dit is ongelooflik hoeveel beter jy voel en hoe dít jou help om van jou eie situasie te vergeet.
Verwante artikels
-
Aktrise Elize Cawood troef servikale kanker
Met die “krag van ’n tier’’, vriende en familie se ondersteuning en ’n goeie skoot humor het Elize Cawood servikale kanker getroef
-
Die ‘ander gesig’ van kanker
SARIE - November 2008
Sy was ’n tiener toe haar ma met kanker gediagnoseer is – ’n woord wat pyn en hartseer bring. Tog onthou Christel van Zyl van Namibië vandag haar ma se geloof, glimlag en inspirasie.
-
Doen-ding van die maand: Word 'n Cansa-vrywilliger
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
In Februarie is Wêreldkankerdag 'n kans om 'n verskil in die lewens van mense wat met kanker leef te maak. En jy kan óók help. Lees die stories van hoop deur bekendes soos Jeremy Mansfield, Janie du Plessis en ons eie blogger, Minette Stone.
-
Elize Cawood oor haar stryd teen servikale kanker
SARIE - Mei 2010
-
Jeremy Mansfield
SARIE - Junie 2009
-
Jeremy Mansfield kry 'n rol in die nuwe Toy Story 3
SARIE - Mei 2010
Dis 'n eerste vir SA! Jeremy Mansfield het op 11 Mei 2010 op sy Rude Awakening-radioprogram aangekondig dat hy die stem van 'n karakter in Disney.Pixar se Toy Story 3 gaan vertolk, berig www.highveld.co.za
-
Jul boodskappe vir Jeremy Mansfield
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
-
Kanker skuil in aartappelskyfies, bababottels
Jy weet tabakrook kan jou kanker gee. Maar aartappelskyfies, bababottels en kleefplastiek?
-
Maak vrede...
SARIE Januarie 2010
-
Roer! - Jeremy se varkrib en -lies
SARIE - Oktober 2009
Probeer Jeremy se lekker varkribbetjie met tamatie-en-brandrissie - dit mag dalk 'n bietjie brand, maar jy sal jou vingers aflek!
-
Roer! - Jeremy Mansfield se Viëtnamese slaai
SARIE - Oktober 2009
Kyk hoe lekker lyk hierdie slaai! Dis heerlik verfrissend
-
Roer! - Jeremy se Viëtnamese pannekoeke
SARIE - Oktober 2009
-
Rugbylegende Ruben Kruger sterf
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 4
Nuus24 berig dat die voormalige Springbok- en Bulls-flank Ruben Kruger (39) sy jarelange stryd teen kanker verloor het.
-
Wat geld nie kan koop nie . . .
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
-
Willie Esterhuizen verloor sy vrou aan kanker
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
Akteur en regisseur Willie Esterhuizen (ook bekend as Vetkoekpaleis se Worsie) se vrou, Glen, is eergisteroggend aan kanker oorlede.
















Kommentaar
Hannah het gesê:
Alle sterkte vir jou en God's rykste Seen vir jou en jou gesin
6de Nov. 2009, 14:37Christelle van Staden het gesê:
Sterkte vir die pad vorentoe en dankie vir die goeie werk wat jy doen vir alle mense.
4de Nov. 2009, 16:46SteveD het gesê:
Jis ou Jeremy - jy maak my deur die jaar SO kwaad as jy so met die afrikaners spot. Maar kom Chrismast wish;ist dan sit ek en huil saam met julle en word al jou "afrikaanse sondes" jou vergewe. Jy is 'n great ou.
4de Nov. 2009, 12:32Rachelle Spies het gesê:
Baie Sterkte Jeremy! Ons glo en vertrou dat God jou sal aanraak met Sy Hand van Genesing :) Ons is op die oomblik in San Diego, California..ons mis vir 94.7! Wel gedaan met die goeie werk wat julle doen vir die Christmas Wish List :)
3de Nov. 2009, 20:10Gideon P. Pieterse het gesê:
Jeremy Dankie dat jy 'n mens is met 'n groot hart. Jou humor, te midde van jou situasie, maak jou 'n held van elke Suid Afrikaner Dankie Boet. Ons staan by jou Gideon P. Pieterse
3de Nov. 2009, 19:22Retha Grobbelaar het gesê:
Daar is geen beter plek as in die holte van SY hande nie .... Die Here seen jou.
2de Nov. 2009, 23:43Susan Forret het gesê:
Jeremy jy doen sulke wonderlike werk en ek dink en bid vir jou Baie sterkte Susan Forret
2de Nov. 2009, 14:45Joey Fourie het gesê:
Jeremy, jy is 'n inspirasie vir ander en jou positiewe gesindheid is aansteeklik. Baie sterkte vorentoe en bly soos wat jy is.
2de Nov. 2009, 14:36