Jill Middlekop (Jansie in Egoli) se Kersfeesgeur
'n Denneboom.
Dit laat my aan my pa dink. Hy is vier jaar terug oorlede. Vandat ek kan onthou, het ons elke jaar 'n regte boom vir Kersfees gehad. My pa het elke jaar twee dae vóór Kersfees met die boom by ons huis opgedaag.
Hy was puntenerig oor die Kersversierings. Elke versiering het sy spesiale plek gehad. Die kleure op die boom was vir hom belangriker as die boom self. Hy was mal oor silwer en rooi balle en fyn, glinsterende drade.
Ons het na Kersliedjies geluister terwyl ons die boom versier het. Ná Kersfees het ek en my pa al die versierings versigtig afgehaal en weggepak sodat ons dit die volgende jaar weer kon gebruik. 'n Denneboom lig my gemoed. Elke Kersfees was anders omdat ons 'n nuwe boom in die huis gehad het. My pa was 'n Kersfees-freak!
Omdat Kersfees altyd so spesiaal was, het ek tot vandag toe nog elke Kersdag by my ouerhuis deurgebring.
Dié jaar gaan ek weer huis toe om dit saam met my ma te vier.
Jill Middlekop is ook 'n lid van Shine4, die SA-popgroep
Lees ook hier
In die Desember-uitgawe van SARIE onthou 'n paar bekendes die geur van Kersfees. Kyk wat Os du Randt, Robbie Wessels en Dunay Nortjé (Kurt Darren se verloofde) te sê het.
Verwante artikels
-
Eckard Rabe (Egoli se Chris Edwards) speel nou in 7de Laan
SARIE - Februarie 2010
Eckard Rabe was toe wraggies die eerste een van die ou Egoli-spelers wat deur 7de Laan opgeraap is.
-
Fanie Cronjé gaan kyk die Egoli-fliek: "Dit is nie 'n episode van Egoli nie, so kry jou kop reg"
SARIE - Junie 2010
Dit was Sondagaand die premiere van Franz Marx se film, Egoli: Afrikaners is Plesierig.
-
Jul Kerswense
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 6
-
Os du Randt se geur van Kersfees
SARIE - Desember 2009
-
Robbie Wessels se geur van Kersfees
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 2
-
Shaleen Surtie-Richards oor Egoli
SARIE - April 2010
















Kommentaar