Juanita Daniel het die "beste werk op aarde"
Foto’s: Daniella Midenge Galery
Juanita Daniel, internasionale kreatiewe direkteur en regisseur en veldaanbieder van De Kat-joernaalprogram op SABC3, verklap.
“Ek en my broer Louw, ’n stilis, het altyd ‘konsert’ gehou en my ouers moes gereeld kom sit vir nog ’n ‘opvoering met musiek, choreografie en uitrustings’,” vertel Juanita, wat deesdae in Düsseldorf, Duitsland, woon.
Vandag beskou sy haarself steeds as storieverteller in hart en siel wat haar deur verskillende platforms en mediums kan uitleef. Sy doen die regie vir modevertonings en werk saam met ontwerpers aan die konseptuele uitbeelding van uitrustings en die ontwerp van stelle, musiek, beligting en choreografie.
“Ek reis gereeld, soveel as moontlik. Dis stimulerend om myself op nuwe, onbekende plekke te bevind en blootgestel te word aan kulture, tale en leefwyses. Ek het twee jaar gelede hierheen verhuis van Johannesburg af en werk oor die hele Europa, Amerika en die Ooste. Ek wil alles sien en hoor!”
In New York het sy onlangs saam met die sangeres Grace Jones gewerk, asook met die supermodelle Alek Wek, Liya Kadebe en Lakshmi. (Hulle verdien sowat 100 000 dollar − sowat R700 000 − vir een verskyning op die loopplank!)
“In Indië het ons ’n hele paar Bollywood-sterre op die loopplank gehad in Tarun Tahiliani se modeskou, waarvan ek die regie gedoen het. Hy is net so bekend soos Rohit Bal, die ‘Dior’ van Indië, wie se ontwerpe ook daar vertoon is.”
Juanita is besig met ’n uitdagende geldinsamelingsprojek vir die Rostropovich Foundation in Londen, waarby musikante soos Sting, Norah Jones, Katie Melua, Yo-Yo Ma, Nigel Kennedy en Mick Jagger betrokke is.
“Deur my werk word ek dikwels blootgestel aan die crème de la crème. Die modelbedryf is glitz and glam. Ek word vervul deur menslike interaksie. My werk is uiters sosiaal en kreatiewe stimulasie op die hoogste vlak. Die heel lekkerste is die uitdagings wat dit aan my stel om met unieke idees vorendag te kom wat ’n visie verwesenlik. Ek raak kinderlik opgewonde elke keer wanneer ’n droom werklikheid word.” Juanita se man, Pieter, konsertviolis en dirigent, ondersteun al haar passies. Ook haar “koketterige” hond, Lulu, is altyd bly om haar te sien, maak nie saak hoe lank sy weg was van die huis nie.
“My huis is soos ’n rustige hawe. Maar die son van Afrika brand in elke Suid-Afrikaner se hart, en vriende en familie wat ver is, bring gereeld ’n sentimentele droefheid oor my. Die voordeel om iemand te kan sien of spontaan hallo te soen is nie iets wat ’n mens ooit sommer moet aanvaar nie.
Verwante artikels
-
10 dinge waaroor Juanita du Plessis droom + sy wys haar foto's
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 4
In 'n vorige SARIE-artikel deel Juanita met lesers die 10 dinge wat sy nog wil doen
-
Colin Cowie: "Die beste werk op aarde"
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
Die meeste van ons is alte bly die werkjaar staan einde se kant toe. Maar vir ander is dit heeljaar vakansie op kantoor... Soos vir die internasionale partytjiebeplanner, Colin Cowley
-
Help, ek kan nie meer huishou nie! ‘n Butler gee raad
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
Dis werk, kinders grootmaak en dan moet jy nog die huis ook probeer reghou. Hier’s jou antwoord: Ons het ‘n bobaas-butler die kuns gaan afvra. Maar eers vertel hy van sy tyd saam met Uma Thurman
-
Nico en Christi Panagio: 'Ons het movie love'
SARIE - Februarie 2008 | Kommentaar: 2
Vir ’n dag is sy sirkus toe. Tussen die vuurblasers, sweefartieste en towenaars was dit sý wat die aandag getrek het. Sy wat die kollig beset het
-
Rolanda toor met ons vintage-voorblaaie
SARIE - Julie 2009
Byna 60 jaar later is gister se glans vandag se modes. Dit lyk kompleet asof Rolanda Marais uit 'n vintage-SARIE-voorblad stap - speels, stylvol, sjarmant. Maar kyk mooi, dis nóú se voorkoms.
-
Te oud vir jou werk? Hier's raad
SARIE Maart 2010
-
Wenke vir jou werk-strategie
SARIE - Februarie 2010
















Kommentaar