Julia Roberts se mooiste foto's vir 'Eat, Pray, Love' - sy praat oor Botox
Foto’s: Carter Smith, www.elle.com Galery
Julia Roberts is op die September-voorblad van ELLE-tydskrif (internasionaal). Hiervoor is Eat, Pray, Love-geïnspireerde foto's geskiet. Kyk net die foto's!
JULIA OOR...
haar man Danny Moder en haar gesin: "Die kinders is die verskietende sterre van wat ons saam het. Hoe gelukkig is ons nie dat ons mekaar so liefhet dat ons in 3 kleiner stukke verdeel het nie."
haar toneelspel: "Ek't nie 'n tegniek nie. En daar's sweerlik min dinge so vervelig soos 'n klomp akteurs wat rondsit en oor toneelspel praat."
Botox- en plastiese chirugie-trends in Hollywood: "Dis jammer dat ons in so 'n paniekerige samelewing moet lewe waar vroue hulself nie eens die kans gun om te sien hoe hulle as ouer vroue sal lyk nie. Ek wil darem weet hoe ek gaan lyk wanneer ek ouer is voor ek begin planne maak om jonger te lyk. Ek wil hê my kinders moet weet wanneer ek omgekrap, gelukkig of verbaas is. Jou gesig vertel 'n storie, en dit moenie 'n storie oor jou pad na die dokter wees nie."
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Eat, Pray, Love-voorprent
Verwante artikels
-
Eat Pray Love–parfuum!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
As mense nóú van Eat, Pray, Love praat, moet daar gevra word: “Die boek, die rolprent of die parfuum?”
-
Julia Roberts die nuwe gesig van Lancôme
SARIE Januarie 2010
Die skoonheidsreus Lancôme het pas aangekondig dat aktrise Julia Roberts hul nuwe internasionale ambassadeur vir 2010 is. Want as dit kom by mooi, wat meer wil jy hê as die oorspronklike Pretty Woman.
-
Julia Roberts oor haar hoofrol in Eat Pray Love
SARIE - Oktober 2010
-
Julia Roberts se beste skoonheidsraad
SARIE - Mei 2010
"Om jou wimpers te krul en jou wenkbroue gepluk te hou. Dit kan jou voorkoms dramaties verander. En wat van om net gelukkig te wees? Ek glo hoe jy oor jou lewe voel, gaan op jou gesig wys." - Julia Roberts, aktrise
-
Julia Roberts se hare en lippe
SARIE - Mei 2010
Jy hoef nie 'n Hollywood-ster te wees om Oscar-mooi te lyk nie!
-
Julia Roberts sê nee vir Botox!
SARIE Augustus 2010
Sy's 42 en die nuwe gesig van die skoonheidshuis Lancôme.
-
Julia Roberts: Om te eet, bid of lief te hê
-
Steve Hofmeyr oor die fliek Eat, Pray, Love
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Wat het Steve van Julia Roberts se nuutste fliek gedink...





























Kommentaar
swaeltjie het gesê:
Ek kan nie regtig sien hoe die foto's deur "Eat, pray, love" geinspireer is nie of mis ek iets?
8ste Okt. 2010, 15:53Anita Reyneke het gesê:
Julia was nog altyd my gunsteling aktrise en sy is die pragtigste vrou wat altyd glimlag. 'n Ware legende!!!
23ste Sep. 2010, 13:12clerisa het gesê:
Sjoe maar sy lyk darem pragtig vir n ma van 3 kinders
15de Sep. 2010, 14:40AMANDA FOURIE het gesê:
BAIE BAIE MOOI FOTO'S. MOET SE BAIE MOOI VROU. SY LYK ALTYD MOOI, MAAR DIT IS STUNNING.
15de Sep. 2010, 12:41