Karlien van Jaarsveld oor die manne in haar lewe
Foto’s: Aubrey Jonsson Galery
Toe haar ouers geskei is, was Bobby daar vir haar. Vandag is hy haar pêl en beskermer, en dan is daar ook haar rugby-Liefling . . .
Dis ’n vrolike Karlien wat vandag hier sit. Platteland, die rolprent waarin sy einde verlede jaar haar debuut as aktrise gemaak het, was ’n wegholsukses en haar debuutalbum, As die gordyn val, het platinumstatus gehaal. Dit beteken meer as 40 000 mense het haar CD gekoop.
“Dis crazy, dis baie cool. Ek het rêrig gehoop vir goud, maar platinum is bo my verwagting. My ma het my gebel met die nuus. Ek wou skree, maar ek wou nie vir Derick wakker maak nie. Hy’t op die bank gelê en slaap. Ek het gedog ek droom.”
Droom soos in “Sweet dreams, baby” ja. Dis een van die liedjies op daardie platinum-album, en dan natuurlik ook haar groot treffer, “Jakkals trou met wolf se vrou”.
Maar haar gunsteling-liedjie is “Beter as liefde” waarin sy sing: “Daar’s niks beter, beter as liefde nie.”
Daarom het ons Karlien spesiaal vir Valentynsmaand uitgevra oor die manne in haar lewe, vir wie sy die heel liefste is. En hier is hulle, die een ouliker as die ander . . .
OOR LIEFLING DERICK
“Gewoonlik soek ek my spasie, maar nou wil ek net heeltyd by hom wees.” Sy glimlag vredig. “Ek glo mos elke vrou is uit ’n man se sy gemaak, en ek voel ek is uit Derick se sy gemaak, net soos Eva uit Adam se sy gemaak is.”
OOR BROER BOBBY
“I loooove him,” roep sy uit toe ek Bobby se naam noem. “Nee, jô, my broer is amazing vir my.”
“As Derick nie hier is nie, kuier ek omtrent elke aand by hulle. Annatjie maak vir ons kos,” sê sy laggend, “want ek maak nie kos nie!”
OOR BABA SION
Bobby en Annatjie se knapie is in Oktober verlede jaar gebore en Karlien was dadelik verlief.
“Ek is gek oor hom. Ja, mal.” Vir Bobby het sy nog nooit so oorstelp gesien nie. “Sy gesig was bloedrooi gehuil.”
En nou is Karlien so broeis as kan kom.
“Toe hulle in die hospitaal met die baba uitkom, toe’s ek freakin’ depressed, toe wil ek net ’n baba hê. Elke keer dat ek by die hospitaal weg is, was ek so hartseer dat ek net wou huil. Dan bel ek vir Derick en sê: ‘Ek soek ’n babaaaa.’ ”
OOR PA BOB
“Ons persoonlikhede is baie dieselfde. Ek was nog altyd sy prinsessie. Daar’s niks wat hy nie vir my sal doen nie. ”
In ’n stadium in die onderhoud bel Bob haar en sy lag bly.
“Hy speel vir my ‘Jakkals trou met wolf se vrou’,” fluister-verduidelik sy en groet daarna: “Oukei, Pappa, ek’s ook lief vir Pa.”
* Lees die volle onderhoud met Karlien in die Februarie 2012-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 16 Januarie 2012 te koop). Sy gesels oor seks voor die huwelik, haar geloof, haar ouers se egskeiding en meer.
* Haar liedjie, Sonder Jou, is ook ingesluit op die CD, 2012 se Grootste Liefdestreffers, wat GRATIS saam met jou Februarie-uitgawe versprei word.
- Hare Karen van Wyngaard
- Grimering Marilyn du Preez
Verwante artikels
-
2012 se grootste liefdestreffers GRATIS!
SARIE Januarie 2012 | Kommentaar: 13
Spesiaal vir jou saam met die Februarie-uitgawe van SARIE. Kry vandag joune!
-
Al die Ghoema-musiekwenners 2012
SARIE Maart 2012 | Kommentaar: 1
Steve, Bobby, Karlien, Sarah - hulle was almal wenners by die eerste Ghoema-musiektoekennings wat gisteraand (11 Maart) by Carnival City in Johannesburg gehou is. Hierdie toekennings-geleentheid vereer Afrikaanse musiek
-
Geluk! Karlien van Jaarsveld en haar 'Liefling' is verloof
SARIE April 2012 | Kommentaar: 6
Die sangeres Karlien van Jaarsveld is verloof! Derick Hougaard, voormalige Springbok en Blou Bul, het haar gisteraand gevra om met hom te trou en sy het “ja” gesê.
-
Karlien se ring soos Heidi Klum s’n
SARIE April 2012 | Kommentaar: 27
Internasionale model Heidi Klum se verloofring is plaaslike sangeres Karlien van Jaarsveld se inspirasie vir die ontwerp van háár verloofring.
-
VIDEO: Kuier agter die skerms met Karlien + sy verklap haar gunstelinge
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 3
Toe haar ouers geskei is, was Bobby daar vir haar. Vandag is hy haar pêl en beskermer, en dan is daar ook haar rugby-Liefling. Sy's op die Februarie 2012-uitgawe van SARIE.
















Kommentaar
Eloise Smit het gesê:
n pragtige foto, van n regte dame!
20ste Jan. 2012, 16:04