Kitte van Binnelanders (Jürgen Hellberg) oor sy toekoms, snaaksste oomblik en gunstelinge
Foto’s: verskaf Galery
Kitte (Jürgen Hellberg) is pas uit die gewilde sepie Binnelanders. Sy omstrede dood het kykers laat naelskou. Lou-Ann Stone gesels met Jürgen oor sy uittrede en toekomsplanne.
- Hoe lank het jy die rol van Kitte in Binnelanders gespeel?
Presies vier jaar en vier dae. - Hoe voel dit om nou die stel met al sy mense en herinnerings te verlaat?
Ná vier jaar is dit 'n bietjie vreemd om nie meer dieselfde gesigte te sien nie, maar Binnelanders was 'n werk, nie my lewe nie. So, dit was nie 'n emosionele ervaring nie. Ek het saam met 'n goeie produksiespan, bestuur, tegnici, skrywers en akteurs (en die make-up-dames, natuurlik . . . Hallo, Angie en kie) gewerk. En dit was lekker! Maar die lewe gaan voort en wat verby is, is verby. Die film-, TV- en teaterbedryf is egter maar klein, so 'n mens loop mekaar in elk geval die heeltyd raak. Ek was eintlik bly dis klaar want daar is baie ander dinge wat ek wil doen. - Wat was een van jou beste of snaaksste oomblikke op stel?
Oudtshoorn, verlede jaar. Ons was besig met 'n tegniese repetisie vir Binnelanders Buiteweste en dis maar altyd 'n stadige proses. Ek en Franci Swanepoel (Toeks in Binnelanders) was agter die verhoog en haar sigarette was voor in die saal. Sy móés net rook, en toe vat sy skelmpies een van Nadia (Pippa in Binnelanders) se prop-sigarette, met die idee om dit later te vervang. Wat sy vergeet het, is dat die sigarette op 'n stadium gedurende die vertoning ontplof. En nog voor ek haar daaraan kon herinner, het sy die ding aangesteek en 'n lang trek gevat. En toe ontplof dit! Sy het só gegil soos sy skrik, ek het gedink ons sal die vloer moet skoonmaak. - Hoe lyk jou toekomsplanne? Wat beplan jy als?
Ek en my vrou, Shireen Hollier (ons is al sedert 1982 saam), het ons eie besigheid, Flying Pigs. Ons fokus is op nywerheidsteater, winkelsentrum-vermaak, vermaak vir geleenthede, branded body art en Live Brand Communication. Ek het ook 'n bemarkingsbesigheid. Dan is daar natuurlik ook 'n paar TV-projekte waarmee ek besig is, maar tot die finansiering daar is, bly dit net voorleggings en niks om oor opgewonde te raak nie. Wat acting betref: Ek is nie op soek na werk nie, maar ek is altyd oop vir idees. As ek 'n aanbod kry sal ek daarna kyk. Maar dis nie 'n waarborg dat ek ja sal sê nie.
Jürgen se gunstelinge
Fliek: Blues Brothers
Boek: Barrier of Spears, R.O. Pearce
Kos: Hoender-brijani (The Durban version an all)
Vakansieplek: Die Kaap is koel, asook die KZN-kus. Maar my hart lê in die Drakensberge.
Musiek: Rock (Santana, Led Zepplin, Pink Floyd, ens.), jazz, blues en klassieke musiek.
Verwante artikels
-
Akteur Erik Holm en sy suster maak 'n avontuurprogram
SARIE - Junie 2010
"Daar is nie vir my grense nie, al is ek 'n kwadrupleeg!"
-
Coenie de Villiers se gunstelinge
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 2
-
Fanie gesels met Michelle Pienaar, Binneland Sub Judice se Yvette
SARIE September 2010
Sy het bekend geword nadat sy 'n Egoli-wedstryd in SARIE gewen het. Toe verdwyn sy 'n ruk om ma te word van Joshua Peter Crosson, nou 9 maande oud. Haar terugkeer na TV is as Yvette Stuurman in die sepie Binneland Sub Judice.
-
Lindie Stander (Elise in 'Binnelanders') se lewensreëls
Die gewilde aktrise Lindie Stander het stil-stil verloof geraak aan die vrou wat “binne vyf minute my voete onder my uitgeslaan het”. Hier deel sy haar lewensreëls.
-
Oor sepies se sedes
SARIE Januarie 2010


















Kommentaar