Kurt se nuwe lyf + sy dieetgeheime
Nie net het die Kaptein van Afrikaanse musiek se nuwe treffer-CD 'n goue toekenning gekry nie, maar hy spog ook met 'n maerder lyf.
As mens kyk na die foto’s wat saam met sy twiets op Twitter verskyn, is Kurt die toonbeeld van nuwe gesondheid. Hy lyk maerder, en mense kan nie uitgepraat oor hoe hy lyk nie.
"Ek wil nie plankdun lyk nie, maar dankie, ek wil gesond lyk. Gedurende die jare het ek gesukkel met rugprobleme. Ek is by 'n plek DBC wat my nou help met rugoefening. Hulle help veral met strekoefeninge sodat ek lekker aktief kan wees."
Hy stap ook baie, by die huis, op sy plaas. En op die lughawe en by die werk sal ek eerder trappe klim as om die hysbak te gebruik. Elke bietjie help om daardie kalorieë te verbrand.
En ja, hy kyk beslis wat hy eet.
Botter en brood is iets van die verlede. Hy drink báie water, geen koeldrank nie, miskien af en toe vars vrugtesap en mín alkohol. "Ek was nooit `n groot drinker nie. Maar Brutal Fruit en Bacardi Breezers waarvoor ek altyd so lief was, is nét suiker. Ek vermy dit nou. Nou drink ek af en toe wyn saam met vriende in die Kaap."
Hy en Dunay eet steeds lekker uit. "Ander ouens raak vet as hulle trou, ek verloor gewig. Dunay is trots op my dat ek dit op die gesonde manier doen. Sy moedig my aan om reg te eet. Gesond eet is vir haar ook belangrik. Ek was vandag by Select Musiek se Kersparty in Johannesburg. Maar vanaand gaan Dunay vir ons hoenderborsies en groente maak."
Gesondleef is 'n verandering in jou kop, reken Kurt. En hy voel "fantasties".
"Ek het al die goeie raad by die eienaar van Bains Game Lodge in Bloemfontein gekry. Hy was `n loods en het baie gesonde eetgewoontes. Hy het ook hierdie gesonde groentesop resep. As ek soms bietjie oortree het, dan begin ek Maandagoggend met `n koppie sop wat ek by hom kry. Moenie my vra wat daarin is nie."
Ski-toer
Kurt se lyf is gereed vir die celeb ski-toer van 21 tot 28 Januarie (saam met nou reeds 80 mense wat op Facebook en Twitter op die advertensies gereageer het, maar daar is nog báie plek) na St Johann in die Tirool in Oostenryk. Dunay, die sanger Elvis Blue en voormalige rugbyspelers Naas Botha en Bobby Skinstad gaan saam en Snocomber borg die glansmense.
"Ek het nog nooit geski nie en ek en Dunay gaan ons eie ski-instrukteur hê. Ek is mal oor uitdagings en is verskriklik opgewonde," sê Kurt.
Kurt het ook sowat 'n maand gelede begin met helikopterlesse. "Dis moeilik, maar fantasties om alleen in die lug jou eie besluite te neem en stel ook uitdagings aan 'n mens se lyf."
Verwante artikels
-
'n Lyf soos Jennifer Aniston: stap-vir-stap
SARIE Desember 2011
Jennifer Aniston (42) se lyf is slank en gespierd, maar steeds vroulik. Hoe kry sy dit reg?
















Kommentaar
Sarie Odendaal het gesê:
Die korrekte spelling is- vietser. Dit beteken in Engels - smart, spruce,
11de Jan. 2012, 10:06Denise Lloyd het gesê:
Kurt is net een van die bekendes wat die afgelope paar maande deur Christo Strydom van Bains se gesonde eetpatroon gehelp is. VAATJIE, van Mollie & Wors faam het ook altesaam 13 kg verloor en Hennie Smit (Egoli se Bertie) en die sanger Gerrie Pretorius 5 kg elk. Die jongste sukses-storie is dié van SOPHIA LOOTS van Goodwood. Sy is die vrou wat aan Elefantiase ly en oor wie HUISGENOOT (27 Okt p179 - "My Lyf, my Tronk" geskryf het.Die dokters het gesê sy moet ten minste 50 kg verloor, voordat hulle sal oorweeg om te opereer om die "gewasse" af te sny. Sophia het die afgelope twee en 'n half weke 14 kg verloor en ook vir die eerste keer in vier jaar, 'n paar tree gegee. 'n Week nadat sy met die eetpatroon begin het, het sy haar eerste tree gegee en stelselmatig gevorder totdat sy 12 tree agter mekaar gegee het. Die Elefantiase het haar aan haar bed gekluister gehou, maar noudat sy besig is om gewig te verloor, het sy kans gesien om weer te begin loop. Besoek gerus www.pfep.co.za (onder konstruksie) en die facebook p.f.e.p.
30ste Nov. 2011, 20:39sanet het gesê:
Mooi so Kurt, waar 'n wil is, is 'n weg, jy lyk baie goed, doen so voort!!
30ste Nov. 2011, 13:28Petro het gesê:
Ek hoop net van die ander sangers wat nou so vet geword het, gaan Kurt se voorbeeld volg!
30ste Nov. 2011, 11:42Nadia het gesê:
W Bowden - Fietser: maerder :)
30ste Nov. 2011, 11:15Alta Cooeln het gesê:
Kurt lyk sommer stunning het hom Maandag by die Ofm Carols by Candlelight gesien. Well done Kurt!!
30ste Nov. 2011, 10:51Ai Tog! het gesê:
Bowden, is jy 'n onderwyser? En Cynthia jou kommentaar klink nie lekker nie... Julle mense is darem so negatief oor alles...
30ste Nov. 2011, 09:50W Bowden het gesê:
Nie seker wat fietser beteken nie? Bedoel julle FIKSER nie FIETSER!?
30ste Nov. 2011, 09:23cynthia het gesê:
Kurt lyk goed maar ek sal ook nie 'n ysbak gebruik om in te ry nie, (Hy stap ook baie, by die huis, op sy plaas. En op die lughawe en by die werk sal ek eerder trappe klim as om die ysbak te gebruik) dit is hopeloos te koud
30ste Nov. 2011, 08:54wendy het gesê:
kurt en dunayek wens julle net die beste toe julle is twee voorbeeldige mense en geniet julle ski trippie ..
30ste Nov. 2011, 06:58