Lady Lea uit Survivor SA, sy praat met SARIE
Die platejoggie Lady Lea se gees was gebreek toe sy uit Survivor SA: Santa Carolina gestem is. Maar haar ervaring op die eiland was ook goed omdat sy van haar demone gekonfronteer het, het sy vir Charis Labuschagne vertel.
Wat het deur jou kop gegaan toe jy tydens die tribal council sien Darren het die immunity idol?
Ek was geskok, maar ek het nie gedink ek is die volgende een om afgestem te word nie. Ek het nie eens al my goed na die tribal council toe gevat nie. Ek het op 'n stadium die immunity idol in my hand gehad, maar ek het nie besef wat dit is nie!
Hoe het jy gevoel jy toe jy afgestem is?
Ek was baie kwaad. Ek het gevoel ek was getrou aan die mense wat my uiteindelik afgestem het. Darren het vroeër na my toe gekom en voorgestel ons moet saamspan om die sterk stamlede uit te stem. Ek het na Ashley en Louw toe gegaan met hierdie inligting en hulle het my steeds uitgestem. Ek het gevoel hulle het my verraai. Toe Nico my vlam dooddruk, het ek nie eens vir my stam gekyk of hulle gegroet nie. Ek het net my goed gevat en geloop.
Is jy nou nog kwaad?
Ek's nie meer so erg ontsteld nie, maar toe ek die episode kyk waar ek uitgestem is, het ek gehuil. Toe ek op die eiland was, het dit gevoel of dit al is wat ek het. Ná net 11 dae het ek vergeet ek het 'n lewe daarbuite. Ek dink dit was hoekom ek so ontsteld was toe ek afgestem is.
Wat het jy geleer op die eiland?
Die rugstekery het my oor mense laat dink. Ek het bietjie van my vertroue in mense verloor. Dis nogal jammer.
Jy was baie sterk in die uitdaging waar jy met water op jou rug moes staan.
Ek dink dis oor al die jare dat ek plate in en uit klubs moes dra. Ek is fisiek sterk. Ek oefen in 'n gimnasium soveel ek kan. Ek het nog altyd.
Hoekom het jy deelgeneem?
Dit was 'n goeie geleentheid om publisiteit te kry, maar ek het ook deelgeneem om van my eie vrese te oorkom. Ek is as kind gespot omdat ek oorgewig was en ek het steeds kwessies oor my lyf. Ek het besluit ek wil sonder grimering, in 'n bikini, selluliet en al, voor die TV-kameras wees. Ek wou vir myself en die land wys wie ek is. Ek was verras om te sien dat ek nie so sleg op TV gelyk het soos wat ek gedink het ek sou nie. Jy sien jouself mos soms in 'n slegter lig as wat ander jou sien.
Ek het besef dis nie die maerste meisie of man wat die beste gebou is wat altyd oorleef nie. Christina Storm het van die eiland afgeloop en Garth Collins is eerste afgestem. Ek het ná Survivor besluit om nie so hard op myself te wees wanneer dit by liggaamskwessies kom nie.
Wat het jy die meeste gemis?
'n Skoon stel klere en my kat, Akira. Ek eet nie eintlik sjokolade nie, maar op die derde dag het iemand van 'n Bar One gepraat en ek kon dit vir die res van die tyd nie uit my kop kry nie!
Verwante artikels
-
Cindy uit Survivor, sy praat met sarie.com
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 15
-
Craig Jacobs uit Survivor SA - hy praat met sarie.com
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
-
Darren Maule uit Survivor, hy praat met SARIE
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 3
-
Gladiator Garth Collins uit Survivor SA - hy praat met SARIE
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 6
-
Survivor SA, episode 5: Agter die skerms
SARIE - Februarie 2010
In die vyfde episode van Survivor SA: Santa Carolina kom daar 'n skeuring in die stamme. Die mense wat alliansies gevorm het, begin teen mekaar draai.
-
Survivor SA, episode 6: "Opwindendste een nog!"
SARIE - Februarie 2010
-
Van 7de Laan tot Survivor - Nico Panagio bly koelkop
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Op Top Billing is hy die ene gepoleerde sjarme, maar die eiland van Survivor SA is bepaald nie die glanswêreld nie. Vir aanbieder Nico Panagio was dit erger én lekkerder as wat hy ooit kon dink...
-
Wat jy nie van Nico Panagio geweet het nie
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 3
Nico verklap sy gunstelinge en 'n paar ander geheime.


















Kommentaar