Lee-Anne Liebenberg se skoonheidswenke
Foto’s: verskaf Galery
Die bekende model Lee-Ann Liebenberg deel haar skoonheidsgeheime.
Eet
Baie rou vis, veral salm. Dit werk veroudering teen.
Oefen
Ek gaan gimnasium toe wanneer ek 'n kilogram of twee aangesit het. Ek hardloop of stap op die trapmeul. Dit hou my fiks en maak my kop skoon
Vel
My ma het my van kleins af goeie velsorg geleer. Soggens en saans reinig en bevog ek my vel (my bevogtiger is ook 'n sonskerm) en ek gebruik oogroom. As my vel leweloos lyk, wend ek 'n gesigmasker aan en ek gebruik een keer per week 'n afskilferroom om die porieë oop te maak. En elke dag 'n lyf-vogroom. Ek probeer uit die son bly, behalwe as ek op 'n eiland is vir werk! Noudat ek 25 is, is dit selfs belangriker om aandag aan my lyf en gesig te gee. Ek beloof myself gereeld ek sal vir 'n gesigbehandeling gaan, maar ek kry nie altyd tyd nie. Dis eintlik 'n móét.
Wenk Vermy te veel alkohol. Dit bevat baie leë kilojoules.
Verwante artikels
-
Julia Roberts se beste skoonheidsraad
SARIE - Mei 2010
"Om jou wimpers te krul en jou wenkbroue gepluk te hou. Dit kan jou voorkoms dramaties verander. En wat van om net gelukkig te wees? Ek glo hoe jy oor jou lewe voel, gaan op jou gesig wys." - Julia Roberts, aktrise
-
Lee-Ann Liebenberg se baba-dogter gebore
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Gia van der Walt is hier!
-
Luke Watson word pa
SARIE - November 2010
Luke Watson, kaptein van die Engelse klub, Bath, asook voormalige Springbok-flank, en sy vrou, Elaine het 'n baba-dogtertjie ryker geword, berig Nuus24.
-
SHOUT SA - Danny K, Steve, Kurt, Karen Zoid en ander sing teen geweld
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 2
Ná die sinnelose dood van Lucky Dube het die SA musikante Danny K en Kabelo besluit tot hiertoe en nie verder nie en die SHOUT-projek begin. Talle bekende SA musikante is genader om die Tears for Fears-treffer Shout van die 80's op te neem.
-
Só bly hulle mooi
SARIE - Januarie 2009
Hulle skitter in die kollig en bekoor met hul skoonheid. 5 Glansvroue verklap hul mooiblygeheime – spesiaal vir die nuwe jaar
-
Wenkbroue wat wink
SARIE Augustus 2010
Vorm jou wenkbroue stap-vir-stap só.
















Kommentaar