Lwazi uit MasterChef SA: "Ek is 'n mommy's boy"
Die Johannesburger Lwazi Mngoma is tydens gisteraand se episode van MasterChef SA uitgestem. Een van sy grootste uitdagings het gelê in iets so klein soos ’n kwartel-eier, vertel hy.
Waar kom jou liefde vir kos vandaan?
Vreemd genoeg het ek in kos begin belangstel nadat ek vir die eerste keer pasta geproe het. Ek dink ek was tien jaar oud. Ek het toe net pap en rys geken. Maar toe ek daardie pasta proe, het ek besef daar is soveel meer aan kos. Ek kan nie presies onthou waar ek was toe ek dit geproe het nie. Ek dink my ma het dit een keer vir middagete bestel en ek het ’n hap by haar gevat. Van toe af wou ek net pasta eet.
En wie het jou geleer om te kook?
As kind het ek baie tyd saam met my ma in die kombuis deurgebring. Ek is ’n mommy’s boy. Ek het altyd gekyk na elke stap wat sy gevolg het om ’n gereg te maak – sy het eers die olie in die pan gooi, dan die uie en tamatie ... Só het ek geleer wat om in die kombuis te doen.
Wat was die grootste uitdaging van MasterChef?
Die feit dat ons omtrent alles self moes maak. Ek is gewoond daaraan om sommer hoender-aftreksel van die rak af te koop. Tydens MasterChef moes jy dit letterlik maak. Dis ook moeilik om in ’n kombuis te werk wat jy nie ken nie. In jou eie kombuis weet jy waar alles is en jy kan kombuisgereedskap gryp sonder om te dink waar dit is. Maar die grootste uitdaging was om met bestanddele te werk wat ek glad nie ken nie, soos kwartel-eiers en artisjokke. Ek weet nie eers waar om ’n kwartel-eier te koop nie! Ek het groot hande. Probeer nou ’n kwartel-eier met sulke hande oopbreek!
Het jy enige kosplanne vir die toekoms?
Ek reis baie vir werk. Ek wil graag ’n pop-up-restaurant oopmaak en gourmet-kos, soos varsgemaakte pasta, in townships voorsit.
Vir watter beoordelaar was jy die bangste?
Vir Pete. Hy is ’n perfeksionis en wou gehad het ons almal moes ons beste lewer. En hy was nie subtiel daaroor nie.
Verwante artikels
-
Charles én Fortune uit MasterChef, hy gesels
SARIE April 2012
Dit het Dinsdagaand gelyk asof die beoordelaars van MasterChef SA net een deelnemer die trekpas gaan gee. Maar nadat hulle Fortune Kangueehi uitgestem het, het hulle ’n skok-aankondiging gedoen dat nog ’n deelnemer huis toe gaan...
-
MasterChef SA: Pretoria se Berdina uitgestem
Dit was gisteraand die einde van die Pretorianer Berdina Schurink se pad in MasterChef SA. Maar dit is lank nie die einde van haar agter die kospotte nie. Sy het onlangs haar eie restaurant in Pretoria oopgemaak.
-
Ons speel MasterChef
SARIE KOS Apr/Mei 2012
Drie MasterChef SA-hoopvolles; ons kosredaksie; drie identiese mandjies met geheime bestanddele (en ’n wilde perd daarby); en ’n skamele uur om met ’n meesterstuk vorendag te komwaarmee hulle die beoordelaars se hart en tong kan steel . . . Dis tyd vir SARIE KOS se Wil Kook, Kan Kook-uitdaging!













Kommentaar