Mandla van '7de Laan' gesels: "Ek het beter leer Afrikaans praat"
Foto’s: verskaf Galery
Die spitsvondige en ywerige joernalis Mandla (Freedom Hadebe), die een wat al wat scoop is, uitsnuffel is mal oor sy rol in die SABC2-sepie 7de Laan.
Hy het met Marguerite van Wyk gesels oor onder meer lewenslesse wat hy by dié sepie geleer het, hoekom hy trots is om daarin te speel, en hoe Mandla se karakter gegroei het . .
Wat is die waardevolste lewensles wat jy by die hoofvervaardiger, Danie Odendaal, geleer het?
Mkulu (Danie), het ons geleer hoe om perfeksioniste te wees, nederig te bly met ons voete plat op die aarde en hoe om stelsels te skep wat vir ons werk.
Wat was die lekkerste deel in jou vertolking van die karakter Mandla tot op hede?
Ek het sover elke oomblik geniet. Mandla is só veelsydig en dinamies en glo sterk in goeie waardestelsels en etiek. Met elke storielyn word iets nuuts oor hom verklap - ek doen dikwels dinge wat ek, as Freedom, nooit, ooit self sal doen nie.
Hoe het Mandla se karakter oor die jare heen gegroei?
Hy was aanvanklik die toegewyde ondersoekende joernalis en nou is hy in die band ''Naamloos''. Hy is al deur baie dinge: lekker partytjie-tye, vriendskappe, 'n huwelikseremonie en hy weet hoe om sy vrou, Alyce, as hoofprioriteit in sy lewe te stel. Sy ''reis'' was baie interessant en ek is lief vir elke tree wat ek moet loop.
Dink jy 7de Laan vervul 'n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse gemeenskap?
Ja, ek het al in die land rondgereis en baie gesien en gehoor wat mense daarvan dink. Dit hanteer aktuele kwessies en diskrimineer nie teen mense op grond van geloof, ras of geslag nie. Onderwysers raai kinders by skole aan om daarna te kyk omdat dit hul Afrikaans kan verbeter. Ek het baie beter leer Afrikaans praat sedert ek daarin optree, as mens in ag neem dat ek eintlik 'n Zoeloe is. Wat sal 'n aand wees sonder 'n wandeling in die Laan, koffie in Oppiekoffie, 'n bietjie klere-inkopies in die boetiek en die nuutste nuus van die Hillside Times? Jip! Nie dieselfde nie!
Hoekom is jy trots daarop om 'n lid van die 7de Laan-span te wees?
7de Laan is 'n gevestigde, huishoudelike naam en 'n goeie handelsmerk. Hoeveel mense kan sê hulle werk vir 'n goeie brand en hulle geniet hul werk? Wel, ék kan!
Verwante artikels
-
'7de Laan' se Maria oor haar uitdagings in die Laan
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
Maria (Themsie Times), Oubaas en Hilda se huishulp, het al in die kykers van die SABC2-sepie 7de Laan se hart gekruip.
-
7de Laan se Diederik praat reguit
SARIE - April 2010
Hennie Jacobs, oftewel 7de Laan se Diederik, het met Marguerite van Wyk gesels oor hoe dié sepie Afrikaans en rasseverhoudings in Suid-Afrika bevorder.
-
7de Laan se Lukas se benoudste oomblik op stel
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
-
7de Laan se Zinzi oor haar lewe in die Laan
SARIE - April 2010
Die Oppiekoffie-kelnerin Zinzi Kheswa, vertolk deur die aktrise Caroline Jacobs in die SABC2-sepie 7de Laan, is `n tipiese jongmeisie wat hou van optof in mooi klere, vrolike partytjies, konserthou en sy neem graag deel aan kompetisies.
-
7de Laan word 10! Felicity gesels oor die lief en leed op stel
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 3
7de Laan beteken vir my ... ondersteuning.
-
7de Laan word 10! Kom kuier agter die skerms saam met sarie.com
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
In die Mei- 2010 uitgawe van SARIE wys ons eksklusiewe foto's van die Laners - soos nog nooit! Hier op sarie.com vat ons jou agter die skerms na ons Kaapstad- en Johannesburg-fotosessies met jul gunsteling 7de Laan-akteurs
-
Elma Postma: "Ek, Bertha (Emma) en Quinne (Connie) was na aan mekaar"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
"'n Glimlag, lieflike mense en 'n goeie grondslag. Dis lekker om as oud-Laner saam verjaardag te vier."
-
Marius Weyers gesels oor Tim Jordaan en die Laan
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
-
Nina, Nico en Robert - Só onthou ons die Laan
SARIE - Mei 2010
George, Wilmien en Zac vertel...
-
Oubaas van 7de Laan deel sy gunsteling-sêgoed
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 30
Die sê-goed van 7de Laan se Oubaas (Pierre van Pletzen) is legendaries. Kyk wat het hy al kwytgeraak.
















Kommentaar