Claire Johnston van Mango Groove verklap haar gunstelinge
Trek jou dansskoene aan – Mango Groove is terug! En sáám met hulle hul “Special Star”, Claire Johnston.
Claire is al deel van Mango Groove vandat sy 17 jaar oud was. In haar matriekjaar het die groep pas begin. Hulle het ’n voorsanger gesoek en haar sangonderwyser, Eve Boswell, gekontak om te vra wie haar beste sangstudent is. Dit was toe Claire.
Die groep beplan om in Maart met ’n landwye toer te begin om vir Suid-Afrikaners te laat weet Mango, soos sy liefderik na die groep verwys, is terug met ’n bang.
Wat is haar gunsteling-oomblik uit haar Mango Groove-dae?
"Om vir die eerste keer in SA in ’n stadion te kon optree staan uit, en ook toe ons dit kon regkry om die Standard Bank-arena sewe keer ná mekaar vol te maak! Dit was ook wonderlik om oorsee te kon optree. Elke keer wanneer my wildste drome oortref word, is groot."
Sy deel haar ander gunstelinge met SARIE:
KOS Pasta
DRANKIE Gin en dry lemon of rooiwyn
LIEDJIE “Every breath you take” van The Police
PLEK IN DIE WÊRELD OM OP TE TREE Definitief in SA. Ek dink Johannesburg.
GUNSTELING-WEGBREEKPLEK Enige plek in die Bosveld of Plettenbergbaai
Claire kuier op M-Net se All Access
* In die Maart-uitgawe gesels SARIE met Claire. Vanaf Maandag 8 Februarie te koop.
Verwante artikels
-
Anna Davel linger 'n bietjie met 'n liedjie
“Ek is mal oor die veertigerjare, die look, die musiek, die hele vibe. Die era het vir my ‘n elegansie, ‘n romantiek met iets magies.” Anna Davel se nuwe CD linger longer bevat hoofsaaklik liedjies uit dié era. Phyllis Green het haar uitgevra
-
Claire Johnston, Mango Groove
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 1
-
Claire Johnston: Terug met 'n "bang"
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Trek jou dansskoene aan – Mango Groove is terug! En sáám met hulle hul “Special Star”, Claire Johnston. Hier vertel sy van haar hoogte- én laagtepunte.
-
Emo Adams verklap...
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 6
Sy liefde vir Afrikaanse musiek het met ’n Steve Hofmeyr-liedjie begin. Vandag praat Emo Adams op die verhoog die universele taal van lag en musiek. Hy verklap sy gunstelinge.
















Kommentaar