Marita van der Vyver se 2010: 2 boeke, 'n rolprent, 'n toneelstuk
Foto’s: Lien Botha Galery
Marita van der Vyver is op die oomblik in die Kaap. Besig met hope nuwe projekte Marguerite van Wyk het met haar gesels.
Hoekom het jy besluit om die Kaap te besoek?
Dis 'n blitsbesoek vir werk, werk, werk. Die hoofdoel was om saam met die vertaler aan die Engelse vertaling van my nuwe roman te skaaf. Die Afrikaanse titel is Dis koue kos, skat en die Engelse titel Just Dessert, Dear en albei sal vroeg in Mei uitgegee word. Dit breek my hart om in hierdie fantastiese somerweer heeldag vasgekluister in 'n woonstel te sit en werk, veral as ek dink hoe aaklig die Europese winter vanjaar is en dat ek oor 'n paar dae weer terug in daardie bevrore omgewing gaan wees.
Met watter projekte hou jy jouself besig?
Die eerste paar dae was volgeprop met onderhoude, fotosessies en promosiewerk vir vyf verskillende projekte waarby ek vanjaar betrokke is. Nog nooit in my lewe het ek so baie ysters gelyktydig in die vuur gehad nie.
Hiermee is Marita besig...
- Ek gee vanjaar ook 'n régte kosboek uit (al klink my roman soos 'n kosboek, bly dit 'n roman) met die titel Somerkos in Provence. Dis 'n baie mooi koffietalfel-kookboek vol kosstories, onpretensieuse, eenvoudige resepte met vars, Mediterreense bestanddele wat ook in Suid-Afrika beskikbaar is, foto's van vriende wat om tafels vol kos kuier.
- En dan publiseer ek ook later vanjaar 'n persoonlike keur uit die Grimm-sprokies met die allerlieflikste illustrasies deur Piet Grobler.
- Plus kykNET maak 'n rolprent van my jeugroman Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom waaroor ek heel opgeklits is.
- Die KKNK bied 'n toneelverwerking aan van my roman Vergenoeg met Sandra Prinsloo in die rol van die ma, Adele Botma.
So jy kan verstaan dat ek sê ek was te besig om selfs soos gewoonlik Suid-Afrikaanse koerante en tydskrifte te lees en televisie te kyk en in die winkels rond te slenter. Die hoogtepunt vir my is om Tafelberg op 'n wolklose bloulugdag te sien, soos elke keer as ek in Kaapstad kom.
Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika in die vreemde?
Die mense wat ek liefhet.
Hoe voel jy elke keer as die vliegtuig land op Suid-Afrikaanse bodem?
Tuis. Maar as die vliegtuig ná die kuier weer in Marseille in Frankryk land, voel ek ook weer tuis. Ek het nou twee wêrelddele waar ek tuis voel.
Is jy beïnddruk met die nuwe, opgeknapte Kaapstad Internasionale lughawe soos hy nou daar uitsien (met die oog op die Wêreldbekersokker-byeenkoms later vanjaar?)
Ek het nie opgemerk dis opgeknap nie. Ná sowat 24 uur op lughawens en in vliegtuie was ek so sat dat ek soos 'n slaapwandelaar gevoel het.
As jy in Suid-Afrika is, wat koop jy altyd om saam te neem terug Frankryk toe?
Volgraanbeskuit en boeke vir myself en biltong vir die res van die gesin - insluitend my man se Franse seuns wat amper nog meer versot is op biltong as my Afrikaanse kinders.
Is dit vir jou lekker om weer Afrikaans te kan praat, terug in Suid-Afrika?
Ek praat elke dag met my kinders Afrikaans, so ek mis dit nie om Afrikaans te praat nie - maar dis wel wonderlik om so baie Afrikaans orals om my te hoor.
Hoe inspireer Suid-Afrika jou kreatiewe siel?
Ek voel soos 'n blom wat water kry as ek hier kom. Suid-Afrika voed my wortels, al is my stingels en blare heel tuis in 'n ander land.
Bestel Marita van der Vyver se boeke op Kalahari.net
Word ook 'n lid van Marita se Facebook-groep
Verwante artikels
-
Afrikaanse flieks blom
Daar was jare laas ’n Afrikaanse fliek met ’n mooi, romantiese storie, en die laaste musiekfliek is 30 jaar gelede uitgereik. Maar skielik praat die silwerdoek weer Afrikaans!
-
Afskeid en vertrek
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 1
Vroeër vanjaar het SARIE ’n klomp bekendes gevra om hul matriekafskeidfoto’s vir ons te wys.
-
David Nicholls en Sarah Blake wen Exclusive Books-pryse
SARIE September 2010
David Nicholls en Sarah Blake het elkeen 'n 2010 Exclusive Books Boeke Prize gewen.
-
Deurnagdans
SARIE - Desember 2009
Jare gelede het ek besluit ek doen nie meer Oujaarsaand nie. Nee, dankie, kuier julle maar sonder my verder, skiet die vonkelwynproppe en die klappers, sing lustig saam met vriende en vreemdelinge “Sal ons ou kennisse ooooit vergeet . . . “
-
Koningin Rania skryf haar eie kinderboek
SARIE - Oktober 2010
Koningin Rania van Jordanië is 'n koninklike, advokaat, ma en filantroop wat nou haar eerste kinderboek vrygestel het.
-
Marita van der Vyver blog: Skep 'n slag asem
SARIE September 2010
Sjoe! En nog 'n sjoe. Ná vyf dae op die pad en met altesaam vyf episodes 'in die blik' kry ek vandag 'n kans om by my eie huis tot verhaal te kom.
-
Marita van der Vyver oor haar weersin in sokker en rugby
SARIE - Junie 2010
-
Marita van der Vyver: "Soveel streke, soveel soene"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
In Frankryk word die mond slegs vir romantiese en erotiese soene benut.
-
Om te oorleef
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
En daar sit ek toe gisteraand, skaars vyf tree van die verhoog, in die antieke Romeinse amfiteater in Lyon – die oudste teater in Frankryk! – geheel en al meegevoer deur ’n sangeres wat ek al dekades lank bewonder
-
SA kosskrywers wen groot
SARIE - Desember 2010
Pieter-Dirk Uys se alter ego, Evita Bezuidenhout, se eerste kookboek het onlangs die lig gesien, nes Marita van der Vyver s'n. En albei is wenners!
-
Soos die sonbesies
SARIE - Oktober 2009
Terwyl ek hier sit en skryf, juig die sonbesies vlak voor my venster omdat dit somer is in Provence
-
Via Afrika-toekennings: 2010 se wenners
SARIE Augustus 2010
Vanjaar se Via Afrika-literêre toekennings is in Kaapstad gehou. Eben Venter en Elsa Joubert was onder die wen-skrywers wat die funksie bygewoon het














Kommentaar
Lindi van Niekerk het gesê:
Dit is nie 'n reeks nie - dit is 'n fliek wat in Augustus 2010 in rolprentteaters vertoon word.
1ste Jul. 2010, 11:55Brenda het gesê:
Weet iemand wanneer KykNet Marita se ' Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom ' gaan begin uitsaai ?
27ste Jan. 2010, 07:44