Marita van der Vyver se hartsdinge

Deur Carina Stander, SARIE - Februarie 2009

Marita van der Vyver se hartsdinge Foto’s: Carina Stander Galery

Dis nou al 10 jaar dat Marita van der Vyver nesskop in Provence. Hier wys sy vir die eerste keer gunsteling-plekke in haar buurdorp, Vaison la Romaine, waar sy dikwels kom – haar eie dorp bly haar “wegkruipplek”

MY STRAATJIES

Foto regs: Hier’s ek in Vaison la Romaine se Cité Médiévale.

Laventel is oral!

“Die lappe laventelveld is so pers dat dit lyk asof derduisende  botteltjies kristalviolet uit ’n vragvliegtuig geval het.” Laventel is inderdaad oral!

Die straat waarin ons woon

Ons woon ook in ’n Rue de l’Église (Kerkstraat). Die meeste mense op my dorp weet nie ek’s ’n skrywer nie!

Sels die straatlampe is vol romantiek

Selfs die straatlampe is vol romantiek.

MY SPEELPLEK

Fontein in Vaison la Romaine

Fontein in Vaison la Romaine

Op &aposn uitstappie na die Gallo-Romeinse ruïnesDie Gallo-Romeinse ruïnes

Ek was een van die ma’s wat moes bystaan toe Mia se skool ’n uitstappie na die Gallo-Romeinse ruïnes gehad het vir die vak Antieke Geskiedenis. Die kleintjies het lekker gegiggel oor die antieke toilette en baddens.

Cité MédiévaleCité Médiévale

Cité Médiévale: Toe my seun Daniel jonger was, het ons mekaar in dié ommuurde Middeleeuse stad op die heuwel rondgejaag en Dracula gespeel. Só maak ’n mens die geskiedenis interessant vir ’n kind.

MY LIEFDES

Ek het &aposn swak vir sjokolade

Ek het ’n swak vir sjokolade! Ek maak ’n draai by die chocolatier wanneer ek blou of vrolik voel, troos soek of iets wil vier. 2

My gunsteling-restaurant

Elf jaar gelede het ons my eerste Franse verjaardag saam met my sus Hanna en vriend Koos by dié restaurant langs die rivier gevier. Hulle is net sulke smulpape soos ek.

Ek is &aposn obsessiewe leser

Ek’s ’n obsessiewe leser. Dié winkel stal soms boeke op die sypaadjie uit. In my eerste jaar oorsee het ek ál my boeke hier gekoop. Nou bestel ek dit oor die internet. Afrikaanse slaaptydstories is steeds die geheime wapen waarmee ek my kroos lief maak vir die taal. Jare later onthou hulle steeds die slaaptydritueel.

Ek&aposs lief vir antieke mooigoed

Ek’s lief vir antieke mooigoed, al kan ek dit selde bekostig. Eintlik lewe ek nogal beskeie hier in Frankryk, aangesien ek ook maar in rande betaal word.

Dié versteekte kerkbinnehof is my stil wegkruipplek

Dié versteekte kerkbinnehof is my stil wegkruipplek. Kyk, skryf is nie altyd lekker nie. Ek wroeg om dit te laat lyk asof die woorde maklik kom. To make it seem seamless, soos Herman Charles Bosman sou sê.

MY KOS

Sampioene in die herfs, truffels in die winter

Saterdae besoek ons die vars produktemark. Hier’s sampioene in die herfs, truffels in die winter, aspersies en kersies in die lente, aarbeie en spanspek in die somer.

Oral is bakkerye!

In Frankryk spog die onbenulligste gehuggie met ’n bakkery. Soggens eet ons croissants en loop met ’n Franse fluitbrood (baguette) onder die arm.

Ons gunsteling-kaas is Mont d’Or

Ons gunsteling-kaas is Mont d’Or. Dit beteken “heuwel van goud.” Dis ryk en romerig met ’n donsige bo-laag en ’n effense pienk skynsel. Ons eet dit almal saam met teelepels uit die ronde houtboksie waarin dit kom.

Dié swart Nyons-olywe kom uit ons streek

Dié swart Nyons-olywe kom uit ons streek en is my gunsteling.

Lees ook Marita van der Vyver se SARIE-rubrieke hier

Verwante artikels

Galery

  • Marita in Vaison la Romaine se Cité Médiévale
  • Op 'n uitstappie na die Gallo-Romeinse ruïnes
  • Laventel is oral!
  • Ek is 'n obsessiewe leser
  • Ek het 'n swak vir sjokolade
  • Cité Médiévale
  • Cité Médiévale
  • Fontein in Vaison la Romaine
  • Sels die straatlampe is vol romantiek
  • Ons gunsteling-kaas is Mont d’Or
  • Dié versteekte kerkbinnehof is my stil wegkruipplek
  • sr0902marita_20_.jpg
  • Sampioene in die herfs, truffels in die winter
  • Dié swart Nyons-olywe kom uit ons streek
  • My gunsteling-restaurant
  • Die Gallo-Romeinse ruïnes
  • Die straat waarin ons woon
  • Ek's lief vir antieke mooigoed
  • Oral is bakkerye!

Kommentaar

Web Development by FormFunction