Marius Weyers gesels oor Tim Jordaan en die Laan
Foto’s: verskaf Galery
Noem die naam Tim Jordaan (vertolk deur die veteraan akteur Marius Weyers), en 'n paar vroue begin snork van woede. Want dis mos die vermetele Tim wat sy dienende Linda (vertolk deur Elsabé Daneel) met die uitgeslape Gita McGregor (Jo da Silva) verkul het. Marguerite van Wyk het met hom gesels - ook oor wat hý by die jong akteurs geleer het in 7 de Laan...
Jy kon sekerlik vir die jong klomp baie oor toneelspel leer, maar wat het jý by hulle geleer?
Hoe lekker dit was om jonk te wees, met alles wat nog voorlê, soet én suur. Ook hoe toegewyd hulle is en hoe goed hulle die multikamera werk hanteer.
Lekkerste oomblik op die stel?
Ek en Jo was baie benoud oor ons eerste soentoneel. Dít en die daaropvolgende tonele was toe eintlik baie lekker. En ons vind toe dat ons baie goed saamwerk en 'n magic kon vind tussen Gita en Tim. En ook die samespel met die ander akteurs was 'n lekker ontdekking en ondervinding.
Hoekom geniet jy dit om in dié sepie te speel?
Dis baie aangename mense om mee saam te werk. Die omstandighede is professioneel en die werk word met sorg benader.
Wat dink jy is 7 de Laan se invloed op die Suid-Afrikaanse samelewing?
Ek was verstom oor die reaksie van die publiek. Die mate van erns waarmee hulle die karakters bejeën. Die sepie het duidelik enorme vermaaklikheidswaarde, maar ook die vermoë om te ontstel, te leer en die mense te laat práát.
Wat is die grootste uitdaging om in die sepie te speel?
Die voerband van dialoog wat jy daagliks in jou kop moet inprop. Mens voel net: ''Dankie tog ek het deur daai vier of vyf tonele gekom, sonder skande.'' - Dan moet jy weer die volgende tekste optel.
Die wysste woorde wat jy by Danie Odendaal, die vervaardiger, gehoor het?
Toe hy vir my aan die begin gesê het: ''Jy het nie 'nbenul hoe nou die publiek met die stories en die karakters saamleef nie.'' En veral toe hy vir my sê: ''Jy kan 'n langnaweek hê, gaan huis toe.''
Verwante artikels
-
7de Laan word 10! Felicity gesels oor die lief en leed op stel
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 3
7de Laan beteken vir my ... ondersteuning.
-
7de Laan word 10! Kom kuier agter die skerms saam met sarie.com
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
In die Mei- 2010 uitgawe van SARIE wys ons eksklusiewe foto's van die Laners - soos nog nooit! Hier op sarie.com vat ons jou agter die skerms na ons Kaapstad- en Johannesburg-fotosessies met jul gunsteling 7de Laan-akteurs
-
Flooze vanaand terug op 7de Laan - sy gesels met sarie.com
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 14
Sy gesels oor die Flooze se Hoezit my Tjomma-toer, Neef Gert en haar nuwe CD.
-
Kies jou gunsteling SARIE-voorblad met 'n 7de Laan-ster
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 66
SARIE het oor die jare talle 7de Laan-akteurs op die voorblad gehad. En nou kan jy 5 sterre vir jou gunsteling-voorblad gee
-
Mandla van '7de Laan' gesels: "Ek het beter leer Afrikaans praat"
SARIE - Mei 2010
Die spitsvondige en ywerige joernalis Mandla (Freedom Hadebe), die een wat al wat scoop is, uitsnuffel is mal oor sy rol in die SABC2-sepie 7de Laan.
-
Marius Weyers se gunstelinge en foto's uit sy loopbaan
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 6
Hy is eers klaar met 7de Laan en nou kan Marius Weyers terug keer na die see, sy alomteenwoordige huismaat. En terug na sy vrou, Evette, wat die kluisenaar in hom verstaan.
-
Ons glansmense wys hulle troufoto's
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 3
Van ons glansmense dink terug aan hul troudag met vriende, nuwe skoonouers en vlinders op die maag – en ja, ’n paar blapse. Bekendes soos Marius Weyers, Fourie du Preez en die menslike 'ysbeer', Lewis Pugh, wys hulle foto's
-
Oubaas van 7de Laan deel sy gunsteling-sêgoed
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 30
Die sê-goed van 7de Laan se Oubaas (Pierre van Pletzen) is legendaries. Kyk wat het hy al kwytgeraak.
















Kommentaar
Janeane het gesê:
Ag man 7de laan is bakgat want daar is altyd iets anders. Tot die flooze is snaaks, tannies trek daai wortel en ontspan! Dis net n sepie lol
17de Apr. 2010, 15:59Sam Oosthuizen het gesê:
Swarts, ek glo nie iemand is in 'denial' nie. Nee, 7de Laan is veronderstel om 'n gesins program te wees, maar dit vaal liederlik daarin. Soos Amanda tereg opmerk, hulle party die heeltyd, is elke aand na werk in die klub vir 'n dop en dit is geensins hoe die lewe is nie. Ek weet dit is nie die werklikheid nie, maar hoe jongmense dit ervaar en ook ons wat nie sulke lewens lei of wil lei nie, is belangrik. Ja, wanneer Flooze verdwyn, sal 7de Laan stukke beter wees.
16de Apr. 2010, 15:37swarts het gesê:
die flooze is my star. mense moet stop om in denial te wees en preuts te wees vir niks. Ag eks so bly julle het haar teruggebring.
16de Apr. 2010, 10:33Amanda het gesê:
Ek hou glad nie van Flooze nie. Sy laat al die vrouens common voel en sy dra haar belaglik.Sy drink te veel en hou haar sommer net plein weg "tappet" Ek weet dit is haar karakter, maar dit pas nie by haar nie. Ek geniet glad nie nou die 7de laan op die oomblik nie. Wanneer Flooze verdwyn, sal ek dit weer geniet! Verder is al die ander karakters puik! Hou so aan 7de laaners. Maar kyk of julle net so bietjie kan minder "party" en dink bietjie en knap julle christelike lewe as "karakters" ook bietjie op.
15de Apr. 2010, 10:46Sam Oosthuizen het gesê:
Waarom moes die simpel Flooze weer teruggebring word? Sy is banaal verby en soms selfs gewoon vieslik. Deesdae is daar menige tonele en episodes wat so platvloers is, dat ek en my vrou liewer afskakel. Jare terug was 7de Laan werklik iets om te geniet, nie meer nie.
15de Apr. 2010, 07:25lenie ackermann het gesê:
baie dankie mense. My dag is nie n dag sonder 7de laan nie. naweke is te lank om te wag tot Maandag. Ek wil net vir julle almal se julle is uiters puik.Wonder maar net wanneer word Gita se baba nou eendag gebore want sy loop vir ewig. Liefde en groete. Lenie Ackermann
14de Apr. 2010, 15:07