Marius Weyers se gunstelinge en foto's uit sy loopbaan
Foto’s: Neville Lockhart Galery
Hy is eers klaar met 7de Laan en nou kan Marius Weyers terug keer na die see, sy alomteenwoordige huismaat. En terug na sy vrou, Evette, wat die kluisenaar in hom verstaan.
Hier is al sy gunstelinge:
Kos:
Evette was jare lank ’n vegetariër en ek het later by haar aangesluit. Ons hou nou soesjiale aande van ons is mal oos soesji. Een van ons groot rituele is om saam kos te maak. Vegetariese kos kan baie vervelig raak as jy dit nie interessant maak nie. Enigiets wat ons saam kook, is my gunsteling. Ek geniet dit ook om vir myself te kook. Oral waar ek gaan speel, vra ek of daar ’n plek is waar ek vir myself kan sorg.
Drank:
Dit was vir jare wit wyn maar die afgelope 10 jaar geniet ek ’n chardonnay saam met my kos. Kos sonder wyn is, is bloot funksioneel. Kaapse weer, see en mistigheid en rooiwyn.
Fliek:
Atonement, Children of men, Pan’s Labyrinth
TV:
Al die lekker ou flieks op TV. Ons gaan eersdaags vir ons ’n eie rolprentkamer inrig met ’n lekker wye doek, goeie klank en sagte stoele.
Akteurs:
Joan Allen, Martin Sheen
Beste eienskap:
Dat ek nie dink aan wat my beste eienskap is nie.
Boeke:
Deon Meyer se Spoor , The girl with the Dragon tattoo. Boeke wat jou meevoer en jou kort-kort laat opspring en skree: Nee, nee moet nie dit doen nie!
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Verwante artikels
-
Marius Weyers gesels oor Tim Jordaan en die Laan
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6

































Kommentaar
MARIE-LOUISE SCOTT het gesê:
DIT IS JAMMER MAAR SAL OK WEES AS HY VIR GITA OPLAAI EN LANGS DIE PAD IN NERENS AFLAAI...
18de Feb. 2011, 08:37Ina Botha het gesê:
In Kafka se "Letter to the Academy" was hy manjifiek.
16de Feb. 2011, 16:13Nita Cilliers het gesê:
Ons verlies(hopelik net tydelik!) is Evette se wins. Geniet dit Marius en Evette!
16de Feb. 2011, 13:47Petro Doman het gesê:
Ja nee, die man is soos goeie rooiwyn. Word net beter met die ouderdom en hy is ook nogal sag op die oog. Dis nou jammer dat hy uit 7de Laan gaan!
16de Feb. 2011, 10:27Hannalie Bosman het gesê:
Ek het met Marius Weyers groot geword hoofsaaklik maar TV maar as Tim in sy pak klere lyk hy darem alte netjies!
16de Feb. 2011, 10:26Rene van Wyngaarden het gesê:
Marius Weyers het in my hart ingekruip baie jare gelede toe hy Die rol van 'n tandarts se assisstent gespeel het.Hy het 'n boggelrug gehad, sy 'smok' was vol bloed en hy het sy naels met die boor skoongemaak. En jammer genoeg het ek hom nooit in sy grootste rol sien speel nie. Wie kan ooit sy Ampie vergeet? En. . . en. .. en.... Nee, hou maar die Colin Firths en al die ander sogenaamde grotes. Vir my is daar net Weyers!
16de Feb. 2011, 09:14