Melanie du Bois, Felicity van 7de Laan: "Moet ek 'n baba aanneem?"
Foto’s: Phyllis Green Galery
Melanie du Bois vertel van een van die moeilikste besluite wat sy nog moes neem
“Ek en my man, Regi, moes onlangs besluit of ons ’n kind gaan aanneem. Ons wil graag nog ’n kind hê, maar die in vitro-bevrugting wat ons vir ’n tweede kind probeer het, was twee keer onsuksesvol. [Sy het vier jaar gelede ’n dogtertjie, Roxy, gehad, ook ná in vitro-bevrugting.]
Ek gesels gewoonlik met ’n klomp mense voordat ek ’n groot besluit neem. Baie van die mense met wie ek gesels het wat al kinders aangeneem het, het positiewe ervarings gehad.
Regi was ook reg om ’n kind aan te neem. Maar toe ek daaroor moes besluit, het my gut vir my gesê ‘nee’. Ek het gevoel as ons ’n kind aanneem, maak ek die deur toe om my eie kind te hê. Ek vat gewoonlik my tyd voor ek ’n besluit neem. Dis hoekom ek en Regi sewe jaar gewag het om te trou!
Ek wil soveel moontlik inligting hê voordat ek groot veranderinge aan my lewe maak – ek wil al die voordele en nadele teen mekaar opweeg.
Ek voel wanneer ek dan ’n besluit neem, is die kans kleiner dat ek ná die tyd spyt gaan wees. As ek eers ’n besluit geneem het, hou ek daarby. Met die aanneming was dit een van die min kere dat ek my instink vertrou het.
Ek dink dit is omdat dit so ’n emosionele saak was. Uiteindelik het ons teen aanneming besluit, en ek is tevrede dat dit reg was. Dalk verander ek van plan in die toekoms. Vir nou gee ek al my aandag aan Roxy.”
Verwante artikels
-
'Ons kan nie kinders hê'. Bekendes vertel
SARIE November 2011 | Kommentaar: 9
Die Pasella-aanbieder Paul Rothmann het onlangs sy hart oopgemaak oor die stremming wat vrugbaarheidsbehandeling op sy huwelik geplaas het. Hulle is nie alleen nie, maar hoe verwerk jy die hartseer?
-
7de Laan word 10! Felicity gesels oor die lief en leed op stel
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 3
7de Laan beteken vir my ... ondersteuning.
-
Melanie du Bois se hoop, vrees en lewenslesse
SARIE - April 2009 | Kommentaar: 15
Sy het ná twee buisswangerskappe in vitro-bevrugting ondergaan – en ’n dogtertjie ryker geword. Noudat Roxy groter is, doen Melanie (Felicity van 7de Laan) dit weer.
-
Melanie du Bois: My in vitro-dagboek (deel 3)
SARIE - Junie 2009
Die opwinding en my groot teleurstelling...
-
Melanie du Bois: My in vitro-dagboek (deel 4)
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 8
In vitro-bevrugting is vir Melanie du Bois (Felicity van 7de Laan) ’n emosionele pad. Ná ’n onlangse miskraam skraap sy moed bymekaar en probeer weer. Vir haar is dit nou ‘D-dag’
-
Melanie du Bois: ‘Ek bly akteur – baba en al’
SARIE - Oktober 2006
Sy maak haar reg vir haar gróótste rol. Maar 7de Laan se Melanie Du Bois gaan nie stil-stil verdwyn nie.
-
My in vitro-dagboek - Melanie du Bois
SARIE - Mei 2009 | Kommentaar: 15
Die onsekerheid, spanning, trane, en dan die vreugde ... Nadat sy met behulp van in vitro-bevrugting ma van klein Roxy geword het, stap Melanie du Bois (Felicity van 7de Laan) nou weer dieselfde pad. Sy hou vir SARIE dagboek
















Kommentaar
Vondeling het gesê:
Jy, 'n dogtertjie, is op 21 Junie 1964 gebore en eenuur die nag in bitter koue, nakend, tussen struike langs 'n gruispad in 'n gegoede nuwe Port Elizabethse woonbuurt gevind. As jy jou biologiese familie sou soek, sal jy hulle bitter moeilik vind, indien ooit, want jy beskik oor geen rekords nie, maar alles is nie verlore nie, daar is dalk hoop.
14de Aug. 2011, 21:07Karin het gesê:
@ Mellie - as jy iets nie wil lees nie, moenie. En moet ook nie daarna kommentaar daarop lewer nie. Ons moet aanvaar dat nie elke liewe berig of artikel in 'n koerant vir one bedoel is nie. Selekteer dit wat jy wil lees en ignoreer die res.
22ste Jul. 2011, 15:31Armosyn het gesê:
@Marie, jammer om die bietjie van jou ervaring te lees jong. Groot liefde en hugs vir jou ou kinta. X
22ste Jul. 2011, 12:10Armosyn het gesê:
Ek het aangeneem, en dis heerlik. My seun is nou 7 en in graad een. Hy sukkel so bietjie op skool, maar ons pak dit met liefde aan en het hom by arbeids en spraak terapeute om hom te help om by te hou. Dit is n groot pressure van my af dat ek nie hoef te kompeteer met ander mas of kinders nie. Ek hoef nie te bewys dat my gene wonderlik is, en my kind moet dit verteenwoordig nie. Ons vat my kind se pas, en solank hy bybly in die klas is ons happy. Ons het geen onnodige druk op hom of verwagtinge van hom nie. Hy is so n happy chappy persoon, dis ongelooflik. En maak verskriklik maklik maats. Almal is lief vir hom. Boonop het hy ADHD. Wat ek goed verstaan, want ek het dit toevallig ook. Ek ruil hom vir geen biologiese kind nie. Melanie, as jy dit nie wil doen nie, moenie. Maar as een skielik jou pad langs kom, weet ek met sekerheid jy sal ook nie nee se nie;-)) Moenie jou lewe te ingewikkeld dink nie. Wees bietjie spontaan ook met jou besluite. Dit kan groot pret afgee.
22ste Jul. 2011, 12:06Mellie het gesê:
Ilse Nee ek het nie kinders nie, en sou ook baie graag wou hê, dit is waarom ek so geantwoord het, nie om snaaks te wees nie, maar omdat dit so hartseer is, dit 'n persoonlike saak is wat jy sekerlik nie met die wêreld wil deel nie. Ek huil baie dae en dink as ek sou kon, maar nou ja, elkeen van ons ervaar dit mos anders. Jammer dat ek so kras geklink het.
22ste Jul. 2011, 11:16Rache het gesê:
moenie oorhaastig wees nie, Bid en Glo God sal antwoord wanneer die tyd reg is.
22ste Jul. 2011, 10:34Annelize het gesê:
Ons het ook aangeneem, en alhoewel dit 'n op die ingewing van die oomblik besluit was, was dit DIE EEN besluit in my lewe, waaroor ek nog nooit spyt was nie, inteendeel, ek is elke dag net al hoe dankbaarder. Ons het 'n kind van ons eie, hy is al 10, en dan die 2jarige outjie, wat ek net so lief het soos my eie kind. My aanneemkind het dalk nie rekmerke op my lyf gelos nie, maar daar is ordentlike rekmerke op my hart!
22ste Jul. 2011, 09:29Ilse het gesê:
@Mellie, ek neem aan jy het 'n span kinders, seker dié dat jy nie verstaan nie. As mens voor so groot besluit staan is mens so desperaat en alleen en probeer mens soveel as moontlik opinies en inligting inwin. En vir die wat wil weet, ek en my man is ook kinderloos en stap self die pad van vrugbaarheidsbehandeling, negatiewe uitslae en al die hartseer wat daarmee gepaardgaan. Melanie, ek bid vir jou en baie sterkte met die groot besluit wat jy en jou man moet neem.
22ste Jul. 2011, 08:38Joan het gesê:
Mel, God weet vir wie om kinders te gee en vir wie nie, as Hy wil he jy moet 'n 2de kind he sal Hy dit vir jou gee op sy tyd. Los maar eers die aanneming. Geduld !!!
22ste Jul. 2011, 07:17Marie het gesê:
Ek het in 'n huis grootgeword waar die ouer kind die eie kind is ek ek die aangenome swartskaap. Ouers moet berading en hulp kry voor hul kinders aanneem. Sterkte
22ste Jul. 2011, 06:13Mandy het gesê:
Melanie ons het ook aangeneem, my seun is al 30 en my dogter 27 jaar oud, ons kleinkind is 3 jaar oud, ek sal hulle nie vir 10 kinders van my eie veruil nie, ek het hulle diep uit my hart lief.
21ste Jul. 2011, 17:22Theresa het gesê:
Melanie, ek se ook, moenie moed op gee nie, die Here sal vir jou 'n kind gee wanneer Hy reg is, maar hou aan met die behandeling, jy sal die resultate sien, sterkte :)
21ste Jul. 2011, 15:34Mellie het gesê:
Ek is regtig nou nie snaaks nie, maar wat het dit met die land te doen wat sy wil doen. Dit is mos 'n persoonlike besluit, en niks met niemand te doen nie! Sterkte in elk geval.
21ste Jul. 2011, 14:24charmaine het gesê:
Ja jy mag maar 'n ou kindjie aanneem ek het my engelkind net liewer elke dag en sal haar vir niks prysgee nie.
21ste Jul. 2011, 12:00Mariana het gesê:
Hi Melanie, ons het aangeneem en nog nooit teruggekyk nie. My aanneem seun het ook nou deur in-vitro `n pragtige dogtertjie ryker geword. Na sy aanneming het ons self 2 van ons eie kinders gehad. Baie sterkte en geniet jou dogtertjie.
21ste Jul. 2011, 10:48elbe het gesê:
Melanie, moenie moed opgee nie! So baie vroue het al die in vitro pad met groot sukses geloop. Vra die Here om jou hartsbegeerte te vervul en Hy kan dit vir jou laat gebeur. Ook met in vitro.
21ste Jul. 2011, 10:45