SARIE-redakteur Michélle van Breda verklap haar gunstelinge
Foto’s: Clinton Lubbe Galery
Sy's redakteur van die grootste glansvrouetydskrif in SA. Sy verklap 'n paar geheime.
Haar idee van sexy? Johnny Depp. “Hy’s eksentriek, maar as hy in Hollywood op die rooi tapyt in sy aandpak verskyn, is hy pure ouwêreldse sjarme. Ek dink mans wat my die meeste aantrek, is manne met mag. Mans met sterk persoonlikhede.”
En in pakke.
“Kyk nou vir Bill Clinton en Barack Obama. Hulle lyk goed in ’n pak, het albei ’n fantastiese sin vir humor, is intelligent en natuurlike sprekers. My soort man!”
Stylvolste vrou? Mmm . . . As jy gevra het die mooiste sou ek gesê het Sophia Loren. Niemand lyk soos sy nie.
Stylvolste man? Tom Ford
Kies: Blou, rooi of bruin? Blou.
Kies: Berg, see of koringland? Koringland.
Kies: 4x4, stasiewa, sedan? 4x4. (Haar motor is ’n Toyota RAV4, silwer.)
Kies: Radio of TV? Mal oor albei.
Plek in SA? Die Overberg.
Oorsee? Mmm . . . Parys.
Watter plek/land móét jy nog besoek? Kuba, verskriklik graag.
Dier? Sjoe, ek dink ’n luiperd.
Trooskos? Enigiets met ’n sous. Kaassous, tjoklitsous.
Jy sê dikwels? “Dis fantasties!”
Beste raad gekry? Ongetwyfeld wat Izak de Villiers vir my gesê het toe ek SARIE-redakteur geword het: “Gee van jouself.”
Beste raad gegee?
Die verskil tussen doodgewoon en buitengewoon is passie.
5 dinge wat jy nie van haar geweet het nie...
1. Sy’s doodbang vir slange!
2. Sy kan nie rigting hou nie, sy verdwaal.
3. Haar kollegas en vriende noem haar Mich.
4. Sy hou van boks.
5. Sy sou graag, as sy weer kon begin,
vir CNN wou werk.
Agter die skerms by Michélle se fotosessie
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
- Hare Karen van Wyngaard met Osis-produkte
- Grimering Lesley Whitby met M.A.C
Verwante artikels
-
Geluk, SARIE!
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 7
Uit alle oorde is SARIE se 60 goue jare besing. Het jy ook 'n verjaardagwens vir SARIE?
-
Kersgroete van Michélle en die SARIE-span
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 2
-
Michélle oor SARIE se 60ste
Alles het ’n storie. ’n Geskiedenis. Daarin lê die waarde én die waarheid – ons moet dit nooit vergeet nie
-
Michélle van Breda: Die Gesig van SARIE
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 4
Redakteur van die grootste glansvrouetydskrif in SA! André le Roux stel `n minder bekende Michélle van Breda aan jou voor.
-
Michélle van Breda: Om te vergewe
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1



































































Kommentaar
Eric Evans het gesê:
Hi Mich. Was gister daar en wil net se - ek het nog regtig nooit so mooi vrou soos jy gesien nie. Dit moes net uit.
30ste Nov. 2011, 12:22linda marais het gesê:
hi my dogter stel belang in fashion editing sy is 17 jaar ou en wil graag in die bedryf ingaan. Ons wil dus weet of daar tans n mark is vir beroep en of die salarisse goed betaal. sal u voorstel dat sy moontlik in die beroep moet ingaan en of di n wyse keuse sal wees by voorbaat dank linda
11de Sep. 2011, 19:09Ilona Schreuder het gesê:
Dis nou 10uur in die aand in Australië en ek sit nou hier en luister na Soli se onderhoud met Michelle. Dis te lekker ! Baie geluk Michelle en Sarie met die 60e verjaarsdag. Ek kry 'n kopie van die Sarie wanneer iemand vir ons kom kuier hier in Oz en dan doen die tydskrif behoorlik die rondtes ! Te heerlik om die fisiese tydskrif te kan vashou en al die modes in SA te sien en te lees van almal daar in ons geliefde land. Ek weet dat Sarie vir nog vele dekades net gaan uitstyg bo al die ander tydksrifte !! Lekker ook om op Facebook connected te wees. Al bly ek hier in Australië, is ek nogsteeds 'n Sarie Vrou !! Gaan Groot Sarie !!!! Groete, Ilona Schreuder
17de Jun. 2009, 14:09