Mooie Anneline Kriel met haar 2 ewe beeldskone dogters

SARIE - Februarie 2009

Mooie Anneline Kriel met haar 2 ewe beeldskone dogters Foto’s: Gerda Genis Galery

Dis nog dieselfde Anneline Kriel – 25 jaar nadat sy as Mej. Wêreld gekroon is, het sy nog dieselfde magic, sê fotograaf Gerda Genis

Tóé al het haar natuurlikheid almal bekoor. Sy was die land se liefling en die wêreld haar speelplek. Baie sê dis die naaste wat ons aan ’n eie Diana gekom het. Rolprente, TV-advertensies en oorsese mode-sessies het haar in die kollig gehou. Ook haar drie huwelike. Maar Suid-Afrika het nooit sy sagte plek vir die goue Anneline verloor nie.

Lees hier oor haar 4 dekades van skoonheid – al haar geheime en blapse – en hoe haar twee dogters alles in haar lewe verander het.

Die beeldskone Anneline in haar:

20's

30's

40's

50's

HAAR BEELDSKONE 2 DOGTERS

WITNEY, 18, matriek, stel belang in mode en toneel speel (links op foto)

Wenk
“Rooibostee en heuning help my detoks.”

Raad van my ma
“Dat natuurlik altyd beter is.”

TAYLA, 19, Matie-student, studeer ekologie en biodiversiteit en wil met diere werk (regs op foto)

Wenk
“Ek was my gesig met water en dra min grimering.”

Raad van my ma
“Dat jy nie áltyd opge-dress hoef te wees nie. My ma vat haar net uit vir belangrike geleenthede.”

  • Assistent Adel Ferreira
  • Hare Jeanette Genis
  • Grimering Algria Ferreira-Watling

Verwante artikels

Kommentaar

  • You are as pretty as ever, and your two daughters are just as pretty

    16de Jan. 2012, 22:08
  • O so mooi! Al 3 van julle!

    11de Aug. 2011, 08:17
  • Anneline is nog meer aantreklik as in die jare 70. Wil haar graag persoonlik email.

    17de Jul. 2010, 11:11
  • annelien jyt twee pragtige dogters!!!!

    17de Apr. 2010, 10:03
  • Ja, die tuitmonde is iets ysliks! Ek neem soms foto's van jong meisies, en hulle wil almal so pruil!

    29ste Nov. 2009, 06:11
  • Sjoe maar die vrou is pragtig en word ook nie ouer nie!! Anneline jy en Margaret Gardiner is seker die twee beeldskoonste vrouens in S.A.

    12de Nov. 2009, 15:26
  • Anneline het deur al die dinge in haar lewe steeds plat op die aarde gebly/stylvol en pragtig. Haar dogters is beslis net so mooi soos mamma..

    28ste Okt. 2009, 09:42
  • Gedink dis 'n tweeling - 2 pragtige dogters!

    27ste Okt. 2009, 16:46