Nadia Valvekens: Nuwe liefde ná 10 jaar
Foto’s: Aubrey Jonsson Galery
Binneland Sub Judice se Pippa, gesels vir die eerste keer oor die verbrokkeling van haar verhouding van 10 jaar – en haar nuwe liefde wat die TV-kollig met haar deel
Dit was op hul tiende herdenking van saamwees dat Nadia Valvekens finaal besef het: Dié verhouding is verby.
Sy moes tot siens sê vir ’n liefde wat maar net nie wou hou nie. Sy moes haarself ’n nuwe kans op geluk gee. Nadia, die lojale verpleegsuster Pippa Venter van M-Net en kykNET se Binneland Sub Judice (voorheen Binnelanders), het laat by die huis gekom ná ’n lang dag op stel. Haar kêrel het op die bank in die TV-kamer gesit. Hy was nog steeds ontsteld oor iets waaroor hulle kort tevore vasgesit het en nie tot ’n vergelyk kon kom nie. Sy kon nie meer ontken wat sy al die afgelope twee jaar geweet het nie.
En sy het net daar vir hom gesê sy dink hul paaie moet skei. Nadia onthou nog sy afwysing: "Jy besef seker dit gaan moeilik wees om weer van vooraf ’n verhouding te begin." Maar skaars ses maande nadat hulle uitmekaar is, het Nadia weer liefde gevind – by niemand anders nie as Karl Thaning, die sjarmante plastiese chirurg dr. Nathan Richards in Binneland Sub Judice.
![]() |
Karl sê oor Nadia"Toe ons die eerste keer ontmoet het, het Nadia pas haar vorige verhouding beëindig. Ons was kollegas by Binnelanders en ek het hard probeer om my gevoelens vir haar te ignoreer. Ek het gedink dit sou moeilik wees om saam te werk en 'n verhouding te hê. Maar sy't so 'n wonderlike lag en sy's pret. "Ek wil nou nie cliché-agtig klink nie, maar sy het die mooiste oë. Ons het albei ons gevoelens op die agtergrond geskuif, maar ons het net te veel van mekaar gehou. Toe gebeur die lewe: Ons het 'n verhoudig begin. Ek is mal oor hoe gemaklik sy in haar vel is en hoe ernstig sy haar werk as aktrise opneem. Dít is een van die dinge wat ons gemeen het. "Een van die groot lekkertes is om op 'n Sondagoggend saam koerant te lees en daarna te gesels oor wat in die wêreld aangaan. En ja, ons gesels lekker. Ek glo dit is wat nodig is in 'n verhouding: Jy moet oor alles kan praat. Ek probeer om vir haar te sê hoe ek voel al laat dit my dalk minder na 'n man lyk as ek emosionele dinge deel. "Ek het een oggend wakker geword - ek kan nie eens presies onthou wanneer nie - en besef my verhouding met Nadia is ernstig en dat ons 'n pad saam gaan loop." |
In die sepie is Pippa en Nathan ook ’n paartjie.
Dié nuwe romanse het haar onkant gevang. "Omdat ons saam werk en ook gemeenskaplike vriende het, was ons gereeld in mekaar se geselskap. Ons het baie gepraat en die verhouding het net gebeur. Voor ek my oë kon uitvee, het ek gevoelens vir hom gehad."
Hulle is al vier maande ’n paartjie en in dié stadium pla dit nie dat hulle saam werk nie. "Ons is albei professionele akteurs en ons sal nie toelaat dat ons persoonlike lewe by ons werk inmeng nie."
Dit help dat Karl ook ’n akteur is, sê Nadia.
“Hy verstaan wat dit vereis en beteken. Dít maak ons verhouding makliker.” Hulle is albei lief vir lees, teater, fliek en saam met vriende kuier.
“Een van die lekkerste dinge is dat ons oor dinge kan debatteer, maar mekaar se opinies respekteer. Karl vul my aan: Hy’s emosioneel intelligent, kreatief, maar ook realisties. Dis ’n wonderlike kombinasie. Ek voel veilig by hom. Ons verhouding is nog jonk, maar sover is dit lieflik.” Nadia glo nie sy het te vinnig ’n nuwe verhouding begin nie. “Ek het genoeg tyd gehad om myself uit te sorteer, want onderbewustelik het ek eintlik lankal geweet my verhouding met my vorige kêrel is verby.
"Ek het besluit om nie bang te wees vir seerkry...
en om weer met ’n verhouding te begin nie. Vrees kan jou grootste vyand wees. Soms wag daar iets wonderliks op jou as jy ’n kans vat. Ek weet nie hoe lank my verhouding met Karl gaan hou nie, maar tans voel dit fantasties. Daar’s nie ’n waarborg vir verhoudings nie. Die beste wat jy kan doen, is om alles te gee.”
Die tien jaar dat sy en haar vorige kêrel saam was, was ’n belangrike lewenservaring, sê Nadia.
Hy moes my met die land deel. Ek het baie aandag van die publiek gekry, maar ek het tog ook behoefte aan sy aandag gehad. - Nadia oor haar vorige kêrel.
"Ons het dinge saam geniet, maar daar was van die begin af klein irritasies wat ek gedink het beter sou word soos ons ouer word.”" Hulle het twee eiendomme saam gekoop en saam ingetrek.
"Ek is ’n dromer. Ek wou gehad het dit móés werk." Kort daarna is hulle in een van sy kollegas se huis in Johannesburg deur rowers aangehou. Dit het hulle nader aan mekaar gebring. “Jy lê voor mekaar op die vloer en waardeer wat jy in die ander het. Maar dinge was steeds nie reg tussen ons nie.” Hulle het al hoe meer oor nietighede baklei en het gesukkel om in mekaar se ruimte te wees. Hulle was heeltyd geïrriteerd. "Dit was scary om te dink ons het op ’n tyd die beste in mekaar uitgebring. Ek wou nie meer huis toe gaan nie. Ek het op ’n punt gekom waar ek so moeg was dat ek nie krag gehad het om vir die verhouding te baklei nie.”
Nadia het gewag vir haar kêrel om die verhouding te beëindig, maar hy het nie. Die aand van hul herdenking het iets in haar gebreek en sy het vir hom gesê dis verby.
![]() |
“Ek dink dit was ’n normale vraag. Ek het gevoel ek het misluk omdat ek so lank in ’n verhouding gebly het wat nie gewerk het nie. Maar ek is nie spyt daaroor nie, want ek het baie geleer en daar wás gelukkige tye saam met iemand met mooi eienskappe. Hy’s kreatief en sal sommer sy tromme by ’n partytjie uithaal en mense vermaak. Of hy sal in die middel van die nag opstaan en sy vriend langs die pad gaan help. Dis iets om te bewonder – dat iemand so onselfsugtig kan gee. Ek dink nie ek gee altyd so vrylik nie en dit was ’n eienskap van hom wat ek prober aanleer het. Ek hoop ons kan eendag weer vriende wees.” Verhoudings moet opbouend wees, sê Nadia.
“Paartjies het ’n geneigdheid om mekaar se karakter aan te val as hulle baklei. As jy argumenteer, moet jy by die probleem hou. Om te baklei beteken nie ek hou nie van jou nie. Dit beteken net ek stem nie saam met dit wat jy gedoen het nie.” Hoewel teenoorgesteldes aangetrokke kan wees tot mekaar, is dit belangrik dat julle sekere belangstellings moet deel, meen sy. “Julle moet dieselfde dinge uit die lewe soek. Een groot les wat ek geleer het, is dat mense nie verander nie. As iemand op ’n sekere manier op iets reageer, gaan dit altyd so wees.” Sy weet steeds nie of sy ooit sal trou nie. “Ek dink ek is skepties oor die huwelik omdat my ouers geskei is. Ek wil nooit deur ’n egskeiding gaan nie. |
“Tog, wie weet, dalk is Karl die regte man vir my!”
- Assistent van fotograaf Sabi Botha
- Hare Karen van Wyngaard
- Grimering Lesley Whitby
Verwante artikels
-
Karl Thaning (Binneland se dr. Nathan) oor sy liefde, Nadia Valvekens
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Ná 'n 10 jaar-verhouding het Nadia Valvekens, Pippa van Binnelanders Sub Judice, weer liefde gevind - in mede-akteur, Karl Thaning. Hy maak sy hart oop.
-
Kry só Nadia Valvekens se veelsydige haarstyl
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 3
Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, is verantwoordelik vir die stilering van SARIE se voor-en binneblaaie. Hy sê hoe jy Nadia se haarstyl kan kry.
-
Nadia Valvekens agter die skerms by SARIE se Junie 2010-voorblad
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 9
Al die aksie agter ons Junie-voorblad saam met Nadia Valvekens
-
Nadia Valvekens: Watter voorbladfoto verkies jy?
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 32
As jy die foto vir die Junie 2010-voorblad kon kies, watter een sou dit wees? Kies hier.
-
Styl volgens Nadia Valvekens...
SARIE - Junie 2010
Watter parfuum dra sy en waar's haar gunsteling restaurant? Wat's haar gunsteling skoenstyl en hou sy van shop?
























Kommentaar
Erna Swart het gesê:
Julle is beslis die ouklikste paartjie op en van die skerms.
13de Sep. 2011, 14:54LS het gesê:
Nadia jy en Karl is die mooiste couple op die TV, ek gun julle alle sukses en baie liefde vorentoe. En terloops ek hoop ons sien eendag 'n ring aan daardie vinger hoor.
22ste Jun. 2010, 16:06Ruby het gesê:
Julle is 4 maande saam en julle bly saam...hoe is dit moontlik? Wat het van die waardes en Bybelse standaarde in ons samelewing geword? Jy is so pragtig en ek het nou wraggies gedink hierdie vrou se waardes in haar lewe moet reg wees. Hoe groot my teleurstelling!
22ste Jun. 2010, 14:35Elsabe Watt het gesê:
Ek dink hulle maak 'n baie mooi paartjie en alle voorspeod en geluk.
21ste Jun. 2010, 14:55Riekie Nel het gesê:
'n Baie mooi lewens verhaal Nadia. Ek het ook 'n soortgelyke een. 'n Verhouding van 6 jaar,toe vir 2 jaar getroud, en eensklaps was als verby. Ek is nie spyt oor die feit dat ons getrou het nie, as dit nie gebeur het nie sou ek seker nou nog in die verhouding vas gesit het.... Ek het agterna tot die gevolgtrekking gekom die troue was eintlik die beste ding wat kon gebeur, want toe kon ek van hom skei en heeltemal breek, anders as 'n op-af verhouding sonder gevolge. Kort daarna het ek ook iemand ontmoet, en baie negatiewe kritiek van familie en vriende gekry. Ek het gedoen wat my hart vir my gese het, en 'n jaar na ons ontmoet het met hom getrou. Ek kon nie vir 'n wonderliker lewensmaat gevra het nie. So, doen wat jou hart vir jou se^, en vergeet van mense wat kritiseer. Sterkte.
21ste Jun. 2010, 12:41Bianca het gesê:
Ek was mal oor hulle as paartjie in binnelanders, en was baie hartseer toe dit nie uitgewerk het nie. (Ek weet dis net 'n storie). Is so bly dat dit in werklikheid wel gebeur het, julle is vir my beslis die paartjie van die jaar. sterkte en seën vir julle pad vorentoe
21ste Jun. 2010, 11:47Landie het gesê:
Baie geluk julle 2, ek hoop dit sal sommer 'n lang en gelukkige verhouding wees. Julle maak 'n pragtige paartjie. En die foto's..... dit is ongelooflik mooi!!!!
21ste Jun. 2010, 10:56SAnette het gesê:
Sy is n pragtige mensie en ekm gun haar en Haar kerel alles wat mooi is.
21ste Jun. 2010, 10:54