Nadia Valvekens: Watter voorbladfoto verkies jy?
As jy die foto vir die Junie 2010-voorblad kon kies, watter een sou dit wees? Kies hier.
Om 'n voorblad über-perfek te kry, is élke keer 'n stryd en 'n proses wat baie nabetragting vra. Dan word verskillende opsies in verskillende kleurskakerings in rye teen die muur geplak en die hele redaksie en wyer genooi om te kom kyk en kies. Soms spring DIÉ voorblad eenvoudig tussen die ander uit en ander kere stem elkeen vir iets anders.
Nou is dit julle beurt om jul stem te laat tel. Regs is die amperse voorbladfoto vir die Junie-uitgawe.
En onder is die uiteindelike keuse. Op die een wat ons toe wel gekies het, is Nadia sagter in grys, effens warmer en meer toeganklik. Daar is ons ook mal oor haar deurmekaar hare!

Watter een sou jy op die voorblad wou sien? Stem hieronder
Lewer gerus ook kommentaar in die kommentaarboks hieronder
* Kyk ook hier vir Fanie Cronjé, styl- en sosiale redakteur, se wenke oor hoe jy Nadia se veelsydige haarstyl kan regkry.
* Kuier agter die skerms by die voorbladsessie met Nadia.
Verwante artikels
-
5 minute met Karl Thaning (dr. Nathan Richards van 'Binneland')
SARIE - Junie 2010
Hy's dr. Nathan Richards in die M-Net-sepie Binneland Sub Judice. Min mense weet Karl Thaning (33) was 'n internasionale swem-sensasie. Hy's ook die nuwe liefde van Nadia Valvekens, ons voorbladgesig.
-
Jou foto op SARIE se voorblad met magcover.com
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 5
Wou jy nog altyd op SARIE se voorblad pryk? Nou kan jy. En dis só maklik
-
Kry só Nadia Valvekens se veelsydige haarstyl
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 3
Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, is verantwoordelik vir die stilering van SARIE se voor-en binneblaaie. Hy sê hoe jy Nadia se haarstyl kan kry.
-
Nadia Valvekens: Nuwe liefde ná 10 jaar
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 7
Binneland Sub Judice se Pippa, gesels vir die eerste keer oor die verbrokkeling van haar verhouding van 10 jaar – en haar nuwe liefde wat die TV-kollig met haar deel
-
Watter Lianie May-voorblad verkies jy?
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Superster, plaasmeisie – dís Lianie May!
















Kommentaar
Lizl Martini het gesê:
hallo! ja nee jong nommer twee is die wenner - kom ons gee ons gehoor 'n R50 randtjies daar! sjoe sy is baie mooi!
23ste Jun. 2010, 09:22Stephanie het gesê:
Ek stem ook vir die foto wat wel gekies is... Dit is bietjie 'n ander sy van haar
21ste Jun. 2010, 15:40Clivé het gesê:
Julle het reg gekies. Sy lyk jonger, speels, informeel. Ek hou van die vorentoe blik meer as die skuins. Die kontraste in kleur is te groot in die eerste foto. Tweede een is sag. En ja die krulle is oulik!
11de Jun. 2010, 11:56Heloise het gesê:
Die 2e Foto!!PRAGTIG
9de Jun. 2010, 08:21Helene het gesê:
Die foto met die krullebol want daarop lyk dy speels en sensueel gelyktydig! 100% reg gekies Sarie!
7de Jun. 2010, 20:24Marieka Swart het gesê:
Foto 2 definitief. Sy lyk op 'n druppel na Sharon Stone. Nadia kan maar 'n goiingsak ook dra, sy bly pragtig.
5de Jun. 2010, 23:10Helene het gesê:
Beslis die krullebol haarstyl fot! Sy lyk speels en sensueel in hierdie foto. Mooi gekies Sarie!
3de Jun. 2010, 20:41Mads het gesê:
Ek hou van foto 2, maar wonder of foto 1 met 'n ANDER KLEUR AGTERGROND nie mooier sou gewees het nie? Die helder blou werk nie met haar donker rok nie, ek dink 'n sagter herfs rooi/oranje sou baie beter gelyk het! Altwee haar haarstyle lyk vir my pragtig en pas by haar verskeie uitrustings - maar ek verkeis die sexy en meer volwasse look. Maak nie saak nie, sy's pragtig.
3de Jun. 2010, 13:33Marika het gesê:
Foto 2 is definitief die beste. Hoewel ek baie van die haarstyl en grimering in foto 1 hou, is die "bulte" wat die klere maak nie vleiend nie. Die naby skoot van foto 2 konsentreer ook meer op die gesig en haarstyl... en hoe mooi is sy nie!
3de Jun. 2010, 10:42Taschja het gesê:
Fanie het wonderlike smaak en was in die kol met die grys nommertjie en die sagte deurmekaar hare.
2de Jun. 2010, 21:11Sanmari het gesê:
Die tweede foto is pragtig! Dis defnitief meer toegankliker. Weereens 'n uitstekende keuse, soos ons net van julle kan verwag! Baie dankie!
2de Jun. 2010, 14:53Gizelle vd Westhuizen het gesê:
sjoe enige styl pas haar so goed maar die krullebos verkies ek. Lyk lyk BAIE na Sharon Stone op altwee fotos.
2de Jun. 2010, 13:32Mia Nagtegaal het gesê:
In die foto waar Nadia die grys trui het, straal sy warmte uit. By die ander foto is haar gesig te strak. Haar deurmekaar hare verteenwoordige 'n aardse speelsheid wat aanklank by die leser vind. Haar liggaam verdwyn binne-in die swart kledingstuk, dus kan ons net haar gesig waarneem. Vroue verkies voorblaaie van ander vrouens wat toeganklik en nie-bedreigend voorkom. Sarie, is soos 'n vriendin vir elke vrou. In die foto met die grys trui, word Nadia soos 'n vriendin voorgestel. Hierdie voorblad en die notaboekie het my oortuig om die tydskrif hierdie maand te koop! Ek is mal oor Sarie se voorblaaie. Die skoon ontwerp en die gebruik van kleur in die straplines.
2de Jun. 2010, 10:23Rene Kleinhentz het gesê:
Hierdie is 'n baie meer gemaklike, vriendelike foto - ek is mal oor haar lekker los haarstyl !!
1ste Jun. 2010, 21:24Louise Gerber het gesê:
Ek dink sy lyk pragtig in enige uitrusting of met enige haarstyl. Dankie vir 'n puik tydskrif!
1ste Jun. 2010, 20:41Burnadette het gesê:
Albei foto's is pragtig, maar ek verkies foto 1.
1ste Jun. 2010, 15:22Michelle van Heerden het gesê:
Die "deurmekaar" styl pas haar uitstekend ek is mal daaroor!
1ste Jun. 2010, 14:46Hyla Olivier het gesê:
Ek dink julle keuse is 100 %. Nadia is so 'n mooi mens, die keuse was moeilik, maar sy lyk definitief sagter en verruklik op julle keuse.
1ste Jun. 2010, 12:29Pamela het gesê:
Ek is meer die casual persoon, dus is die foto vir my meer aantreklikker
1ste Jun. 2010, 12:05Mariet Rabie het gesê:
Ek verkies die eerste foto.
1ste Jun. 2010, 12:04Suegnet Landman het gesê:
Definatief die deurmekaar-haarstyl foto...sy lyk dromerig en sensueel in hierdie foto.
1ste Jun. 2010, 11:33Henriëtte de Villiers het gesê:
Ek verkies beslis die 2de foto, mal oor die deurmekaar hare en seksie foto!
31ste Mei. 2010, 22:53Cheryl Montgomery het gesê:
Ek dink die foto wat gekies is, is defnitief die beter keuse. Sy lyk net mooier,sagter en sprankelend, en die ander foto is vir my 'n bietjie "hard".
31ste Mei. 2010, 16:01Charleinne Fryer het gesê:
Ek verkies beslis die een wat jul nie gekies het nie. Haar glimlag lyk half aangeplak by die grystrui foto. Steeds is sy 'n pragtige vrou!
31ste Mei. 2010, 15:54Elsabé Venter het gesê:
Julle het reg gekies
31ste Mei. 2010, 15:50Teresa Tamine het gesê:
Sy lyk effens ondeund en goed versorgd!
31ste Mei. 2010, 15:33Helmien het gesê:
Die reguit haartjies is stunning en natuurlik
31ste Mei. 2010, 15:24Wilma het gesê:
Ek hou nie van die krullerige effek nie, hoe meer reguit hare is hoe mooier lyk die persoon vir my.
31ste Mei. 2010, 15:23Helena het gesê:
Uitstekende keuse!
31ste Mei. 2010, 15:21Karen het gesê:
Jinne sy is pragtig! Meg Ryan kan maar gaan slaap, hier kom ons Nadia!
28ste Mei. 2010, 09:49izette smit het gesê:
definitief die een met grys
28ste Mei. 2010, 09:48ISABEL BEZUIDENHOUT het gesê:
FOTO NR 2!!
28ste Mei. 2010, 09:37