Nádine
Nádine het Saterdagaand haar 27ste verjaardag saam met vriende en familie in 'n restaurant in Sandton gevier. Die tema was goud en sy het onder meer rose laat goud spuitverf vir die geleentheid. Charis Labuschagne het met haar gesels Hoekom het jy...
Nádine het Saterdagaand haar 27ste verjaardag saam met vriende en familie in 'n restaurant in Sandton gevier. Die tema was goud en sy het onder meer rose laat goud spuitverf vir die geleentheid. Charis Labuschagne het met haar gesels
Hoekom het jy besluit om die tema goud te maak?
Dit voel of hierdie jaar vir my 'n goue jaar gaan wees. Goud is ook 'n suiwer metaal en dis hoe ek hierdie jaar wil leef - met eerlikheid.
Hoe voel 27?
Baie erg. Eintlik traumaties! Ek is nie meer tussen 20 en 25 nie. Ek is nou tussen 26 en 30. Ek voel vreemd, asof ek nou begin oud word. Ek dink ek sal my ouderdom oor so 'n paar dae aanvaar.
Wat beplan jy vir jou loopbaan hierdie jaar?
Ek wil veral konsentreer op die bemarking van my nuwe album, This time I know. Ek is oorweldig deur die reaksie wat die album kry. Dis die eerste keer in my loopbaan dat ek my musiek op so baie radiostasies hoor: 94.7 Highveld Stereo, Jacaranda 94.2, KFM, Algoa FM. RSG... Die produksie van die album is in Europa gedoen en ek besef watter verskil goeie produksie maak. Ek sal ook graag my album in Europa wil uitreik.
Wat beplan jy in jou persoonlike lewe?
Dis die deel van my lewe waaraan ek nie te hard beplan nie. Ek wil baie tyd aan my verhouding bestee. Ek het nog nooit voorheen tyd gekry vir liefde nie. Dit is 'n baie spesiale deel van my lewe en ek wil dit koester.
*Besoek Nádine se webtuiste by www.nadinenadine.co.za
Vir besprekings bel Carine Crystil by 082 893 7836 of e-pos: eamworld@wol.co.za
Verwante artikels
-
Nádine binnekort as Maria Magdalena in Andrew Lloyd Webber-stuk
SARIE - April 2011
Die gewilde Andrew Lloyd Webber/Tim Rice-rock opera, Jesus Christ Superstar, is danksy Pieter Toerien binnekort op eie bodem te sien met ’n hele rits bekendes op die verhoog.
-
Nádine wen gesogte internasionale prys
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Die sangeres Nádine is die eerste Suid-Afrikaner in die geskiedenis wat eerste plek by die World Peace Song Festival verower het met haar liedjie "This Time I Know It's For Real".
-
Nádine: 'n Nuwe wêreld en groot liefde wink
SARIE - Januarie 2009 | Kommentaar: 4
Sy gaan 'n internasionale ster word, sê haar bestuurder. Die laaste maande is Nádine oorsee gesuiwer en gestroop vir die pad wat voorlê


















Kry jou SARIE oral, enige tyd