Dozi oor Nianell, en sy vertel van haar gróót drome
Foto’s: Marines van Rooyen Galery
Nianell sê sy droom groot en eers as daardie drome waar word, sal sy sukses behaal het.
Hoewel drie van Nianell se CD’s al platinumstatus (meer as 40 000 verkope) bereik het en een goue status (20 000 verkope), glo sy nie sy het dit “gemaak” nie.
“Dit sal eers wees as ek ’n wêreldtreffer het. Jy moet groot droom. Of ek dit nou eendag regkry of nie, my musiek neem my op ’n ongelooflike reis en daarvoor is ek dankbaar.”
Haar onlangse optrede by die feestelike afsluitingskonsert van die Wêreldbeker-sokkertoernooi saam met die Italiaanse tenoor Andrea Bocelli was ook ’n hoogtepunt. Sy het “The Prayer” saam met hom gesing – iets wat die superster Celine Dion ook al
gedoen het.
Almal wat al na Nianell se musiek geluister het, weet sy het eenvoudig ’n ongelooflike skryfvermoë. Van haar liedjies word selfs op internasionale radiostasies gespeel. Hayley Westenra, ’n Nieu-Seelandse sangeres, het Nianell se “Who Painted the Moon Black” vir haar album Pure opgeneem. Meer as 4 miljoen eksemplare van Hayley se CD’s is al wêreldwyd verkoop.
Buiten vir een liedjie op haar nuutste album, Sand&Water, skryf Nianell al haar musiek self.
“Ek eksperimenteer met alle style – van jazz tot pop en opera. My nuwe liedjies is bietjie ligter. Daar’s niks soos ’n vuil doek om die lewe in perspektief te plaas nie! My drieling (3 jaar oud) het my die ligter kant van die lewe laat sien.”
Sy kies haar man en kinders enige dag bo haar sangloopbaan en dis moeilik om balans te vind.
My musiek neem my op ’n ongelooflike reis en daarvoor is ek dankbaar."
“Sommige aande slaap ek net vier uur omdat ek toer, optree, skryf en onderhoude voer. Ek is met tye baie moeg. Maar as jy in die Hoofkragbron ingeprop bly, kan jy enigiets baasraak.
“Die aande wat ek nie by die huis is nie, kyk ’n vriendin wat by ons bly na my drieling. Ek probeer om nie langer as vier dae van die huis weg te wees nie, anders begin ek vreemde kinders druk!”
Sy eet gesond, drink baie groentesap en het ’n persoonlike fiksheidsafrigter.
“As jy goed na jouself omsien, het jy energie om vir ander mense te gee.”
Die grootste les wat Nianell moes leer, was om geduldig te wees.
“Geduld en deursettingsvermoë is belangriker as talent.
“Ek was 30 toe my eerste album uitgereik is. Daar was ’n tyd toe ek al my juwele verpand het vir R400 omdat ek R600 nodig gehad het vir huur. Omdat ek nie kommersiële liedjies geskryf het nie, het baie platemaatskappye my weggewys. Ek moes aanhou en aanhou.
“Deursettingsvermoë, dié het ek. My man, Andrew, sê ek is soos ’n 4x4 – as een wiel vashaak, werk die ander nog.”
Dozi oor Nianell
“Dis wonderlik om saam met haar te werk aan ons duette-projek,” sê Dozi. [Hulle het ’n duet-CD en -DVD, It Takes Two, opgeneem en daar is nog ’n CD op pad.]
“Nianell is nie bang om met verskillende musiekstyle te eksperimenteer nie. Sy kan meer gewaagd wees omdat sy talentvol as musikant is. Musiek is haar lewe. ek het respek vir haar veelsydigheid.
“Een van die lesse wat ek by haar geleer het, is om nie jou persoonlike probleme verhoog toe te bring nie. Dit maak nie saak wat haar bekommer of hoe gespanne sy oor haar kinders by die huis is nie, jy sien dit nooit in haar optrede nie. Sy is uiters professioneel.
“Een van die dinge wat haar nog steeds pla, is dat ouens haar nooit opge-chat het nie. Sy dink hulle was bang vir haar, maar ek reken dis omdat sy so stylvol is. Sy’s soos ’n koningin. ek sê altyd vir haar sy’s mooi en ék is nie bang vir haar nie!”
Verwante artikels
-
60 sekondes met Nianell
SARIE - Junie 2009
-
Hoe gaan dit met Muriël Lategan, Dozi se eks?
SARIE Januarie 2012 | Kommentaar: 10
Ons het gaan aanklop by dié "malkoppie" van Moorreesburg om te hoor hoe dit met haar gaan. En sy's beslis weer vertroue in die liefde . . .
-
Nianell en haar man hernu hul huweliksbeloftes ná 10 jaar
Nianell en haar man, Andrew Thompson, is hierdie jaar tien jaar getroud en het in April hul herdenking met ’n intieme ete in Magaliesburg gevier. Hulle het hul beloftes aan mekaar voor 36 mense, meestal familie, hernu.
-
Nianell gaan na Hollywood!
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 4
Die sangeres Nianell se liedjie "I Hold the Sun and the Moon in my Hands" is benoem vir die Liedjie van die Jaar by die LA Music Awards wat op 18 November by die Paramount Theatre in Hollywood, Los Angeles, plaasvind.
-
Nianell oor haar kinders, skoonheidswenke en nuwe album
SARIE - Februarie 2010
-
Sally Chalmers: Kom uit jou roetine uit
SARIE Augustus 2010
Modewoord of die antwoord? Drie doodgewone vroue vertel hoe ’n lewensafrigter hul lewens verander het.
-
Só hou Nianell, haar man en die drieling vakansie
SARIE - Junie 2010
Sy verklap hul gunsteling-plekke plaaslik en buite Suid-Afrika.
-
Verstaan die taal van jou drome
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 12
















Kommentaar
thea het gesê:
Nianell Jy!! het n ongelooflike stem en dit maak my so gelukkig om te sien dat jy altyd God dank vir jou sukses en Gawe dit maak jou nog n mooier mens. Ek raak wegevoer in jou stem . Hou so aan jy is n ster duisend.
2de Feb. 2012, 17:30Malan Scholtz het gesê:
Ek is gaande oor jou musiek!! Onthou dat al die geld en roem in die wereld nie die tyd kan terug koop wat jy met jou drieling mis nie. Perth Australia.
28ste Aug. 2010, 14:50Linda het gesê:
Nianell, jy en Dozi sing fantasties saam, jou nuwe cd van sand en water is werklik mooi veral die liedjie wat jy van jou ouers sing. Ek is net jammer ek wou so graag sien toe jy en Andrea saam gesing het , maar ek het dit gemis iewers tussen al die gesingery . Ek hoop werklik hulle sal dit weer op tv uitsaai waar julle twee saam sing. Jy mag baie rond toer maar ek glo nie jy verruil al jou kosbare tye saam met jou kids nie . Geniet jou sangloopbaan.
28ste Aug. 2010, 09:56Jaci het gesê:
Smaak verskil. Ek hou glad nie van haar musiek nie. Die tipe liedtjies wat sy sing is glad nie vir my mooi nie. Maar dit is duidelik dat sy ongelooflik talentvol is. Sy het ook 'n pragtige stem. Ek stem ook saam met Dozi - sy is 'n baie stylvolle vrou. Mag sy nog vir baie lank musiek maak (vir die mense wat van daardie tipe liedtjies hou).
27ste Aug. 2010, 20:22Jakkie het gesê:
Nianell, ek sal net graag wil weet of dit seer was? (Toe jy uit die Hemel geval het).Met jou engel stem kan ek nie ver verkeerd wees nie.
27ste Aug. 2010, 10:19