Nianell oor haar kinders, skoonheidswenke en nuwe album
Sand & Water is die sangeres Nianell se vyfde solo-album en word eersdaags uitgereik. Sy het ook 'n duet-album, It takes two, saam met die sanger Dozi uitgereik. Marguerite van Wyk het met haar gesels oor haar planne vir die jaar en dinge wat niémand van haar weet nie . . .
Wat kan ons verwag op jou nuwe album?
My boodskap van liefde en positiwiteit bly dieselfde, maar dié keer is dit 'n bietjie meer pop op van my liedjies. Dis 'n dubbele CD met elf Engelse liedjies op die eerste CD en elf Afrikaanse liedjies op die tweede. Die Engelse liedjies is almal nuut. Vyf van die Afrikaanse liedjies is nuut en daar is ses bonussnitte van my vorige album.
Hoe het jou musiek gegroei van jou eerste album?
Ek het baie in my menswees gegroei en dit beïnvloed my musiek. Ek is rustiger en geniet die lewe soveel meer en ek dink dit kom oor in my musiek. Dis ligter en makliker om na te luister.
Wat is jou gunsteling-liedjie op die album en hoekom?
Ek het 'n paar, regtig. Dis my eerste album waarna ek oor en oor luister. Ek is mal oor ''I'm so tired'', ''Till you're gone'', ''I hold the sun'', ''What is hurting you'', ''Mamma Pappa'', en ''Untill I'm home.''
Watter planne het jy vir die res van die jaar?
Lyk my ek gaan die hele jaar net werk. My skedule is so vol met toere reg oor Suid-Afrika en Namibië, maar ek gaan beslis tyd maak vir my kinders en my man.
Waar kry jy inspirasie vir jou musiek?
Mense rondom my, boeke, DVD's, en sommer die ou lewe.
Hoe oud is jou kinders en hoe kry jy dit reg om gereeld op te tree en 'n goeie ma te wees?
Die drieling is nou 2½ en ek doen maar net alles wat ek doen met oorgawe, passie en liefde.
Nianell se skoonheidswenke
- Ek drink twee tot drie glase vars groentesap elke dag - wortels, spinasie, seldery en beet.
- Ek eet ook baie vrugte en drink baie water.
- Ek gaan slaap nooit met grimering aan nie en ek gebruik baie vogroom. Ek het in Namibië groot geword en die lug was baie droog, so my vel voel altyd vir my droog.
- Ek stoom ook graag my stem en ek dink dit is ook goed vir my vel.
- Maar die beste ding is rou kosse en vis soos tuna en, salm.
- En mens móét baie lag!
Waar kry jy die energie vandaan?
Ek is 38 en soos ek gesê het, as jy passie vir iets het, dan het jy die energie daarvoor, so ek probeer dinge doen waarvan ek hou. Ek is mal oor my kinders, man en musiek. My doel in die lewe is om mense te inspireer en te motiveer. Terwyl ek dit doen, motiveer en inspireer ek sommer myself ook.
Watter invloed speel jou kinders in jou lewe?
Ek leer ongelooflik baie by hulle. Hulle leer vir my hoe belangrik dit is om die lewe te geniet, veral die óómblik. Om nie te veel te dink nie en om te wees. Hulle maak my ook baie dankbaar dat ek lewe.
Hoe belangrik is balans in jou lewe?
Ek is 'n Libra, so balans is alles vir my. Dit is nie maklik nie, maar ek streef regtig na daardie perfekte balans tussen liggaam, gees en siel. Ek het selfs 'n stuk daaroor op my webwerf www.nianell.co.za
Watter rol speel musiek in jou lewe?
Dit is my medium om my lewensdoel uit te leef.
Noem die grootste pryse in jou lewe wat jy hoog ag?
'n Stunning man en drie dogtertjies. Beslis die grootste geskenke in my lewe. Ai, jong, ek weet jy bedoel
Noem 'n paar dinge wat niemand van jou weet of nog ooit gelees het nie...
Ek het supergoeie sintuie wat die lewe partykeer vir my baie moeilik kan maak. Ek hoor ongelooflik goed, so naggeluide kan my watkker hou, ek ruik dinge wat ander mense nie kan ruik nie, so as daar gerook word (twee geboue weg), of daar is slegte reuke in die lug (wat niemand anders ruik nie!), raak ek sommer op die plek naar en moet vlug. Ek kan selfs ruik as mense bang is! Ek haat droë sand en jy sal my nooit sonder my skoene vang nie, behalwe as ek in die water is. My vel is baie sensitief. Die enigste sintuig wat nie 'n probleem veroorsaak nie, is my sig. Dit hélp as ek in die nag moet ry. Ek voel dinge aan as ek in 'n vertrek instap en weet wie is hartseer. Dít kan nogal vir my oorweldigend wees tussen mense, alhoewel ek baie lief is vir mense. Ek is baie dankbaar vir die goeie sintuie waarmee God my geskape het en sal dit nooit anders wou hê nie. Dit maak my wie ek is.
ander pryse ... mmm ...'n Vonk-toekenning vir die beste vroulike kunstenaar van die jaar in 2009 en Twee SAMA-toekenings vir die beste liedjieskrywer en beste volwasse kontemporêre album.
As jy nie uit sang jou lewe gemaak het nie, watter ander beroep sou jy kies?
Motiveringspreker.
Wat is die mees inspirerende woorde wat jy nog ooit gehoor het?
Uit die boek Why is God laughing deur Deepak Chopra. Net die feit dat ons ''lewe'' is genoeg. Ons het niks anders nodig nie. ''Existence is pure gold, nothing else is needed.''
Hoe laat dit jou voel as jy sing?
As ek sing, is ek by God.
Verwante artikels
-
Dozi oor Nianell, en sy vertel van haar gróót drome
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Nianell sê sy droom groot en eers as daardie drome waar word, sal sy sukses behaal het.
-
Julia Roberts se beste skoonheidsraad
SARIE - Mei 2010
"Om jou wimpers te krul en jou wenkbroue gepluk te hou. Dit kan jou voorkoms dramaties verander. En wat van om net gelukkig te wees? Ek glo hoe jy oor jou lewe voel, gaan op jou gesig wys." - Julia Roberts, aktrise
-
Kinders en egskeiding: Maak die seer makliker
SARIE - Junie 2010
-
My aanneemkind: "'n Geskenk uit die hemel"
SARIE Julie 2010
Hennie en Doré hoor dikwels hoe gelukkig hul seuntjie is om hulle as aanneemouers te hê. Maar hùlle is die dankbares. Die kleinman was immers bedoel om deel van hul driemanskap te wees.
-
Nianell en haar man hernu hul huweliksbeloftes ná 10 jaar
Nianell en haar man, Andrew Thompson, is hierdie jaar tien jaar getroud en het in April hul herdenking met ’n intieme ete in Magaliesburg gevier. Hulle het hul beloftes aan mekaar voor 36 mense, meestal familie, hernu.
-
Nianell gaan na Hollywood!
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 4
Die sangeres Nianell se liedjie "I Hold the Sun and the Moon in my Hands" is benoem vir die Liedjie van die Jaar by die LA Music Awards wat op 18 November by die Paramount Theatre in Hollywood, Los Angeles, plaasvind.
-
Sangeres Alta Joubert se woema-geheime
SARIE Julie 2010
Folkrock-sangeres Alta Joubert (33) was reg vir “’n bietjie afskaal” toe sy swanger raak – maar toe gebeur die teenoorgestelde.
-
Só hou Nianell, haar man en die drieling vakansie
SARIE - Junie 2010
Sy verklap hul gunsteling-plekke plaaslik en buite Suid-Afrika.
-
Só lyk Karen Zoid se nuwe CD-voorblad - kom kuier agter die skerms
SARIE September 2010
SA rocker Karen Zoid is besig om haar nuwe album, Terms & Conditions, op te neem. Die album sal teen einde Oktober op die rakke wees.
-
Wenkbroue wat wink
SARIE Augustus 2010
Vorm jou wenkbroue stap-vir-stap só.




















Kommentaar