Nico Panagio ontmoet Paris Hilton en wys sy foto's van Cannes
Nico, ’n aanbieder van die glansprogram Top Billing op SABC3, het onlangs ’n eksklusiewe onderhoud met dié beroemde sosiale vlinder gevoer by die 62ste jaarlikse rolprentfees in Cannes
Paris se dokumentêre prent Paris, not France, is by die fees bekend gestel.
"Sy is nét so mooi soos op foto’s. Die Paris wat ek ontmoet het, was ordentlik en sweet, ’n effense introvert met ’n sagte stem. Heeltemal anders as die beeld wat ’n mens van haar kry uit sekere tydskrifte waar sy in klubs afgeneem is ná ’n drankie of twee.
Sy was goed versorg en het elke keer dat ons haar op partytjies gesien het iets uit haar eie haarband-reeks gedra. En nee, haar hondjie was nie saam nie! Ek het haar (nou eks-) kêrel, Doug Reinhardt, ontmoet. Hy’s ook baie vriendelik.
Ons ontmoet baie glanspersoonlikhede, maar my lewe is nie so glam soos dit lyk nie. Ons moes aan die buitewyke van Cannes parkeer en ver stap. Ek moes in my pak klere met ’n driepootkamera en ’n rugsak met ekstra batterye rondloop.
Natuurlik is ’n mens effens senuweeagtig voor jy enigiemand op die rooi tapyt ontmoet, want jy moet dit die eerste keer reg doen. Maar hoe meer jy dit doen, hoe meer verloor jy daardie adrenalien-rush.
Paris het gesê sy hou van SA en is gemoeid met die Louis Botha- en Jakaranda-kinderhuise in Pretoria. Sy’t ook al stil-stil in SA kom kuier.
Waar ander celebs die paparazzi probeer ontduik, gebruik sy hulle tot haar voordeel – sy’s ’n slim sakevrou. Ons het haar ’n paar keer op ander partytjies in Cannes raakgeloop en sy het ons elke keer vriendelik kom groet.
Ek het ook die sangeres Kylie Minogue ontmoet en sý het my asem letterlik weggeslaan: petite maar sterk. As jy dink dat sy kanker oorwin het . . . Sy’t soveel selfvertroue en is mooier as ooit.
Albei celebs was eintlik ernstig. Wat ’n mens oor hulle lees, is dikwels hype.”
Nico wys sy Cannes-foto's
Verwante artikels
-
Brümilda van Rensburg: My foto's
SARIE - Augustus 2008 | Kommentaar: 4
Die meeste sepiesterre is beter bekend onder die naam van hul karakters. Nie Brümilda van Rensburg nie.
-
Christi en Nico Panagio se Griekse vakansie - FOTO's
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Celeb-paartjie Nico en Christi Panagio was onlangs vir 'n wegbreekvakansie in Griekeland, en hulle wys hul foto's op sarie.com
-
Christi Panagio verklap 'n paar geheime en wys haar foto's
SARIE - Desember 2005 | Kommentaar: 6
In ons 'Stem vir jou gunsteling 7de Laan-voorblad' het baie van julle Christi Panagio uitgesonder. Ons het in die argiewe gaan soek en 'n paar interessanthede oor haar gaan versamel. Gedog julle sal belangstel...
-
Danie Odendaal (die man agter 7de Laan) wys sy gunsteling-foto's
SARIE - Mei 2010
Hy laat die kollig op ander skyn. Self bly hy liefs agter die kamera en staan skaars onderhoude toe. Spesiaal vir SARIE-lesers het Danie Odendaal ’n uitsondering gemaak en ons tot in die hart van sy 7de Laan geneem.
-
Paris Hilton nóú 'n brunet?
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Sosiale vlinder, Paris Hilton, het pas 'n foto van haarself as 'n donkerkop op haar Twitterblad gedeel.
-
SA aktrise oorrompel Cannes - en sy's net 13!
SARIE - Mei 2010
Khomotso Manyana (13) van Groblersdal het gister 'n uitgesoekte gehoor by die Cannes-filmfees op hul voete gehad vir 'n staande ovasie vir haar rol in Life, Above All, berig www.timeslive.co.za.
-
VIDEO: Paris Hilton en Leonardo land in SA vir Wêreldbeker
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Hollywood bekendes Paris Hilton en Leonoardo DiCaprio was in Suid-Afrika vir die Sokker Wêreldbeker in 2010. Dié video wys hoe hulle by Lanseria-lughawe aanland.






























Kommentaar