Nina, Nico en Robert - Só onthou ons die Laan
Foto’s: Aubrey Jonsson Galery
George, Wilmien en Zac vertel...
Nico Panagio (George van 7de Laan)
'N GOEIE GRONDSLAG
"Ek het nog nooit iets gedoen wat so moeilik is soos 7de Laan nie: Die pas is vinnig en daar's nie kans om 'n toneel oor en oor te skiet nie. Die dissipline wat ek daar geleer het, help my vandag. Ek kan binne 20 minute 'n teks leer. Mense onthou steeds vir George en dit beteken dis 'n karakter wat goed geskryf is. Dit was 'n eer om sy rol te vertolk.
'n Hoogtepunt was beslis om teenoor Anna-Mart van der Merwe (Christelle) te speel. Ek het 'n crush op haar gehad toe ek jonger was, lank voor ek akteur geword het. Ek was ook mal daaroor om teenoor my vrou, Christi (Karien), te speel.
Dit was vanselfsprekend dat sy my meisie sou speel, omdat die energie tussen ons so goed was!"
Nina Swart (Wilmien)
ONTWIKKELING
"Ek is dankbaar Danie Odendaal het my toegelaat om te ontwikkel in die rigting waarin ek wou. Toe ek vir hom sê ek wil graag 'n regisseur word, kon ek by die ander regisseurs leer. Vandag doen ek heeltyds regie. Wilmien was 'n lekker karakter om te speel. Ek dink mense mis haar omdat sy so kleurryk was.
"Sy was sterk en vol bravade, maar daar het ook 'n dogtertjie in haar geskuil. My gunsteling-herinnering is ons vroegoggend-koffieklub. Ek en van die ander akteurs het geld in 'n kitty gesit en grênd koffie gekoop."
Robert Bester (Zac)
GESKIEDENIS
"Om deel te wees van die geboorte van 'n TV-program laat jou voel asof jy deel is van geskiedenis. Ek was byna vyf jaar by 7de Laan en dit was lekker, maar alles moet tot 'n einde kom - dit laat jou waardeer wat jy gehad het. Ek het dit geniet om die gesigte saam met wie ek gewerk het tydens dié fotosessie te sien.
Dit lyk asof dit net ek is wat ouer word! Wat 'n wonderlike voorreg om by 7de Laan te kon werk, veral omdat dit my die geleentheid gegee het om saam met van Suid-Afrika se beste akteurs te werk."
Verwante artikels
-
7de Laan se Kabelo - "Die vroeg opstaan is erg!"
SARIE - Mei 2010
Kabelo Padi, wat vertolk word deur die akteur Sekoati Tsubane, is die karakter Charmaine (Vinette Ebrahim) se steunpilaar in Oppiekoffie in die SABC2-sepie 7 de Laan.
-
7de Laan word 10! Felicity gesels oor die lief en leed op stel
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 3
7de Laan beteken vir my ... ondersteuning.
-
7de Laan word 10! Kom kuier agter die skerms saam met sarie.com
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
In die Mei- 2010 uitgawe van SARIE wys ons eksklusiewe foto's van die Laners - soos nog nooit! Hier op sarie.com vat ons jou agter die skerms na ons Kaapstad- en Johannesburg-fotosessies met jul gunsteling 7de Laan-akteurs
-
Annelisa Weiland (Hilda in 7de Laan) oor 'n lewe in die Laan
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
-
Christi en Nico Panagio se Griekse vakansie - FOTO's
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Celeb-paartjie Nico en Christi Panagio was onlangs vir 'n wegbreekvakansie in Griekeland, en hulle wys hul foto's op sarie.com
-
Danie Odendaal: Man agter '7de Laan'
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
Hy laat die kollig op ander skyn. Self bly hy liefs agter die kamera en staan skaars onderhoude toe. Spesiaal vir SARIE-lesers het Danie Odendaal ’n uitsondering gemaak en ons tot in die hart van sy 7de Laan geneem.
-
Mandla van '7de Laan' gesels: "Ek het beter leer Afrikaans praat"
SARIE - Mei 2010
Die spitsvondige en ywerige joernalis Mandla (Freedom Hadebe), die een wat al wat scoop is, uitsnuffel is mal oor sy rol in die SABC2-sepie 7de Laan.
-
Oubaas van 7de Laan deel sy gunsteling-sêgoed
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 30
Die sê-goed van 7de Laan se Oubaas (Pierre van Pletzen) is legendaries. Kyk wat het hy al kwytgeraak.
















Kommentaar