Riaan Venter: ‘Ons manne moet leer dáns’
Foto’s: Phyllis Green Galery
Nutsman Riaan Venter se hande staan vir niks verkeerd nie. En sy voetwerk is foutloos – hy het immers Strictly Come Dancing gewen!
Wat het ’n lid van die SA-toutrekspan,’ n Bolandstoeier en ’n houtwerk-onderwyser gemeen met ’n suksesvolle sakeman, ’n nasionale dansheld en bekende TV-persoonlikheid? Alles. Want dis een en dieselfde mens. Riaan Venter. Die onnutsige nutsman. Hy het onlangs die gewilde Strictly Come Dancing op SABC2 gewen. Hy en sy mede-danser, Hayley Hammond, is week ná week deur kykers as die gewildste paartjie aangewys. “Hulle noem my nie verniet twinkle toes nie!” sê Riaan.
Dis ’n skrale man met ’n mooi vel wat my nader. Ek herken hom nie dadelik nie - sedert ek hom sowat vier jaar gelede ontmoet het, het hy meer as 15 kg verloor. En sedertdien het hy Clarins-gesigroom begin gebruik. En à la die ideale metroman pedikuur hy sy voete en manikuur hy sy hande. Ook die linkerhand se middelvinger minus een lit - in ’n draaibank verloor toe hy jare gelede, in 1997, nog ’n houtwerk-onnie was . . .
Izelle Venter, tans redakteur van Insig, ken hom van toentertye af. “O, daai was desperate tye! Ons het dringend gesoek na ’n TV-nutsman vir Oulap se Rooi, ’n kykNET-program wat saam met Visi aangepak is, waar ek toe gewerk het. Paul Venter en Jeanine Rademan stel toe voor ons praat met Riaan. Hulle het hom ontmoet tydens ’n KKNK, die houtwerk-meneer op die dorp wat bietjie maller kon gaan met die tydskrif De Kat se projekte op die fees.
Hy het die persoonlikheid waarmee Afrikaanse mense kan identifiseer - en hy is erg sjarmant. Daar is nogal ’n stoutigheid aan hom wat vir hom as aanbieder werk. En hy werk hárd. Wat ek altyd van hom op daardie TV-program waardeer het, was dat dit vir hom nie net ’n show was nie. Die werk moes góéd wees, mense moet daarmee kan leef. En hy is verskriklik plesierig op stel. ’n Positiewe energie,” sê Izelle. “En ek is glad nie verbaas oor sy dansery nie - Riaan kan enigiets doen, want sy ingesteldheid is reg. Hy het hope energie. En hy het baie, baie selfvertroue!”
GUNSTELINGE
KOS: My gunsteling vis is brekfis. Nee, alle vis. Vars lynvis veral, kabeljou. Let wel, ek jag nié!
DRANK: Jack Daniels, Jaeger Bombs, Appletiser en H2O.
MUSIEK: Die Kaalkop Waarheid en Vlam! Twee uitstekende Afrikaanse groepe.
GESEGDE: Jaag jou droom na.
SKRYWER: Ek hou van Afrikaanse boeke. Mal oor Koos Kombuis.
AKTEUR: Jean Reno en Sharon Stone. Ikonies, albei van hulle.
FLIEK: Deesdae kyk ek baie dansflieks! Moulin Rouge, ens. Maar heel bo-aan die lysie sal altyd bly: Deliverance, Big Blue en The Deer Hunter
PLEK: In my musiekkamer op my bank terwyl ek live musiek-DVD’s kyk.
Hoe het dit gebeur dat jy so maer geword het?
Sjoe, suster. Dans, dans, dans . . . Op die tone, af die tone. Hakke op, hakke af. Daai tannie is kwaai! Ek het ook begin gym toe gaan net om die longe mooi in posisie te kry. En dis wonderlik: Sodra ’n mens die een deel van jou liggaamsbalans ontdek, wil al die ander dele van jou lyf sommer so saam in posisie val. Ek koop letterlik nou elke ander week vir my ’n nuwe broek. Kyk, dié ene is nou ook al te groot om die middellyf. Maar dans is fantasties - vir jou gees én vir jou liggaam. Dans is happy oefeninge!
Watter mense wat jy ken, het dringend ’n paar dansklasse nodig?
Al die mans in ons land! Dié wat wel “dans”, sokkie in die straights en stormdeur die draaie. Dans gee jou fierheid en postuur en dis ongelooflik lekker. Dit maak jou fiks en dit maak jou glimlag. Man, ek dink álmal in die land moet ’n bietjie leer dans! Jy sal sien, almal sal soveel meer liefde in hulself kweek. Dans neem jou frustrasie weg. En jou woede.
Hoekom ís ons Suid-Afrikaners so kwaad?
Ja, nè? Almal kerm en kla die heeltyd. Ek dink ons - en dis ons álmal, swart, wit, bruin, de lot - moet nou net aangaan met ons lewens. Dis nou al meer as ’n dekade ná apartheid. Ons moet almal leer om die pluspunte raak te sien en saamaan die land bou.
Om vir ander mense iets te beteken. Dit vóél goed om goed te wees vir ander mense. As ek vir iemand ’n skouer kan gee om op te huil. Ek dink vriendskap is die nodigste ding om jou lewe te verryk. Maar ek weet ook ek is nie ’n tipiese man nie, beslis nie ’n braaivleis-braai soort nie. My halfuur soggens in die stort is my heilige tyd - dan was en skeer ek my hele kop en dink my dag uit.
Ja, ek was lank ’n onderwyser. Houtwerk en wiskunde, nogal. Op Oudtshoorn. Maar die gogga het altyd iewers geknaag. Ek wou ander, breër dinge ook probeer. In 1998 begin ek en ’n vennoot toe die Rock Art musiekvenue by die KKNK. Man, dit was pret. De Kat het ons geborg en ons het die een muur totaal van de kunswerke beverf - ek sien hulle doen dit steeds elke jaar. Delta Blue was nog die heel eerste band wat ons opgesit het - lank voordat hulle “groot” naam gemaak het in SA. Ons het Rock Art vir twee jaar bestuur en toe het iemand anders dit oorgevat. Ek weet dis vandag nog een van die jonges se gunsteling-kuierplekke by die fees, en ek is baie trots op my aandeel daaraan.
En toe?
So, ís jy ongelooflik met jou hande?
Ja. Natuurlik (knipoog).En ek lei af jy is lief vir plaaslike musiek?
Baie! Baie . . . Daar is egter ook ’n groot klomp twak daar buite. Ek dink ’n mens moet bietjie soek as jy jou soort musiek wil vind. Ek is mal oor die musiek van Koos Kombuis, Piet Botha, Gert Vlok Nel, Delta Blue, Southern Gypsey Queens, en die nuwe ouens, wat liries en musikaal wonderlike werk verrig. Bacchus Nel. Jan Blohm. Bed on Bricks. Mensig, ons het talent!
En ná Oulap se Rooi?
Vertel van jou familie?
Wat is jou mooiste kindertyd-herinnering?
En daar is nog ’n hele paar ander TV-programme waarby jy betrokke is?
Mooi goed. Mooi vroue. Vinnige karre. Om met my hande te werk. Adrenalien. Die gewone . . . Maar die ding wat my die meeste inspireer, is my eie drome. As jy vir jouself ’n doelwit in jou lewe stel, kán jy dit bereik. As jy weer sien, is jy daar. As jy nie meer in jou eie drome glo nie, kan jy net so wel ophou leef. Ek leef my eie drome.
(Hy giggel.) Ek het ’n BMW L50-motorfiets waarmee ek Sondagoggende op Franschhoek gaan rondry as ek kan. Dis ongelooflike ontlading. Of sodra ek kans kry, gaan haal ek kreef uit met my boot. As daar tyd is, waterski ek saam met my kinders.
Wat wil jy nog eendag doen?
Ja, baie. Soos my motorfiets en my boot en eendag, eendag daai Porsche. O, ek wil definitief nog eendag ’n Porsche ry!
- Grimering Deirdre
- Plek Wizards Gallery, Westcliff, Johannesburg, 011 646 9381















Kry jou SARIE oral, enige tyd