Oubaas van 7de Laan deel sy gunsteling-sêgoed
Die sê-goed van 7de Laan se Oubaas (Pierre van Pletzen) is legendaries. Kyk wat het hy al kwytgeraak.
* Die sooibrand steek my vandag weer dwars in die krop.
* Ek is amptelik afgevaardig om die kookkompetisie te veroordeel.
* My Hildatjie is 'n vrou van inborste en soos 'n rasegte pedigree Frieskoei is sy haar gewig in goud werd.
* Ek is nou so ontsteld, 'n slang kan my vang.
* Ek praat nou onder korrupsie, maar...
* Daar hang 'n naarheid van epidermiese proporsies oor my.
* Die mannetjie het die pad lelik verbyster geraak.
* Nee, my disselboom klop...
* Die mense het so baie van my gevleuelde woorde gehou, hulle’t my 'n staande ovulasie gegee.
* Die polisie het 'n kondoom om die deli getrek en die skarminkels in 'n lokval verlei.
* Ons samel geld in vir die minder behoeftiges.
* "Almal weet Netta Nortjé, die Matrone van die tehuis vir beswaardes, is 'n bobaas koek."
* "Kyk, ek wil nou nie 'n gegewe perd deur die bek klap nie..."
* "Op hierdie deurlugtige okkasie voel ek my genope om 'n paar gevleuelde woorde te spreek."
* "Ek gaan weer my lippe afkou. My tande water sommer."
Verwante artikels
-
'7de Laan' se Maria oor haar uitdagings in die Laan
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
Maria (Themsie Times), Oubaas en Hilda se huishulp, het al in die kykers van die SABC2-sepie 7de Laan se hart gekruip.
-
'7de Laan' se Matrone oor 10 jaar in die Laan
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 7
Almal ken die formidabele Matrone wat deesdae in 7de Laan (in die SABC2-sepie) se boekwinkel werk. Maar wat het 7de Laan die afgelope tien jaar vir die aktrise Annelize van der Ryst beteken?
-
7de Laan se Aggie - "Dis 'n vol dag om in 'n sepie te speel"
SARIE - Mei 2010
Mimi Mahlasela, beter bekend as die raakvatter Aggie, wat als en almal kan beheer by die Hillside Times, is 'n baie gewilde 7de Laan karakter.
-
7de Laan se Lukas se benoudste oomblik op stel
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
-
7de Laan se Zinzi oor haar lewe in die Laan
SARIE - April 2010
Die Oppiekoffie-kelnerin Zinzi Kheswa, vertolk deur die aktrise Caroline Jacobs in die SABC2-sepie 7de Laan, is `n tipiese jongmeisie wat hou van optof in mooi klere, vrolike partytjies, konserthou en sy neem graag deel aan kompetisies.
-
Annelisa Weiland (Hilda in 7de Laan) oor 'n lewe in die Laan
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
-
Annie Basson (7de Laan) se lewe, vrese en hoop
SARIE - Mei 2010
Sy is een van die groot geeste in ons TV-bedryf (sy's medevervaardiger van die gewilde SABC2-sepie 7de Laan), deel wat haar laat tiek - én droom
-
Danie Odendaal: Man agter '7de Laan'
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
Hy laat die kollig op ander skyn. Self bly hy liefs agter die kamera en staan skaars onderhoude toe. Spesiaal vir SARIE-lesers het Danie Odendaal ’n uitsondering gemaak en ons tot in die hart van sy 7de Laan geneem.
-
Mandla van '7de Laan' gesels: "Ek het beter leer Afrikaans praat"
SARIE - Mei 2010
Die spitsvondige en ywerige joernalis Mandla (Freedom Hadebe), die een wat al wat scoop is, uitsnuffel is mal oor sy rol in die SABC2-sepie 7de Laan.
-
Marius Weyers gesels oor Tim Jordaan en die Laan
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 6
-
Nina, Nico en Robert - Só onthou ons die Laan
SARIE - Mei 2010
George, Wilmien en Zac vertel...
















Kommentaar
RITA het gesê:
EK GEE NOU REGTIG NIE OM WAT DIE TANNIES MET DIE NAT BLOEMERS TE SE HET OOR OOM OUBAAS SE VOLKSVREEMDE SE-GOED NIE, EK LIEF HOM MET DAAI BEK EN AL WANT HY LAAT MY LAG EN "LAGAFLEIDING" KRY ONS MAAR MIN OP TV VANDAG!
13de Mar. 2012, 11:07GETRUNECHIA SMITH het gesê:
DUS WONDERLIK OM 7DE LAAN TE SIEN OP TV DIT IS REGTIG ONTSPANNEND .NIE NET VI JOU AS OUER NIE MA WEL VI DI JULLE HUISGESIN. BAIE DANKIE AAN 7DE LAAN
8ste Sep. 2011, 22:02hettie van staden het gesê:
Oubaas is tops. En ook al die ander. Ons mis hulle as ons hulle vir 'n week nie sien nie. Wat het van Gita geword?
7de Sep. 2011, 05:14Jenni het gesê:
Oom oubaas jy is regtig pragtig en jou sê goed is so pragtig ek en my man (wat engels is) wil ons dood lag en probeer altyd na die tyd dit op bring in 'n geselskap en dit is pret..Wie jou sê goed uitding is regtig snaaks
17de Mar. 2011, 12:18kate het gesê:
Nee kyk ek is mal oor oubaas hy is baie goed in die rol wat hy doen. As oubaas nie daar is nie hoe sal die rol wees ek sal se oom oubaas hou aan wat oom doen. :)
28ste Jan. 2011, 17:45Kleintjie het gesê:
Net n Vraag aan mense soos Louise wat die boodskap gelos het ""Louise het gesê: Ek is nou baie bly dat ek my intekening op Sarie gekanselleer het. My kommentaar is uitgevee. Ek wonder hoekom?! Dit het heel onskuldig gese dat ek nie van Oubaas se gevleunde woorde hou nie. Dit is tog jammer. Ek sal nooit weer 'n Sarie koop nie. 12de Apr. 2010, 16:34"" AS jy nie van Sarie hou nie, en jy het jou Sarie gekanselleer, wat maak jy dan op Sarie se Web werf? En nogal 2 keer op 1 dag... lol !!! En ek gaan ook aanraai jy leer n bietjie van Computers, want
25ste Aug. 2010, 13:35Clarika het gesê:
Ag nee regtig, Louise! Isidingo of Soul City is dan maar jou voortand! Los ons 7de Laan net hoe dit is! Dis AFRIKAANS en vroeg genoeg sodat ons almal daarna kan kyk. Die kinders geniet dit verskriklik en ek leer sommer dadelik die regte weergawe van wat oom Oubaas uiter vir hulle. Kinders verstaan nie altyd sulke beeldspraak nie en nou kan hulle ook daarop let om mooi te luister as iemand hulle name noem en hoe om dit korrek uit te spreek. Mens moet nie altyd praat soos jy luister nie! Oom Oubaas Bo! Vat liewer vir Dawid weg. Hy verwar die jonger geslag bietjie en stuur vir Zander na Louise toe.
5de Aug. 2010, 11:43Leigh Ockhuizen het gesê:
Oubaas, te kostelik..sonder sy sè goed in 7de laan nee wat "dit sal nie deeg nie"
3de Mei. 2010, 13:33Tertia Jacobs het gesê:
Tertia Oom Oubaas is bobaas ! Hy laat die volk lag en ons het dit baie nodig . Hy hou Afrikaans jonk .
29ste Apr. 2010, 17:35marianne het gesê:
Inderdaad boetie dus lekker om na 'n lang dag af te skakel en jou net te geniet met al die 7 de laan karakters. Hou so aan
29ste Apr. 2010, 13:05Alta Groenewald het gesê:
Kyk, almal is geregtig op kommentaar, maar as mens sulke kommentaar soos Louise hier bo het, maak dit my sommer kwaad.... 7de Laan is bloot 'n storie, en ons geniet die storie, as jy dan nie daarvan hou nie, moet dit nie kyk nie, dan sal niemand jou irriteer nie. Dis eenvoudig so maklik soos dit. 7de laan bly bo......dis vermaak met epidermiese proporsies.....
29ste Apr. 2010, 11:05Alta Groenewald het gesê:
Oom Oubaas, jy is die beste
29ste Apr. 2010, 11:01Rebekka het gesê:
Ek moet vir mr. Meintjies komplimenteer met die uitdrukking op sy gesig toe hy vir Errol aangekyk het oor die party by die huis. Kyk, dit was woorde in n duisend.met so n kyk sal n kind maar twee keer dink om tee te praat. Jy is n vader in pa skoene!
28ste Apr. 2010, 19:56Sarie het gesê:
Ons het n bietjie humor in ons lewe nodig. Daar is deesdae nie veel om oor te lag as jy na die nuus kyk en koerant lees nie. Mense wat nie van 7de Laan hou nie moenie kyk nie. Ek dink persoonlik dis n halfuur se vermaak wat n mens weg voer van al die geweld. Sarie
24ste Apr. 2010, 09:56Chris het gesê:
party mense kla gedurig as jy nie van program hou nie kyk iets anders [waar jy ook gaan fout vind] so maklik soos dit
22ste Apr. 2010, 15:17Marie Otto het gesê:
Ek geniet 7de laan vreeslik. Dit is so 'n aangename verandering van die klomp suur knolle wat mens elke dag teekom. Oom Oubaas jy is te dierbaar vir woorde, die skrywers moet net dat jy meer sulke segoed uithaal.
22ste Apr. 2010, 11:22Bell het gesê:
Ek stem, sou oom Oubaas se sê goed moet verander dan moet sy karakter verander.And that defeats the purpose of oom Oubaas.As hy jou irreteer- kyk iets ander op tv.
20ste Apr. 2010, 09:41Karin het gesê:
Ons geniet hom ook, veral nou met die bouery by Charmaine-hulle. Mpho word Paw-Paw en Goodman word Bad Boy! Baie skerp!
20ste Apr. 2010, 07:44Christa het gesê:
Ek hou baie van Oom Oubaas se gevleuelde woorde. En wanneer hy vir Vince Mince sê. Groete Christa
16de Apr. 2010, 15:05Riana het gesê:
Overgesetsynde en desnieteenstaande sal Oubaas se karakter heeltemal verander as hy sy gegewe gevleuelde woorde in die bek moet klap. Hoe sal ons dan nou ooit weet waar Dawid sy koekebana begrawe het? Ek ken mense wat nooit 'n episode van 7de Laan mis nie, bloot net om vir almal te vertel hoe 'n simpel sepie dit is en hoe die karakters hulle irriteer :-)
16de Apr. 2010, 13:32Tina het gesê:
Dus nou vir jou lekker want jy kan jou eie comedy show met Oom Oubaas se sêgoed hou. Oud maar nog nie koud. Hou so aan Oom Oubaas.
15de Apr. 2010, 20:25Trudie van Greuning het gesê:
KOSTELIK! Ons gesin geniet hom! Maak hy sy eie 'blapse' of word dit deur 'n skerp skrywer geskryf? Die name is skreeu snaaks! Die mense wat dit nie geniet nie, moet maar die TV afskakel, maar ek is seker hulle sal nie want dan kan hulle nie kla nie! Ek wens ons het so 'n kleurryke karakter in die familie gehad! Ek sou hom gekoester het en veel vroliker deur die lewe gegaan het.
14de Apr. 2010, 13:36Anna-Marie het gesê:
Ag nee wat, dis oordoen. Een snaakse woord of frase op n slag sal sin maak, maar nie so aaneen nie. Daar IS n paar frases wat regtig snaaks is, maar dit raak deesdae n bietjie irriterend.
14de Apr. 2010, 08:32Maryke van SARIE het gesê:
Hi Louise. Alle kommentaar op sarie.com word gepubliseeer tensy dit mense se basiese grondwetlike regte aantas. Maar ons probeer om kommentaar so gereeld as moontlik te publiseer (minimum van twee keer 'n dag) omdat ons a.g.v die werklading alle take moet prioritiseer. Ek hoop dat jy verstaan en dat jy sal voortgaan om jou sienings op sarie.com met ander te deel. Want ons moedig almal juis aan om saam te praat!
13de Apr. 2010, 09:28Louise het gesê:
Ek is nou baie bly dat ek my intekening op Sarie gekanselleer het. My kommentaar is uitgevee. Ek wonder hoekom?! Dit het heel onskuldig gese dat ek nie van Oubaas se gevleunde woorde hou nie. Dit is tog jammer. Ek sal nooit weer 'n Sarie koop nie.
12de Apr. 2010, 16:34tanja het gesê:
hoe so aan oom oubaas. as jy nie meer se goed het nie, is daar nie meer n 7de laan nie.
12de Apr. 2010, 14:48Louise het gesê:
Agge nee wat, aan die begin was dit regtig snaaks en kon mens lekker lag. Nou raak dit darem te dik vir 'n daalder. Alles moet mos altyd oordoen word. Ek vind dit lankal nie meer snaaks nie en sit die klank dadelik af as Oubaas iets te se het.
12de Apr. 2010, 14:40Corne Combrinck het gesê:
Ag hy is te KOSTELIK... Bietjie verstrooid, maar 'n ou Steunpilaar vir al die laners...
12de Apr. 2010, 14:37Hes het gesê:
Ek is mal oor sy sê-goed - ons gebruik dit nou al selfs in ons eie huis. Ek hou veral van die name wat hy so verkeerd kry soos byvoorbeeld: Kabeljou vir Kabelo en Altoos vir Altus.
12de Apr. 2010, 10:48heila het gesê:
Hy laat mens lag met sy snaakse en somtyds verkeerde/agterstevoor woorde... en ek dink op die stadium het ons 'lag' baie nodig!
12de Apr. 2010, 09:09