Patricia Lewis terug met Supersterre

Deur Marguerite van Wyk, SARIE - Februarie 2010

Die sangeres Patricia Lewis is op Vrydagaand, 19 Maart (om 19:30) te sien in 'n splinternuwe program van Supersterre op SABC2 waar sy geleentheid bied aan Suid-Afrika se hoopvolle, talentvolle sangers om supersterre te word. Sy het met Marguerite van Wyk gesels oor die nuwe beoordelaar, haar gesondheid en hoekom sy dink Supersterre wérk!

Hoe voel jy oor dié splinternuwe reeks?
Báie opgewonde. Ek is reg vir die ding. Ek was nou 'n hele rukkie af gewees en is moeg vir die see en strand toe gaan. Dis nou weer tyd om te werk.

Watter nuwe planne het jy met dié program?
Dit bly basies dieselfde. Daar is een nuwe beoordelaar, wie se naam ek nog nie kan bekendmaak nie. En daar is vyf nuwe stemafrigters. Nicky van den Berg is nie meer 'n beoordelaar nie, want hy is nou in die politiek. Die nuwe beoordelaar gaan ons baie lekker laat lag!

Hoekom wérk Supersterre?
Werklikheidstelevisie is baie gewild. Mense wil deelnaam aan talentwedstryde. Hulle wíl sterre wees watop TV verskyn. Daar is wonderlike afrigters wat almal groot supersterre is en die kykers wil hulle in aksie sien. En die boordelaars - die sanger Theuns Jordaan en aktrise Sharleen Surtie-Richards - gaan ons lekker laat lag. Die nuwe beoordelaar is ook nie skaam om sy ding te sê nie.

 

Die tumors is steeds daar, maar ek voel goed. - Patricia

 

Wat is die belangrikste dinge waarna die beoordelaars kyk?
Natuurlik sangtalent, hoe deelnemers optree en hul verhoogpersoonlikheid. Hulle probeer vasstel of deelnemers die media sal kan hanteer en in die vermaaklikheidsbedryf sal inpas. Of hulle behoorlik met die pers sal kan gesels - hulle behoort 'n beter job daarvan te doen as wat ék nou doen. Ek is in die verkeer op pad na Bloemfontein, besig om die verkeer teprobeer dodge. Vanaand is die eerste van die laaste oudisies van Supersterre in Bloem.

Patricia se foto-album

Lees wat jy nie van Patricia geweet het nie, en kyk Patricia se gunsteling-foto's

Hoe voel jou gesondheid deesdae ná ses tumors sowat ses maande gelede op jou stembande gediagnoseer is?
Die tumors is steeds daar, maar ek voel goed. Die afgelope ses maande het ek verskillende behandelings ontvang. Van osoon-behandeling, waar jy gekonsentreerde suurstof inasem (amper soos Michael Jackson se suurstoftenk destyds -- daar was method in his madness, nou span medici dit in!) tot vitamienes en homeopatiese behandelings. Ek sal ses weke ná die opnames van Supersterre weer vir 'n stembandskandering gaan, maar kan nie nou nog daardie stres ook hanteer nie. Ek oefen ook weer deesdae en het 3 kg verloor van die 9 kg wat ek opgetel het. Ek is steeds maar plomp.

Watter ander planne het jy vir 2010 -- 'n nuwe CD?
Supersterre
neem baie van my tyd in beslag. Daar is nie tyd om my eie loopbaan te bevorder nie. Maar ek is heeltemal tevrede. Ek het eintlik 'n plafon bereik. Dis nou tyd om terug te gee aan die bedryf. Ek en my man vervaardig die hele Supersterre-produksie en werk saam met 85 mense. Ek sal vanjaar nog sing in shows. Ses maande gelede het ek duette gedoen saam met die Amerikaanse akteur David Hassehoff en 'n jaar gelede het ek 'n CD vrygestel. Oor 'n jaar stel ek dalk nog een vry. Ons bou 'n huis in Balitobaai in KwaZulu-Natal en doen ook eiendomsontwikkeling daar, so ons is lekker besig.

Verwante artikels

Kommentaar

  • Hi goeie dag kan julle asb virmy se of daar oudisies gaan wees in 2012 vir supperstere baie dankie Mario Lucas mariolucascapetown@hotmail.com 0767939586

    4de Mei. 2012, 06:50
  • Goeie dag Ek wil net graag weet wanneer die reeks vir Supersterre 2012 of 2013 se oudisie is in johannesburg en waar en wat ons moet doen om in te skryf. Baie dankie

    16de Apr. 2012, 11:23
  • Hi Patrica Ek wil net graag weet wanneer die reeks vir Supersterre 2012 se oudisie is en waar en wat ons moet doen om in te skryf. My kleinseun JP is 17 Jaar oud en wil graag deelneem aan supersterre. Hy tree elke Saterdag op by East Rand Mail kan jy as die inligting stuur na maryna@debttec.co.za of 0865417993 sy ma Jenny Morgan 0743864389 sy pa Eugene Morgan 0724359099 Ouma Maryna Pretorius 0824228451

    27ste Mar. 2012, 09:58
  • Halo Daar!:) Ek bly in Richardsbaai en my PASSIE is definitief om te SING en OP TE TREE voor 'n gehoor van duidende mense!Ek sing al my hele lewe lank,en het begin ernstig sing van graad 6 af met sang lesse ens!Ek is GLAD NIE SKAAM NIE,ek praat vreeslik lekker met mense en ek weet ek sal die supersterre kan doen!kan jul GROOT ASB vir my sê of daar Supersterre oudisies in 2012 gaan wees

    24ste Feb. 2012, 16:45
  • Sjoe ja daar is so min lekker programme op TV en die wat wel geniet word verdwyn net. Stel ook belang oor inligting vir 2012 se Supersterre oudisies as daar gaan wees sal dit so "cool" wees. Dankie Patricia vir die kans wat jy almal gee om hulle drome te probeer waar maak. Jy is "great" en almal mis jou en Supersterre en almal in jou span.

    13de Feb. 2012, 12:45
  • Soek asb ingligting vir 2012 se Supersterre oudisies groot asb! Stel NB belang ali pad hier van George!

    8ste Feb. 2012, 16:08
  • Hai Daar... Wou net weet of daar in 2012 'n supersterre reeks gaan wees? indien daar is kan julle asb so gou as moontlik vir ons di audiesie datums stuur? Baie asb..?

    30ste Jan. 2012, 14:59
  • wanneer is die jhb odiesies sal so graag will deel neem ek mis dit altyd . enige iemand met inligtiing email my op yolandi1990@hotmail.com of bel my op 0795673084

    23ste Jan. 2012, 13:04
  • Hi daar mense - Gaan daar 'n 2012 Supersterre wees... Asb as julle ons kan laat weet sal dit great wees? Dankie baie!

    23ste Jan. 2012, 08:06
  • Hi My dogter wil graag deelneem aan Supersterre. Hoe gaan ons te werk?

    18de Jan. 2012, 06:43
  • Wil graag deelneem aan Super Sterre

    17de Jan. 2012, 14:58
  • My naam is venessa roux van hermanus in die wes - kaap en ek wil graag uitvind oor die kompetisie en wil weet of ek nog kan deelneem.

    13de Jan. 2012, 16:23
  • My naam is Wendy Pieterse van Grabouw in die wes-kaap. Ek wil net graag weet of ek nog kan deelneem an die kompetiesie

    9de Jan. 2012, 11:47
  • Hello Wanneer begin nuwe reeks en audisie? Waar en wanneer kan ek inskryf? Vat julle net 'n sekere hoeveelheid inskrywings?

    5de Jan. 2012, 21:04
  • hi wil graag weet of daar n supersterre 2012 gaan wees. ek sal graag wil inskryf.

    12de Des. 2011, 22:49
  • Hey ek wil graag net uitvind of daar 2012 weer nog n Supersterre seisoen gaan wees? Indien ja, kan julle my asb net al die inligting stuur bv. waar, wanneer en hoe gaan ek te werk met die liedjie keuses? Moet ons weer van die Supersterre cd liedjies kies of wat? Ek sal dit baie waardeer as jul terug kan kom na my toe. Stasha

    4de Des. 2011, 17:50
  • Hi. Sorry I'm not sure if i gave the right email address. jasmine.robberts97@gmail.com

    17de Sep. 2011, 12:09
  • Good afternoon. I would just like to find out when is the next supperstere and what daes one have to do and go to enter. I have put a home video on you tube if you would like to have a look. It is: Hero by Jasmine Robberts added 16/09/2011. Thanks

    17de Sep. 2011, 12:00
  • Hi Ek het n vriend wat graag wil deelneem aan Supersterre. Ek wil net uitvind hoe ons te werk moet gaan en wanneer en waar, as iemand ons asb kan laat weet. Baie dankie, Joey

    29ste Aug. 2011, 22:54
  • Hi ek wil net ytvind wanneer die supersterre 2011oudisie gaan plaasvind.

    22ste Aug. 2011, 22:51
  • Wanner gaan die volgende supersterre wees sal graag wil deel neem.

    29ste Jul. 2011, 13:15
  • Laat weet asb. of supersterre 2011 nog voort gaan. Ek was onder eerste vyf wenners en hoor niks nie.

    25ste Jul. 2011, 11:41
  • Het op Jsffreys deel geneem en het nog niks gehoor van supersterre 2011. Was onder die eerste vyf wenners. Laat weet asb. of dit nog voort gaan.

    25ste Jul. 2011, 11:33
  • Het op Jsffreys deel geneem en het nog niks gehoor van supersterre 2011. Was onder die eerste vyf wenners. Laat weet asb. of dit nog voort gaan.

    25ste Jul. 2011, 11:33
  • Ek wil graag hoor of 2011 supersterre voort gaan, ek het in jeffery's baai tydens die liggies fees te mentorskraal deel geneem, en volgens petricia is ons deur na die top 150, ek wil graag weet wanneer of die kompitiesie voortgaan Denis

    21ste Jul. 2011, 13:16
  • Hi, my naam is Jean Pierre en my email is jp.lamininprojects@gmail.com. Kan julle my asb. laat weet wanneer die volgende oudisies is vir super sterre en waar dit gehou word naby my.. Ek bly in Somerset Wes in die Helderberg Wes Kaap. Thanks! ( ' Jean Pierre

    6de Jun. 2011, 22:01
  • Soos almal anders wil ek ook weet wanneer 2011 se ster auditions gaan plaasvind.... Ek wil graag my talent wat God vir my gegee het laat sparkle. Ek glo ek kan sing en ek weet God sou nie die talent vir my gee om dit te mors nie. SO LET ME SPARKLE LOL. Laat weet ons groot asb wanneer daar iets gaan gebeur ek wil nie my kans laat verby glip nie, ook nie enige iemand anders se kans nie.

    5de Mei. 2011, 12:35
  • Hi ek is 14 jaar oud en het 'n fantastiese stem ek wag al 'n jaar lank om te hoor of daar oudisies gaan wees vir 2011 , dit is nie reg om ons te laat wag nie . LAAT WEET ONS MENSE JOH !!!!!!!!!

    26ste Apr. 2011, 09:57
  • Wil net graag weet wanneer die nuwe Supersterre oudisies weer begin. My dogters wil graag deelneem. Gaan daar enige oudisies in Vanderbijlpark plaasvind.

    8ste Apr. 2011, 08:26
  • asgevolg van jou het my dogter begin sing op 2jarige ouderdom onthou jy "'N doodgewone man"? ek was seker van die eerstes wat jou eerste cd gekoop het en was net mal oor jou stem ek self het 'n baie kritieke oor vir musiek. jy was altyd deel van die musiek in ons gesin. my dogter het gelewe vir jou musiek dit was toe nog op "tape" sy het regtig 'n God gegewe talent en kyk op na jou en Juanita Du Plessis, en Nadine (die een met die plat maagie), sy het voucal training gewen by 'n kareoke by Paula in Klerksdorp)waarop sy gese het sy sien 'n Klein Nadine. ek wee die Here het my kind 'n talent gegee, iemand moet haar net 'n kans gee, want musiek is haar lewe. Haar ander idial is Jenifer Zamudoi en sy liefling sing net soos sy (amper) asb laat weet my wanneer die oudisies is ek sal daar wees baie dankie vir nog eens 'n goeie program vir Afrikaners ons sal altyd jou musiek luister groete cathy

    31ste Mar. 2011, 21:52
  • Ek wil baie graag weet wanneer 2011 Supersterre se oudisies gaan plaasvind, my dogter is 19 jaar oud en ek wil baie graag he sy moet deelneem. Sy het n paar jaar terug in Rustenburg se Idols deel geneem en het geeindig in die top 5. n Maand terug het sy ook n kompetisie in n lokale pub Castle Corner (Rustenburg)gewen waar Quintin Prinsloo ook gereeld sing asook Marnet. Sy is een van jou aanhangers en wil jou baie graag ontmoet. Sal dit hoog op prys stel as jy my kan laat weet en ek weet daar is baie navrae vir kinders wat wil sing maar ek weet sy kan. Ek het self in die Vrystaatse jeugkoor gesing en het in Europa gaan toer daarmee, so ek het darem bietjie musiek agtergrond. My man is natuurlik ook dol oor jou.

    8ste Mar. 2011, 19:01
  • Supersterre is great, en jy ook Patricia het die wereldse respek vir jou. Wil graag weet van Supersterre 2011 wil albei my kinders inskryf.

    22ste Feb. 2011, 10:05
  • Ek wil ook graag inligting he van wanneer 2011 Supersterre plaasvind en hoe ek kan inskryf. Groete Will.

    4de Feb. 2011, 16:20
  • kan julle my asb asb laat weet wanneer is Supersterre 2011. Ek wil baie graag deelneem. Waar kan ek inligting kry?

    3de Feb. 2011, 11:49
  • Ek dink hierdie jaar se supersterre was die beste ooit! Sommer tydens die eerste episode het ek besef dat al die deelnemers besond talentvol is. Ek het egter van die begin af so 'n warm, sagte plekkie vir Burger gehad. Seker maar my moederinstink wat ingeskop het. Ek is soooooooooo bly dat hy gewen het, want hy is regtig die deelnemer wat volgens my die meeste groei getoon het. Stem saam: 'n volledige DVD van die laaste opname sal wonderlik wees. Patricia, hoe lyk dit, is so iets moontlik?

    22ste Jun. 2010, 14:36
  • Ek stem saam oor Gerhard, hy dink van die ander is beter as sy eie sangers en is verbaas as hulle vir die week wen (Reinier) Manual ek dink jy het wondere verig met jou tweetjies. Hulle kan bly wees jy het hulle afgerig. Ek hoop regtig Burger gaan wen, kan nie wag vir sy CD. Stel ongelukkig nie belang om een van die ander se CD's te kry nie. Ek het die vorige 2 kere die wenner reg voorspel, hoop ek is weer reg. Patricia ons geniet jou program gate uit. Hou so aan. Hoop ons sal 'n volledige DVD van die laaste opname kan koop.

    2de Jun. 2010, 13:43
  • Stem saam met Jo. Gerhard is nie n trainer se dinges werd nie. Dit is as gevolg van hom dat Marcia uit die show is want sy is n baie goeie deelnemer, beter as Stephanie wat ek voel se sterretjie geval moes word.

    6de Mei. 2010, 12:41
  • Ons as gesin geniet Supersterre gate uit! Baie dankie daarvoor. Brandon is nie heeltemal op standaard wat aanbieding aanbetref nie, maar ek kan hom nog hanteer. Ek wil net graag weet wat is die doel van die afrigters? Ek glo Manual, Heinz, Bianca, Liane (jammer ek ken haar nie regtig nie) voldoen aan hulle taak, want orals in die beeldmateriaal sien jy hoe doenig is hulle met die deelnemers. Maar o wee, "overrated" is wel die woord vir Gerhard "nooit-beskikbaar" Steyn. Sy lyf is die enigste wat die sukses van "baby chocholate' weerspieel! Hy sê self hy's te besig met toere om aandag aan die twee kleintjies Marcia & Renier te skenk. Ek sou graag wou sien wat hierdie twee kinders kon vermag as Manual aan hulle toegeken was! Dis 'n skande dat Gerhard selfs op die verhoog toegelaat word! Hy beteken niks. Een leë-kop liedjie en hy dink hy is gewild en bekend! Belaglik! Laat hy liewers êrens in 'n gym gaan oefen om darem iets te wees om na te kyk, en dan self gaan vir sangopleiding, want sy stem is ook maar ylerig! Hoe het die vervaardigers van Supersterre toegelaat dat iemand wat te veel konsentreer op sy eie "loopbaan" om aangestel te word as afrigter van twee jong mense wat so baie leiding nodig het. Dalk moet van hierdie vrae op die program self hanteer word...? Is julle bereid om julself daaraan te wy?

    2de Mei. 2010, 09:17
  • Jy's aansitterig, jou beoordelaars vervelig, coaches irriterend en deelnemers overrated........ G'n wonder M-Net stel nie belang nie........

    8ste Feb. 2010, 13:09

Web Development by FormFunction