Paul Rothmann (van Pasella) en sy vrou se gunstelinge

Deur Martie Swanepoel, SARIE - Maart 2011

Paul Rothmann (van Pasella) en sy vrou se gunstelinge Foto’s: Phyllis Green Galery

Hy's Pasella se man, tog is hy 100% sy eie mens. Paul Rothmann leef wyd, en sy avonture sluit sy hoërskoolliefde Monique Joubert in.

Kyk waarvan hou hulle alles:

ONS GUNSTELINGE:

  • Geur: Jasmyn
  • Gesegde: "It's not having what you want, it's wanting what you've got." - Amerikaanse sangeres Sheryl Crow
  • Plek: Enige plek waar ons saam kan wees en avontuur kan beleef.
  • Musiek: Die New Age-kanaal se musiek.
  • Filosofie: Ons werk hard om ons drome te bereik.

 
PAUL SE GUNSTELINGE:

  • Geur: Vanielje
  • Gesegde: Streef daarna om 'n meester van jou drange, en 'n slaaf van jou gewete, te wees. (Alhoewel ek deesdae eerder sê: "Streef daarna om 'n meester van jou drange te wees, maar laat jou rede jou lei." 'n Gewete is te maklik om te manipuleer.)
  • Plek: Enige plek wat my sin vir avontuur prikkel. (En eet is ook 'n avontuur! Dus, plekke met lekker kos, soos die Ooste, is altyd bo-aan die lys.)
  • Musiek: Gothic Rock, soos Type O Negative en Rammstein, maar beslis ook The Boss, Bruce Springsteen. (Ek soek musiek met substansie en gevoel.)
  • Filosofie: My filosofie is op drie pilare gegrond:

1.    Kennis van die Self (Strategiese egosentrisme)
2.    Die Mag van Keuses
3.    Bewustheid van die Teenwoordigheid van die Dood.

Hierdie 3 beginsels lei my in my strewe om voluit te leef, volgens my eie oortuigings en standaarde, en as meester van my eie lewe.

Verwante artikels

Kommentaar

  • Diep - baie diep.....

    18de Jan. 2011, 20:55
  • 'n Oosterse siening van die lewe is altyd verfrissend. Die Ooste is immers die plek waar alle groot gelowe ontstaan het - ook die Christendom. Dis lekker om te sien dat al hoe meer jongmense dit begin besef en nie langer teen die waarheid probeer skop nie.

    18de Jan. 2011, 07:24
  • Wat 'n pragtige paartjie.!!

    17de Jan. 2011, 15:33

Web Development by FormFunction