Pieter-Dirk Uys se 10 lewensreëls
Foto’s: Marc Stanes Galery
Volgens dié 10 reëls kán 'n mens maar leef!
- Begin elke dag deur te lag as jy kaal voor jou vollengte spieël staan.
- Wees altyd stiptelik vir afsprake en vergaderings.
- Luister eers en praat dán.
- Jy hoef nie altyd die foon te beantwoord as dit lui nie. Die getroue antwoordmasjien kan ook soms 'n boodskap neem.
- E-pos kan ook soms wag tot môre. En moet nooit send druk as jy te veel rooiwyn gedrink het nie!
- Beplan vooruit in potlood; maar leef vandag in ink!
- Jy is wat jy eet.
- Hou kontak met familie en vriende voor dit te laat is.
- Moet nooit toelaat dat slegte nuus jou moed breek nie. Daar is altyd goeie nuus om dit uit te balanseer. Probeer dít soek.
- Maak ou koppies, pierings en borde bymekaar om teen die garage-muur te gooi as jy kwaad is. Dís beter as om jou humeur te verloor teenoor dié mense wat jou gek maak. En onthou: hê jou vyand lief. Dit sal sy reputasie ruïneer!
Elke naweek op Darling...
Klik by www.evita.co.za/
Bel 022 492 3930/bookings@evita.co.za
Verwante artikels
-
Foto's: Die vele karakters van Pieter-Dirk Uys
Hy verklap 'n bietjie oor sy verskillende karakters en veral wie sy gunsteling is!
-
Pieter-Dirk Uys - "Evita is my terapie"
SARIE Junie 2011
Vir die eerste keer deel die sanger Coenie de Villiers die verhoog met die veelsydige Pieter-Dirk Uys.
En dit kannet verrassings oplewer! Coenie het spesiaal vir SARIE met hom gesels. -
SA kosskrywers wen groot
SARIE - Desember 2010
Pieter-Dirk Uys se alter ego, Evita Bezuidenhout, se eerste kookboek het onlangs die lig gesien, nes Marita van der Vyver s'n. En albei is wenners!
-
Shaleen Surtie-Richards se lewenslesse en gunstelinge
Shaleen Surtie-Richards het vir Marguerite van Wyk vertel wat haar tien belangrikste lewenslesse is...
-
Tannie Evita en Charlize in Hollywood
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 3
Charlize Theron, Benoni se Oscar-wenner, lang verlore susterskind van Tannie Evita Bezuidenhout (Pieter-Dirk Uys) is verlede week in Hollywood herenig.
















Kommentaar
Jannie kruger het gesê:
dit is n great idee as ons almal dit toepas sal ons dag sommer beter begin veral no1en no10 Thanks
1ste Des. 2009, 01:25C Theart het gesê:
Ek was nog altyd mal oor Pieter. Jy laat 'n mens altyd beter voel. Jou lewensreels is fantaties en ek gaan dit ook definitie toepal. Ek stem saam met Lizelle van Dyk.
24ste Okt. 2009, 22:49Nell Stegmann het gesê:
Net jare lange ervarings en ondervinding het sulke spitsvondige lewenswysheid en insig tot gevolg.Die jonger geslag moet nie van suutstof diewe praat nie en die ANC moet die ervare manne wat hulle ontslaan het terugbring.Maak Evita President.
24ste Okt. 2009, 18:13Lizelle van Dyk het gesê:
Jou 10 lewensreels is great Pieter. Ek gaan dit definitief toepas. Hulle moet dit onder 10 gebooie sit in die Bybel miskien verstaan die mense dit dan beter.
2de Sep. 2009, 18:44